Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Julie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Julie
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 1 Julie
  • Week wat begin met 8 Julie
  • Week wat begin met 15 Julie
  • Week wat begin met 22 Julie
  • Week wat begin met 29 Julie
Ons Koninkryksbediening—1996
km 7/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir Julie

Week wat begin met 1 Julie

Lied 90

12 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Junie stiptelik te rapporteer. Sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte vir vorige maande ingegee is.

15 min: “Ons moet ons gelofte dag ná dag vervul.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in uit Insight, Deel 2, bladsy 1162, paragrawe 6-7, wat toon waarom ’n gelofte ’n ernstige verpligting is.

18 min: “Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee” (Paragrawe 1-3). Gebruik die eerste paragraaf om die tema van die artikel te ontwikkel. Besluit watter brosjures wat die gemeente tans in voorraad het dalk in julle gebied byval sal vind. Bespreek dan net paragrawe 2-3, en demonstreer hoe die eerste besoek sowel as die herbesoek met die brosjure Gee God werklik vir ons om? gedoen kan word. Toon hoe verkondigers hulle eie aanbieding kan saamstel vir ’n ander brosjure wat dalk vir die plaaslike gebied gepas sal wees.

Lied 112 en slotgebed.

Week wat begin met 8 Julie

Lied 43

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee” (Paragrawe 4-5). Bespreek net paragrawe 4-5 en ’n paar hoogtepunte van die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Demonstreer dan die voorgestelde aanbiedings vir die eerste besoek en die herbesoek.

20 min: “Ons het meer broers in die pionierdiens nodig.” Vrae en antwoorde. Hersien na gelang van tyd die wenke oor hoe om na geldelike behoeftes om te sien, wat in Die Wagtoring van 15 September 1993, bladsye 28-31, bespreek word.

Lied 16 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Julie

Lied 162

10 min: Plaaslike aankondigings. Die diensopsiener moet die gemeente in kennis stel van die finale reëlings vir die ontoegekende gebied—datums, gebied waarin daar gewerk gaan word, verblyf, vervoerreëlings en lektuuraanbod.

20 min: “Het jy al aandgetuieniswerk probeer?” ’n Toespraak met gehoordeelname en ’n paar onderhoude. Vertel wat plaaslik opgemerk is wanneer daar later in die dag in die gebied gewerk word. Sluit ondervindinge in wat die positiewe resultate van aandgetuieniswerk toon. Sit die plaaslike weeklikse rooster vir velddiensvergaderinge uiteen.

15 min: “Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee” (Paragrawe 6-8). Gebruik die laaste paragraaf van die artikel om almal aan te spoor om pligsgetrou herbesoeke te doen by diegene by wie hulle brosjures gelaat het. Gebruik paragrawe 6-7 en demonstreer hoe die Doel van die lewe-brosjure met die eerste besoek gebruik kan word en hoe om tydens die herbesoek ’n studie in die eerste hoofstuk van die Kennis-boek te begin. Herinner verkondigers daaraan dat hulle hulle eie aanbiedings vir ander brosjures kan saamstel deur die voorbeelde te volg van aanbiedings wat in Ons Koninkryksbediening voorgestel word.

Lied 64 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Julie

Lied 108

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien kortliks die jongste nommers van die tydskrifte en vestig die aandag op interessante hoogtepunte wat gebruik kan word wanneer hulle by die deur aangebied word.

15 min: Streef die doelwit van voltydse diens na. Bespreking tussen ’n ouer man en een of twee tieners, met Die Wagtoring van 15 Desember 1988, bladsye 25-7, as grondslag. Die jongmense probeer besluit watter doelwitte hulle sal nastreef nadat hulle hulle hoërskoolloopbaan voltooi het. Hulle toon belangstelling in die materiële voordele wat deur wêreldse loopbane gebied word. Ouer man vestig die aandag op goeie redes waarom dit baie beter sou wees om die pionierdiens na te streef. Tieners stem saam, maar twyfel of hulle aan die pionierdiens kan deelneem en materieel vir hulleself kan sorg. Ouer man bespreek ondervindinge uit die Wagtoring-artikel wat toon dat die pionierdiens ’n redelike, bereikbare doelwit is wat baie mense vreugde verskaf. Bespreking eindig met tieners wat waardering uitspreek vir die ouer man se kommentare en sê dat hulle vasbeslote is om ernstig daaroor na te dink om die doelwit na te streef om ’n volle aandeel aan die Koninkryksdiens te hê.

20 min: “Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek.” ’n Toespraak wat paragrawe 12-16 van die byvoegsel vir Junie 1996 dek. Sluit twee demonstrasies in van ’n Bybelstudie wat aan die gang is. Die eerste demonstrasie toon hoe die student geleer word om vir die les voor te berei deur sleutelwoorde of -frases te merk of te onderstreep wat die gedrukte vrae op die direkste manier beantwoord. Die tweede demonstrasie wys wat jy kan sê om die Bybelstudent aan te moedig om die Openbare Vergadering en die Wagtoring-studie by te woon.

Lied 116 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Julie

Lied 212

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek “Nuwe kringbyeenkomsprogram”. Herinnering aan reëlings vir werk in ontoegekende gebied. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Spoor almal hartlik aan om ’n volle aandeel aan die velddiens te hê gedurende die laaste maand van die diensjaar.

20 min: Wat is nodig om ’n Bybelstudie te kry? ’n Ouer man lei bespreking tussen twee of drie wat met Bybelstudies sukses behaal het en hersien maniere waarop meer welslae behaal kan word om studies te begin: (1) Bid vir Jehovah se hulp. (2) Neem gereeld aan verskeie aspekte van die bediening deel om belangstellendes te vind. (3) Maak ’n aantekening van alle belangstelling en doen pligsgetrou herbesoeke. (4) Bied altyd ’n studie aan waar belangstelling getoon word. (Sien die onderhofie “Begin Bybelstudies” op bladsy 20 van Die Wagtoring van 15 Februarie 1996.) (5) Ontwikkel vertroue in jou onderrigvermoë deur die vier wenke te gebruik wat op bladsye 13-17 van Die Wagtoring van 1 Augustus 1984 uiteengesit word.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of ’n ouer man hou ’n toespraak oor “Vertroosting en aanmoediging—juwele met baie fasette”, in Die Wagtoring van 15 Januarie 1996, bladsye 21-3.

Lied 165 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel