Diensvergaderinge vir Februarie
Week wat begin met 5 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Verkondig daagliks die waarheid in navolging van Jesus.” Vrae en antwoorde. Lees paragraaf 5.
20 min: “Openbaring—’n sleutel tot ware geluk.” Bespreek die voorgestelde aanbiedings en reël een of twee demonstrasies.
Lied 14 en slotgebed.
Week wat begin met 12 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
13 min: “Berei voor vir tydskrifbedrywighede in April.” Beklemtoon hoe nuttig Die Wagtoring en Ontwaak! is om die goeie nuus bekend te maak. Lees die artikel se twee paragrawe en verduidelik wat plaaslike gemeente gaan doen om April ’n spesiale maand vir tydskrifverspreiding te maak.
22 min: “Hoe kan ek ’n horende oor vind?” Vrae en antwoorde. Laat twee verkondigers bespreek hoe hulle groter hartlikheid by die deure gaan probeer toon deur van die wenke te volg in die Skoolhandleiding, bladsye 165-7, paragrawe 10-21.
Lied 133 en slotgebed.
Week wat begin met 19 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: “Vind baat by die Teokratiese Bedieningskool vir 1996—Deel 2.” Toespraak deur skoolopsiener. Beklemtoon hoe belangrik dit is om God se Woord daagliks te lees.
20 min: “Help hulle om te verstaan.” Hersien voorgestelde wenke oor hoe om herbesoeke te doen. Ouer man bespreek met twee of drie verkondigers kenmerke van die Openbaring-boek en hoe dit beklemtoon kan word. Demonstreer een of twee aanbiedings. Gee wenke oor hoe om belangstelling verder te ontwikkel tot die punt waar ’n Bybelstudie in die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei begin kan word.
Lied 53 en slotgebed.
Week wat begin met 26 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Februarie stiptelik te rapporteer. Sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir vorige maande ook ingegee word. Hierdie laat rapporte moet by die gemeente se rapport vir Februarie ingesluit word.
15 min: Berei aanbiedings voor wat byval vind. Diensopsiener of ander ouer man bespreek met twee of drie verkondigers die voordele van deur-tot-deur-aanbiedings wat oor iets handel wat plaaslik byval sal vind. Byvoorbeeld, plaaslike nuusberigte oor huidige pogings om lewenstandaard te verbeter; toenemende huweliksprobleme, jeugmisdadigers of ’n tekort aan werk; of nuusberigte wat toon waarom mense al hoe skeptieser word oor die oplossings wat politici en geestelikes aanbied. Meld ’n paar huidige nuuswaardighede in julle gemeenskap en bespreek hoe hulle gebruik kan word om gesprekke te begin.
20 min: Bied die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei gedurende Maart aan. Wys op ’n paar van die boek se interessante kenmerke wat gebruik kan word om gesprekke mee te begin. (1) Vestig die aandag op treffende illustrasies, soos dié op bladsye 4-5, 86, 124-5, 188-9. (2) Toon hoe elke hoofstuk met ’n lys hersieningsvrae eindig, en verduidelik hoe dit as ’n grondslag vir aanbiedings gebruik kan word. Huisbewoner kan gevra word of hy graag die antwoorde wil weet. Kies ’n paar vrae uit dié op bladsye 11, 22, 61, 149. (3) Verwys na venster op bladsy 102 en gee wenke oor hoe “Enkele kenmerke van die laaste dae” gebruik kan word om belangstelling aan te wakker. (4) Beklemtoon hoe die boek spesiaal saamgestel is om progressiewe studies te hou. Hoofstukke is kort, die materiaal is maklik om te verstaan, kragtige tekste word aangegee en ondersoekende vrae vestig die aandag op sleutelgedagtes. Spoor almal aan om die boek aan te bied met die doel om studies te begin.
Lied 151 en slotgebed.