Diensvergaderinge vir Oktober
Week wat begin met 4 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Stel maniere voor waarop die jongste tydskrifte in die plaaslike gebied gebruik kan word. Beklemtoon hoe belangrik dit is om by elke geleentheid die intekening op die Ontwaak! en Die Wagtoring aan te bied. Gaan terug na elke huisbewoner wat tydskrifte geneem het met die doel om ’n tydskrifroete te begin. Oktober is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Moedig almal aan om die laaste reëlings vir die ontoegekende gebied ten volle te ondersteun. Vertel een of twee interessante ondervindinge uit die ontoegekende gebied, soos die tyd toelaat.
15 min: “Wees onpartydig in die bediening.” Vrae en antwoorde. Beklemtoon aspekte van hierdie saak wat veral in die plaaslike gebied van belang is.
20 min: Doen meer gedurende Oktober in jou huis-tot-huis-bediening. Die diensopsiener of ’n ander bekwame broer bespreek met die gehoor hoe belangrik die huis-tot-huis-bediening is. Demonstreer: (1) Verkondiger begin ’n gesprek wat by ’n artikel in die jongste Ontwaak! of Wagtoring sal aansluit. Verkondiger bied ’n intekening aan op óf die Ontwaak! óf Die Wagtoring. (2) Dieselfde agtergrond, maar die intekening word van die hand gewys. Verkondiger bied die tydskrifte aan en lê die grondslag vir ’n tydskrifroete. (3) Verkondiger gebruik ’n traktaat om ’n informele gesprek te begin en bied dan die jongste tydskrifte vir die belangstellende aan. (4) Verkondiger wat iemand op sy tydskrifroete besoek, besluit om ’n intekening aan te bied. Hierdie verskillende metodes behoort alle verkondigers aan te moedig om gedurende Oktober meer in die huis-tot-huis-bediening te doen. Party in die gemeente sal ongetwyfeld hierdie maand as hulppioniers dien. Dit is dalk nog nie te laat vir wie dit moontlik is om aansoek te doen nie.
Lied 42 en slotgebed.
Week wat begin met 11 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Lees erkennings van bydraes, en prys die gemeente omdat hulle die wêreldwye werk so milddadig ondersteun en ook na die materiële behoeftes van die plaaslike gemeente omsien. Hersien vlugtig die velddiensreëling vir die week, en spreek waardering uit vir die verkondigers se ywerige ondersteuning daarvan.
15 min: “Bied intekeninge van huis tot huis aan.” Bespreking met gehoor. Ons het goeie rede om intekeninge geesdriftig aan te bied vir mense wat ons in die velddiens ontmoet en diegene vir wie ons informeel getuig. Daar is ’n datum op die tydskrifte en ons moet die jongste nommers aanbied, maar ons moenie huiwer om ouer tydskrifte aan te bied wanneer die geleentheid hom voordoen nie. Maak net seker dat die tydskrifte wat jy aanbied skoon en onbeskadig is. Laat ’n bekwame verkondiger die aanbieding in paragraaf 3 demonstreer.
20 min: “Goddelike onderrigting oefen ’n kragtige invloed uit.” Vraag-en-antwoord-bespreking van artikel. Lees die paragrawe en teksverwysings, soos die tyd toelaat.
Lied 44 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: “Skenk aandag aan belangstelling wat gevind word.” ’n Toespraak met ’n paar vrae aan die gehoor. Demonstreer hoe verkondigers belangstelling in die plaaslike gebied ontwikkel het of laat ’n verkondiger ’n onlangse ondervinding vertel wat toon hoe nuttig dit is om terug te gaan na diegene wat op die Ontwaak! en Die Wagtoring ingeteken het of eksemplare daarvan geneem het.
20 min: “Vind ten volle by die ‘Goddelike Onderrigting’-Streekbyeenkoms vir 1993 baat”—Deel 1. Bespreking met gehoordeelname van paragrawe 1-16. Verkondigers moet gepaste punte met hulle Bybelstudente wat die streekbyeenkoms sal bywoon, bespreek.
Lied 60 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Sluit velddiensreëlings vir die week in, en vestig die aandag op punte in die jongste tydskrifte wat verkondigers kan gebruik wanneer hulle intekeninge aanbied. Demonstreer kortliks een of twee aanbiedinge wat gepas sal wees vir die plaaslike gebied, as die tyd dit toelaat. Herinner die broers daaraan hoe belangrik dit is om terug te gaan na almal wat belangstelling getoon het.
15 min: “Vind ten volle by die ‘Goddelike Onderrigting’-Streekbyeenkoms vir 1993 baat”—Deel 2. Bespreek paragrawe 17-19 met die gehoor en hersien “Herinnerings in verband met die Streekbyeenkoms” noukeurig. Sluit gepaste herinneringe in wat op die inligting in Die Wagtoring van 15 Junie 1989, bladsye 10-20, gebaseer is of moedig gesinne aan om punte in hierdie artikels te hersien voordat hulle die streekbyeenkoms bywoon.
20 min: “Hoe om ’n tuisbybelstudie te hou.” Vraag-en-antwoord-bespreking van artikel. Hou ’n goedgeoefende demonstrasie van ’n verkondiger wat ’n student help om te verstaan hoe die teksverwysings die informasie ondersteun in die paragraaf wat bespreek word. In dieselfde demonstrasie gebruik die verkondiger aanvullende vrae om die student te help om die waarheid sy eie te maak. Kies ’n gedeelte uit die Verenig in aanbidding- of Paradys op aarde-boek.
Lied 78 en slotgebed.