Diensvergaderinge vir Maart
Week wat begin met 4 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Loof Jehovah ‘die hele dag deur’.” Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 2-5 na gelang van tyd. Gee positiewe aansporing vir die hulp- en gewone pionierdiens.
20 min: “Kennis van die ware God lei tot die lewe.” Hersien voorgestelde aanbiedings. Demonstreer een of twee aanbiedings.
Lied 78 en slotgebed.
Week wat begin met 11 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
20 min: “Vind baat by die Teokratiese Bedieningskool vir 1996—Deel 3.” Toespraak deur skoolopsiener. Moedig almal wat kan aan om by die skool aan te sluit en hulle toewysings getrou na te kom. Verduidelik die reëls vir die uitspraak van Bybelname in die Engelse New World Translation, soos dit in die “Hele Skrif”-boek, bladsye 325-6, paragrawe 27-8, gevind word.
15 min: Doen dinge saam as ’n gesin. Vader praat informeel met sy gesin oor die behoefte aan samehorigheid, gebaseer op Die Wagtoring van 1 September 1993, bladsye 16-19. Skenk aandag aan die gesinstudie en die evangelisasiewerk. Wys daarop dat hedendaagse gesinne verbrokkel omdat hulle min tyd saam deurbring en feitlik niks in gemeen het nie. Dit is ’n seën vir die Christengesin om God se Woord saam te bestudeer en saam aan die bediening deel te neem. Beklemtoon die belangrikheid daarvan dat die vader hierdie dinge goed moet organiseer en dat die moeder moet saamwerk. Kinders moet ’n belangstelling in geestelike bedrywighede toon en ten nouste met hulle ouers saamwerk. Die gesin sal verenig wees en sal versterk word om die toenemende druk om wêreldsgesind te wees die hoof te bied.
Lied 211 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Diegene wat studies hou, moet nuwelinge wat goeie vordering met hulle Bybelstudie maak, aanmoedig om daarna te streef om ongedoopte verkondigers te word. Ouers kan ook hulle kinders help om verkondigers te word. Hersien aanbevole prosedure wat in Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 97-100, uiteengesit word.
15 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man. Bespreek redes wat ons beweeg om vrygewig te wees, soos uiteengesit in Die Wagtoring van 15 Januarie 1992, bladsye 16-17.
20 min: “Help ander om die kennis op te doen wat tot die lewe lei.” Hersien aanbiedings wat vir herbesoeke voorgestel word. Sluit een of twee demonstrasies in. Beklemtoon doelwit om studies te begin.
Lied 130 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Maart
15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien “Gedenkmaalherinneringe”. Verduidelik waarom bywoning belangrik is. (Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 1985, bladsye 18-20.) Hersien reëlings om bejaardes, siekes en nuwelinge te help om teenwoordig te wees. Bespreek reëlings vir uitgebreide velddiensbedrywighede gedurende hierdie komende week. Hersien ook die artikel “Waar gasvryheid aan vreemdelinge betoon word”, op bladsy 32 van die Ontwaak! van 22 September 1995.
15 min: Hersien glanspunte van die 1996 Yearbook of Jehovah’s Witnesses. Gesinsgroep bespreek van die interessante aspekte van ons wêreldwye werk wat op bladsye 3-5 en 33 gedek word. Hulle besluit om te probeer om elke dag ’n paar bladsye van die Yearbook saam te lees nadat hulle die aangewese Bybelteks in Ondersoek die Skrif elke dag bespreek het.
15 min: “Voorbereiding—’n sleutel tot sukses.” Vrae en antwoorde. Meld dat ons ’n intekening op Die Wagtoring gedurende April en Mei gaan aanbied. Tref nou voorbereidsels deur ekstra tydskrifte te bestel, intekeningstrokies te kry en te beplan om gemeentelike reëlings vir velddiens op Tydskrifdag te ondersteun.
Lied 7 en slotgebed.