Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 1
  • Help kinders om Jehovah uit die hart te dien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help kinders om Jehovah uit die hart te dien
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Ouers—Leer julle kinders om die predikingswerk te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Jongmense—Verbly Jehovah se hart
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 1

Help kinders om Jehovah uit die hart te dien

1 Salomo het gesê dat ‘seuns ’n erfdeel van die HERE is’ (Ps. 127:3-5). Hulle is inderdaad ’n erfdeel van onskatbare waarde. Ouers het ’n godgegewe verantwoordelikheid om hulle kinders te onderrig, op te lei en te tugtig. Dit sluit in dat hulle die kinders in die bediening oplei en hulle leer om uit die hart oor Jehovah en die Koninkryk te praat.—Ef. 6:4.

2 Op watter ouderdom moet ouers hierdie opleiding begin? Die Bybel se antwoord is duidelik: Dit moet van kleins af wees (2 Tim. 3:14, 15). Hoe vroeër die opleiding begin, hoe groter is die kanse dat die kinders ’n vaste grondslag in die waarheid sal opbou en die bediening hulle loopbaan sal maak. Hierdie vroeë opleiding sal hulle ook teen wêreldse denke en gesindhede beskerm.

3 Baie kleuters toon ’n besondere aanleg om ingewikkelde vaardighede te bemeester. Hierdie potensiaal om op ’n vroeë ouderdom te leer, moet aangewend word om hulle in vaardighede op te lei wat Jehovah se goedkeuring wegdra (wAF88 8/1 bl. 15; wAF89 12/1 bl. 31). Talle jong kinders het al soveel vooruitgang gemaak dat hulle ongedoopte verkondigers geword het. Sommige kinders wy hulle aan God toe en laat hulle doop nog voor hulle tieners is. Dit baan vir hulle die weg om hulppioniers en selfs gewone pioniers te word voordat hulle hulle skoolloopbaan voltooi. Om hierdie doelwitte te bereik, moet hulle geleer word om met mense oor ’n verskeidenheid Bybelonderwerpe te kan gesels.

4 Party volwassenes wat geneig is om die jongmense van vandag oor die algemeen as astrant en oneerbiedig te beskou, stel dalk nie veel daarin belang om met ’n jong persoon te gesels wat by hulle deur aanklop nie. Wat kan ’n jong verkondiger by die deur sê om so ’n hindernis te oorkom en die volwasse huisbewoner sover te kry om na hom te luister? Een jong verkondiger het iets soos dié gebruik: “Goeie môre, my naam is ․․․․․․․․. Ek besoek vandag my bure omdat baie oor die toekoms besorg is. As ’n volwassene het u beslis baie meer lewenservaring as ek. Maar hier is ’n teks wat vir ons almal vertroosting bied.” Nadat die verkondiger Openbaring 21:3, 4 gelees het, kon ’n bespreking uit die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld gehou word.

5 Nog ’n wenk is: “Hallo, my naam is ․․․․․․․․. Ek doen kort besoekies in die buurt omdat ek weet dat baie volwassenes besorg is oor die rigting wat jongmense vandag inslaan. Sommige jongmense openbaar ’n oneerbiedige, selfs ’n opstandige gesindheid. Maar ek wil graag vir u ’n teks wys wat toon hoe almal eendag sal leer om in vrede saam te woon.” Lees dan Psalm 37:11 en lewer gepaste kommentaar. Wanneer volwasse huisbewoners hoor hoe ons jong verkondigers hulle so opreg uitspreek, sal baie van hulle sekerlik beïndruk wees.

6 Duisende jong verkondigers lewer steeds ’n aansienlike bydrae tot die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk. Hulle moet hartlik geprys word. Jongmense wat van kleins af deur godvrugtige ouers onderrig word, luister geredelik wanneer hulle opreg aangespoor word om ’n groter aandeel aan alle aspekte van die bediening na te strewe. Dié wat op skool is, het die unieke geleentheid om vir hulle skoolmaats en onderwysers te getuig. Baie het al aangename ondervindinge in hierdie spesiale gebied gehad.

7 Help dus die jong verkondigers in julle gemeente om van die geleentheid gebruik te maak om Jehovah met jeugdige krag te dien en hom uit die hart te loof.—Pred. 12:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel