Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir April

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir April
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 April
  • Week wat begin met 8 April
  • Week wat begin met 15 April
  • Week wat begin met 22 April
  • Week wat begin met 29 April
Ons Koninkryksbediening—1996
km 4/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir April

Week wat begin met 1 April

Lied 132

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Meld enige uitsonderlike berigte oor julle Gedenkmaalviering. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Maart sonder versuim in te gee. Sekretaris en boekstudiehouers moet ook toesien dat alle laat velddiensrapporte vir vorige maande ingegee word.

20 min: “Wees gedurende April ‘ywerig vir voortreflike werke’!” Vraag-en-antwoord-dekking van paragrawe 1-10 deur die diensopsiener. Verduidelik (1) wat plaaslik beplan word om velddiensbedrywighede gedurende April uit te brei, (2) hoe almal gehelp kan word om daaraan deel te neem en (3) hoe nuwelinge en kinders betrek kan word. Kom ons stel ons dit ten doel om ’n nuwe hoogtepunt in verkondigers vir April te bereik. Moedig almal aan om elke week gedurende April ’n deelname aan die bediening te hê.

15 min: “Soek diegene wat die regte gesindheid het.” Hersien voorgestelde aanbiedings en hou dan twee demonstrasies wat toon hoe hulle gebruik kan word. Meld, na gelang van die tyd, van die wenke in Ons Koninkryksbediening vir September 1995, bladsy 7, oor hoe om tydskrifte aan te bied.

Lied 20 en slotgebed.

Week wat begin met 8 April

Lied 72

15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag; meld Genootskap se erkenning van bydraes. Bespreek praktiese maniere waarop ons nuwelinge wat die Gedenkmaal bygewoon het, kan help om verder geestelike vooruitgang te maak. Hersien Die Wagtoring van 1 April 1991, bladsye 9-12.

15 min: “Verrig dag en nag heilige diens.” Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 5 en 6.

15 min: “Wees gedurende April ‘ywerig vir voortreflike werke’!” Vraag-en-antwoord-dekking van paragrawe 11-15. Moedig almal aan om hulle persoonlike omstandighede in oënskou te neem en na maniere te soek waarop hulle hulle ondersteuning van die veldbediening kan vergroot.

Lied 113 en slotgebed.

Week wat begin met 15 April

Lied 133

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner die gehoor aan die spesiale openbare toespraak op 21 April, met die titel “Bly onberispelik te midde van ’n krom geslag”. Moedig die broers aan om ’n ekstra poging aan te wend om almal te help sodat hulle dit kan bywoon.

15 min: “Tye het verander.” Vrae en antwoorde. Beklemtoon dat ons die Koninkryksboodskap só moet verkondig dat dit in die dringendste behoeftes van die mense voorsien. Meld ’n paar gesins- en maatskaplike aangeleenthede waaroor baie mense bekommerd is, soos in Die Wagtoring van 1 Januarie 1994, bladsye 22-3, gemeld word.

20 min: ‘Geloof volg op wat gehoor word.’ Bespreek hoe tydskrifverspreiding gebruik kan word om belangstelling te kweek wat tot Bybelstudies in die Kennis-boek kan lei. Reël dat twee of drie aanbiedings gedemonstreer word.

Lied 204 en slotgebed.

Week wat begin met 22 April

Lied 6

15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien die hoogtepunte van die spesiale toespraak wat die vorige naweek gehou is. Bespreek hoe hierdie vermaning belangstellendes moet beweeg om ’n ferm standpunt vir ware aanbidding in te neem. Vestig ook die aandag op “Gaan voort om in juiste kennis toe te neem” en beklemtoon hoe belangrik dit is om die Gemeentelike Boekstudie gereeld by te woon.

12 min: Vraebus. ’n Toespraak deur ’n ouer man. Verduidelik waarom broers wat die leiding tydens vergaderinge neem ongepaste familiariteit, deur iemand net op sy voornaam te noem, moet vermy.

18 min: Bespreking tussen ouer man en bedieningskneg van die artikel “Godvrugtige gesinne van die ou tyd—’n voorbeeld vir ons tyd”, wat in Die Wagtoring van 15 September 1995, bladsye 20-3, gevind kan word. Pas dit prakties toe sodat plaaslike gesinne daarby baat kan vind.

Lied 143 en slotgebed.

Week wat begin met 29 April

Lied 144

12 min: Plaaslike aankondigings. Party beskryf Jehovah se Getuies as ’n “sekte” of ’n “kultus” en mislei sodoende ander oor ons bedrywighede en oogmerke. Gebruik die Redenering-boek, bladsy 222, en verduidelik kortliks hoe ons hierdie aantyging kan weerlê. Herinner almal, onder andere diegene wat onlangs as ongedoopte verkondigers gekwalifiseer het, om hulle velddiensrapporte vir April betyds in te gee. As almal hulle samewerking gee, behoort ons ’n groot, nuwe verkondigerhoogtepunt vir April te bereik.

15 min: Dek ons gebied eweredig. Toespraak deur diensopsiener. Daar word dalk selde in verspreide of afgeleë gebiede gewerk. Party vermy dit dalk opsetlik om in gebiede te werk waar mense welgesteld of sterk godsdienstig is. Sakegebied word dalk afgeskeep. Party verkondigers vra dalk gereeld gebiede aan wat hulle persoonlik verkies pleks van gebiede wat lank laas gedek is. Moedig almal aan om pogings te ondersteun om ongewerkte gebiede te dek; motorgroepe kan moontlik gereël word. Maak seker dat die gebied, onder andere waar die mense nie tuis was nie, deeglik gedek word voordat dit teruggegee word. Gee ander praktiese wenke wat toon hoe almal kan help om julle gebied so goed moontlik te dek.

18 min: Bied Die Wagtoring en Ontwaak! gedurende Mei aan. Bied individuele eksemplare aan. In gebied wat dikwels gedek word, kan enige gepaste brosjure aangebied word. Hou verslag van alles wat by mense gelaat is met die doel om ’n tydskrifroete te begin. Maak gebruik van geleenthede om intekeninge aan te bied. Beklemtoon die verreikende voordele van tydskrifverspreiding as een van die doeltreffendste maniere om die Koninkryksboodskap aan die publiek oor te dra. Ons moet seker maak dat ons ’n voorraad het wanneer ons in die velddiens uitgaan; bied hulle by elke geleentheid aan. Persoonlike reëlings vir ’n weeklikse Tydskrifdag is ’n goeie manier om tydskrifverspreiding te vergroot. Winkel-tot-winkel-werk en straatgetuieniswerk met tydskrifte is ook produktief. Kweek belangstelling verder deur herbesoeke te doen met die doel om studies te begin deur van die Kennis-boek gebruik te maak. Hou een of twee kort demonstrasies waarin die jongste nommers aangebied word deur moontlik van die aanbiedings in Ons Koninkryksbediening vir September 1995, bladsy 5, paragrawe 3-5, gebruik te maak; lees paragraaf 6.

Lied 195 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel