Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Oktober

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Oktober
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 5 Oktober
  • Week wat begin met 12 Oktober
  • Week wat begin met 19 Oktober
  • Week wat begin met 26 Oktober
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 2

Diensvergaderinge vir Oktober

Week wat begin met 5 Oktober

Lied 92

10 min: Plaaslike aankondigings, gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en glanspunte uit die Teokratiese nuus. Hersien treffende artikels uit die jongste tydskrifte; hou een of twee kort demonstrasies om te toon hoe die tydskrifte aangebied kan word nadat daar eers ’n skriftuurlike bespreking gehou is.

15 min: “Maak goeie gebruik van tydskrifte.” Vrae en antwoorde. Moedig broers aan om intekeninge aan te bied by almal wat hulle gedurende Oktober gaan teëkom. Wanneer paragraaf 6 bespreek word, kan wenke gegee word oor hoe ’n tydskrifroete begin kan word: Gebruik ’n eenvoudige, direkte benadering; hou ’n noukeurige huis-tot-huis-verslag; wek belangstelling in toekomstige nommers deur melding te maak van die artikels wat nog gaan verskyn; stel vrae wat deur artikels beantwoord sal word; maak seker dat jy elke twee weke teruggaan.—kmAF 7/84 bl. 8.

20 min: Hoe om die Gemeentelike Boekstudie uit die Grootste mens-boek te hou. Gemeentelike Boekstudiehouer gebruik ’n groep van vier of vyf verkondigers om aan die gemeente te demonstreer hoe die studie gehou moet word. Hierdie demonstrasie moet goed geoefen wees en volgens die instruksies in Ons Koninkryksbediening vir September gehou word. Gebruik hoofstuk 11 in die Grootste mens-boek. Demonstreer hoe lang teksverwysings opgedeel kan word sodat meer as een persoon kan lees of sodat sleutelgedeeltes beklemtoon kan word wanneer daar te min tyd is om die hele gedeelte te lees. Die studiehouer kan nou en dan vir die gehoor sê watter metode hy gebruik. Elkeen in die gehoor moet in sy eie boek volg.

Lied 63 en slotgebed.

Week wat begin met 12 Oktober

Lied 77

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees die maandelikse rekeningverslag; prys die broers op grond van 2 Korinthiërs 9:6, 7. Nooi voorbereide verkondigers om interessante ondervindinge te vertel wat hulle reeds gehad het met die aanbieding van tydskrifte en intekeninge gedurende Oktober.

15 min: “Gebruik ’n motiverende inleiding.” Hou ’n toespraak en bespreek hoe om aanbiedings voor te berei waarin die hoofartikels in Oktober se tydskrifte gebruik word. Laat twee of drie bekwame verkondigers die voorgestelde aanbiedings demonstreer; sluit een aanbieding deur ’n jong verkondiger in.

20 min: “Wees besorg oor belangstellendes.” Bespreking met gehoor. Wanneer paragraaf 2 bespreek word, moet gekose punte in Die Wagtoring van 15 September 1981, bladsye 4-6, bespreek word wat toon hoe ons Jesus kan navolg om besorgdheid oor ander te toon. Sluit kommentare in oor hoe ’n huis-tot-huis-verslag ingevul moet word en hoe dit gebruik moet word om na belangstellendes toe terug te gaan. Demonstreer kortliks een van die wenke. Nadat ’n bekwame verkondiger die voorgestelde metode gedemonstreer het, moet die gehoor genooi word om kommentaar te lewer oor waarom dit ’n doeltreffende manier is om studies in die plaaslike gebied te begin.

Lied 88 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Oktober

Lied 164

5 min: Plaaslike aankondigings. Verduidelik kortliks hoe om die intekeningstrokies in te vul en meld wie die broer(s) is wat aangewys is om intekeninge te behartig.

20 min: “Help kinders om Jehovah uit die hart te dien.” Bespreking met die gehoor. Beklemtoon hoe belangrik dit vir ouers is om hulle verantwoordelikheid na te kom om die voorbeeld te stel en self hulle kinders in die bediening op te lei. Laat een of twee ouers vertel wat hulle gedoen het wat goeie resultate gelewer het. Laat ’n ouer demonstreer hoe hy of sy ’n kind gehelp het om ’n Bybelbespreking vir die huis-tot-huis-bediening voor te berei. Laat ’n jong persoon ten slotte ’n demonstrasie van een van die voorgestelde besprekings hou.

20 min: “‘Ligdraers’-Streekbyeenkoms vir 1992”—Deel 1. Bespreking van paragrawe 1-12 met gehoor. Verkondigers kan gerus gepaste punte met hulle Bybelstudente bespreek wat die byeenkoms gaan bywoon. Herinner die gemeente aan watter byeenkoms hulle moet bywoon en plaas die brief (van 2 Mei 1992) op die kennisgewingbord.

Lied 221 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Oktober

Lied 46

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek aanbod vir November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? (Engels: die New World Translation en Die Bybel—God se woord of die mens s’n?). Moedig verkondigers aan om ’n voorraad van die aanbod te kry en voorbereid te wees om die aanbod op Sondag, 1 November, te gebruik. Moedig almal aan om dit te oorweeg om gedurende November of Desember aan die hulppionierdiens deel te neem wanneer daar weens die vakansietyd meer tyd beskikbaar is.

15 min: “‘Ligdraers’-Streekbyeenkoms vir 1992”—Deel 2. Bespreek paragrawe 13-18 met gehoor en hersien kortliks “Herinnerings in verband met die Streekbyeenkoms” na gelang van die tyd. Sluit gepaste herinnerings in wat gebaseer is op inligting in Die Wagtoring van 15 Junie 1989, bladsye 10-20. Moedig gesinne aan om die punte in hierdie artikels te hersien voordat hulle die byeenkoms bywoon.

10 min: Vraebus. Bespreek met gehoor. Beklemtoon waarom dit belangrik is dat kinders ’n goeie reputasie het wat hulle gedrag betref en ’n opregte begeerte het om in die veldbediening uit te gaan sodat hulle ongedoopte verkondigers kan word.

10 min: “Vergroot jou deelname aan die tydskrifverspreiding.” Bespreking deur diensopsiener wat die gemeente hartlik aanspoor om al die tydskrifreëlings, veral op Saterdae, te ondersteun. Hersien die gemeente se tydskrifverspreiding oor die afgelope paar maande. Help almal om tydskrifbewus te word en ’n persoonlike doelwit te stel.

Lied 111 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel