Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1998
Instruksies
Gedurende 1998 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.
LEERBOEKE: Die Bybel, Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk [jv-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF], Kennis wat tot die ewige lewe lei [kl-AF], Die geheim van gesinsgeluk [fy-AF] en Insight on the Scriptures Deel 1 en 2 [it-1, it-2] sal vir toewysings gebruik word.
Die skool moet OP TYD begin en met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen word en daarna soos volg verloop:
TOESPRAAK NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer die Verkondigers-boek gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word. Die spreker kan die prente, foto’s en tabelle in die Verkondigers-boek bespreek en dit as leermiddele gebruik.
Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling hou. Raad kan privaat gegee word as dit nodig is of as die spreker daarom vra.
GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. ’n Algemene oorsig van 30 tot 60 sekondes van die toegewese hoofstukke kan ingesluit word. Die hoofdoel is egter om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.
TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpose gelees word. As die verse wat gelees moet word nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.
TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan ’n suster toegewys word. Die onderwerp vir hierdie toespraak sal op Kennis wat tot die ewige lewe lei, Die geheim van gesinsgeluk of Insight on the Scriptures, Deel 2, gebaseer word. (Sien Toespraak nr. 4 vir inligting oor hoe om die materiaal te ontwikkel wat op ’n Bybelkarakter gebaseer is.) Die agtergrond kan informele getuieniswerk, ’n herbesoek of ’n tuisbybelstudie wees, en die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die huisbewoner help om oor die materiaal te redeneer en dit te verstaan en hoe die tekste toegepas word. Die toegewese student moet kan lees. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar ’n bykomende assistent kan gebruik word. Die student kan besluit of die huisbewoner sekere paragrawe in die Kennis- of Gesinsgeluk-boek moet lees of nie. Die klem moet op die doeltreffende gebruik van die materiaal val, nie op die agtergrond nie.
TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Wanneer hierdie toewysing gebaseer is op inligting oor ’n Bybelkarakter kan dit aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Wanneer dit op die Gesinsgeluk-boek gebaseer is, sal dit aan ’n broer toegewys word. ’n Tema vir elke toewysing kan in die rooster gevind word. Wanneer hierdie toewysing op ’n Bybelkarakter gebaseer is, kan inligting oor hom gevind word onder sy naam in Insight on the Scriptures, Deel 1 of Deel 2. Die student moet teksverwysings in die materiaal nagaan om ’n duidelike beeld te kry van die Bybelkarakter—die gebeure in sy lewe, sowel as sy persoonlikheid, eienskappe en gesindheid. Daarna moet die student die toegewese tema van die toespraak ontwikkel en gepaste tekste kies om te gebruik. Bykomende tekste wat Bybelbeginsels na vore bring wat met die tema verband hou, kan ingesluit word. Die doel van die toespraak is om te toon wat ons uit die voorbeeld van die Bybelkarakter onder bespreking kan leer. Dade van getrouheid, moed, nederigheid en onselfsugtigheid bied goeie voorbeelde om na te volg; dade van ontrouheid sowel as ongewenste eienskappe dien as kragtige waarskuwings vir Christene om ’n verkeerde weg te vermy. Wanneer hierdie toespraak aan ’n broer toegewys word, moet dit gehou word met die Koninkryksaalgehoor in gedagte. Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as in Toespraak nr. 3 aangebied word.
*ROOSTER VIR AANVULLENDE BYBELLEES: Dit word tussen hakies aangegee ná die nommer van die lied vir elke week. Deur hierdie rooster te volg en ongeveer tien bladsye per week te lees, kan die hele Bybel binne drie jaar gelees word. Geen deel op die skoolprogram of die skriftelike hersiening word op die rooster vir aanvullende Bybellees gebaseer nie.
LET WEL: Sien asseblief Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 3, vir verdere inligting en instruksies aangaande raad, tydreëling, skriftelike hersiening en die voorbereiding van toesprake.
ROOSTER
5 Jan. Skrifgedeelte: Handelinge 7-8
Lied 196 [*Genesis 1-9]
Nr. 1: Toegewyde broers druk en bind boeke (jv-AF bl. 579 par. 4–bl. 586 par. 4)
Nr. 2: Handelinge 7:44-60
Nr. 3: Gehoorsaam altyd die Oppergesag (kl-AF bl. 130-1 par. 1-6)
Nr. 4: Josafat (Nr. 3)—Tema: Waak teen slegte omgang
12 Jan. Skrifgedeelte: Handelinge 9-10
Lied 53 [*Genesis 10-18]
Nr. 1: Uitbreiding ná die Tweede Wêreldoorlog (jv-AF bl. 588 par. 1–bl. 595 par. 5)
Nr. 2: Handelinge 9:1-16
Nr. 3: Wees onderdanig aan die hoër owerhede (kl-AF bl. 131-3 par. 7-10)
Nr. 4: Jehu (Nr. 3)—Tema: Ywer kan deur permissiwiteit bederf word
19 Jan. Skrifgedeelte: Handelinge 11-13
Lied 162 [*Genesis 19-24]
Nr. 1: Rekenaarstelsels help om die goeie nuus te bevorder (jv-AF bl. 596 par. 1–bl. 602 par. 3)
Nr. 2: Handelinge 13:1-12
Nr. 3: Waardeer God se reëling vir gesag in die gesin (kl-AF bl. 134-6 par. 11-18)
Nr. 4: Jefta—Tema: Geloftes moet ernstig opgeneem word
26 Jan. Skrifgedeelte: Handelinge 14-16
Lied 180 [*Genesis 25-30]
Nr. 1: Ywerige uitgewers en verspreiders van die Bybel (jv-AF bl. 603 par. 1–bl. 607 par. 4)
Nr. 2: Handelinge 16:1-15
Nr. 3: Gesag in die gemeente—’n liefdevolle voorsiening van Jehovah (kl-AF bl. 137-9 par. 19-25)
Nr. 4: Jeremia (Nr. 6)—Tema: Jehovah gee krag bo die normale
2 Feb. Skrifgedeelte: Handelinge 17-19
Lied 111 [*Genesis 31-36]
Nr. 1: Vertaling van die New World Translation (jv-AF bl. 607 par. 5–bl. 615 par. 5)
Nr. 2: Handelinge 18:1-11
Nr. 3: Hoe lojaliteit tot ’n gelukkige gesin bydra (kl-AF bl. 140-1 par. 1-6)
Nr. 4: Jerobeam (Nr. 1)—Tema: Selfsugtige ambisie kan tot afgodediens lei
9 Feb. Skrifgedeelte: Handelinge 20-21
Lied 38 [*Genesis 37-42]
Nr. 1: Interne toetsing en sifting (jv-AF bl. 618 par. 1–bl. 623 par. 3)
Nr. 2: Handelinge 21:1-14
Nr. 3: Die belangrike rol van kommunikasie in die huwelik (kl-AF bl. 142-3 par. 7-9)
Nr. 4: Jesua (Nr. 4)—Tema: Ondersteun rein aanbidding ten volle
16 Feb. Skrifgedeelte: Handelinge 22-24
Lied 8 [*Genesis 43-49]
Nr. 1: ’n Verandering van administrasie bring toetse mee (jv-AF bl. 623 par. 4–bl. 629 par. 3)
Nr. 2: Handelinge 22:1-16
Nr. 3: Eer en respekteer jou maat (kl-AF bl. 143-4 par. 10-14)
Nr. 4: Isai—Tema: Gee jou samewerking en wees vrygewig
23 Feb. Skrifgedeelte: Handelinge 25-26
Lied 179 [*Genesis 50–Exodus 7]
Nr. 1: Leerstellige beskouings en verwagtings word aangepas (jv-AF bl. 629 par. 4–bl. 633 par. 4)
Nr. 2: Handelinge 25:1-12
Nr. 3: Stel ’n goeie voorbeeld en betoon liefde aan jou kinders (kl-AF bl. 145-6 par. 15-18)
Nr. 4: Jetro—Tema: Moenie te trots wees om na voorstelle te luister nie
2 Mrt. Skrifgedeelte: Handelinge 27-28
Lied 92 [*Exodus 8-13]
Nr. 1: Handelinge—Waarom nuttig (si-AF bl. 204-5 par. 32-40)
Nr. 2: Handelinge 27:33-44
Nr. 3: Wat met liefdevolle dissipline en bekwame leiding bereik kan word (kl-AF bl. 148-9 par. 19-23)
Nr. 4: Isebel (Nr. 1)—Tema: Die goddeloses sal nie Jehovah se ooreel vryspring nie
9 Mrt. Skrifgedeelte: Romeine 1-3
Lied 79 [*Exodus 14-20]
Nr. 1: Inleiding tot Romeine (si-AF bl. 205-6 par. 1-7)
Nr. 2: Romeine 1:18-32
Nr. 3: Waarom ons na aan God wil kom (kl-AF bl. 150-1 par. 1-5)
Nr. 4: Joab (Nr. 2)—Tema: Wraak kom Jehovah toe
16 Mrt. Skrifgedeelte: Romeine 4-6
Lied 174 [*Exodus 21-27]
Nr. 1: Verwagtinge, die werklikheid en ander geskille (jv-AF bl. 635 par. 1–bl. 641 par. 3)
Nr. 2: Romeine 4:1-15
Nr. 3: Vereistes om na aan God te kom (kl-AF bl. 152-3 par. 6-9)
Nr. 4: Johanna—Tema: Dien die heiliges van God gewillig
23 Mrt. Skrifgedeelte: Romeine 7-9
Lied 27 [*Exodus 28-33]
Nr. 1: “Julle sal deur al die nasies gehaat word” (jv-AF bl. 642 par. 1–bl. 646 par. 4)
Nr. 2: Romeine 9:1-18
Nr. 3: Praat met God en word deur Hom verhoor (kl-AF bl. 153-5 par. 10-14)
Nr. 4: Job—Tema: Onverbreeklike onkreukbaarheid bring Jehovah se guns mee
30 Mrt. Skrifgedeelte: Romeine 10-12
Lied 70 [*Exodus 34-39]
Nr. 1: Die geveinsdheid van godsdiensleiers word aan die kaak gestel (jv-AF bl. 647 par. 1–bl. 652 par. 1)
Nr. 2: Romeine 10:1-15
Nr. 3: Hou vol met gebed en luister (kl-AF bl. 156-9 par. 15-20)
Nr. 4: Jogebed—Tema: Vertrou op Jehovah en doen jou uiterste bes
6 Apr. Skrifgedeelte: Romeine 13-16
Lied 175 [*Exodus 40–Levitikus 7]
Nr. 1: Romeine—Waarom nuttig (si-AF bl. 208-9 par. 20-5)
Nr. 2: Romeine 13:1-10
Nr. 3: Vind ware veiligheid onder God se volk (kl-AF bl. 160-1 par. 1-4)
Nr. 4: Johanan (Nr. 5)—Tema: Volg Jehovah se raad
13 Apr. Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 1-3
Lied 173 [*Levitikus 8-13]
Nr. 1: Inleiding tot 1 Korintiërs (si-AF bl. 210-11 par. 1-7)
Nr. 2: 1 Korintiërs 1:10-25
Nr. 3: Hoe Jehovah geestelike voedsel voorsien (kl-AF bl. 161-3 par. 5-8)
Nr. 4: Johannes (Nr. 1)—Vervul jou bediening met ywer
20 Apr. Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 4-6
Lied 56 [*Levitikus 14-19]
Nr. 1: Die geestelikes se invloed word duidelik (jv-AF bl. 652 par. 2–bl. 659 par. 1)
Nr. 2: 1 Korintiërs 4:1-13
Nr. 3: Wat dit beteken om met liefde beklee te wees (kl-AF bl. 163-6 par. 9-14)
Nr. 4: Johannes (Nr. 3)—Tema: Wees lojaal teenoor God en lief vir jou broers
27 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Handelinge 7–1 Korintiërs 6
Lied 91 [*Levitikus 20-25]
4 Mei Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 7-9
Lied 29 [*Levitikus 26–Numeri 3]
Nr. 1: Die geestelikes en Hitler teen Jehovah se knegte (jv-AF bl. 659 par. 2–bl. 665 par. 1)
Nr. 2: 1 Korintiërs 7:10-24
Nr. 3: Die gemeente—’n veilige plek (kl-AF bl. 167-9 par. 15-20)
Nr. 4: Jona (Nr. 1)—Tema: Kom jou godgegewe verantwoordelikhede na
11 Mei Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 10-12
Lied 103 [*Numeri 4-9]
Nr. 1: Wêreldwye teenkanting teen uitsluitlike toegewydheid aan Jehovah (jv-AF bl. 666 par. 1–bl. 673 par. 1)
Nr. 2: 1 Korintiërs 11:1-16
Nr. 3: Volg Jesus na—Dien God vir ewig (kl-AF bl. 170-1 par. 1-6)
Nr. 4: Jonatan (Nr. 1)—Tema: Waak teen selfsug
18 Mei Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 13-14
Lied 160 [*Numeri 10-15]
Nr. 1: Gehaat omdat hulle ‘geen deel van die wêreld is nie’ (jv-AF bl. 673 par. 2–bl. 677 par. 3)
Nr. 2: 1 Korintiërs 14:1-12
Nr. 3: Noodsaaklike stappe wat tot die lewe lei (kl-AF bl. 173-5 par. 7-9)
Nr. 4: Jonatan (Nr. 2)—Tema: ’n Ware vriend is onselfsugtig en lojaal
25 Mei Skrifgedeelte: 1 Korintiërs 15-16
Lied 158 [*Numeri 16-22]
Nr. 1: 1 Korintiërs—Waarom nuttig (si-AF bl. 213-14 par. 23-6)
Nr. 2: 1 Korintiërs 16:1-13
Nr. 3: Waarom doop noodsaaklik is (kl-AF bl. 175-6 par. 10-12)
Nr. 4: Josef (Nr. 1)—Tema: Openbaar die eienskappe van ’n geestelike mens
1 Jun. Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 1-4
Lied 58 [*Numeri 23-29]
Nr. 1: Inleiding tot 2 Korintiërs (si-AF bl. 214 par. 1-4)
Nr. 2: 2 Korintiërs 4:1-12
Nr. 3: Doop—die belangrikste mylpaal in jou lewe (kl-AF bl. 176-7 par. 13-16)
Nr. 4: Josef (Nr. 8)—Tema: Wees gehoorsaam en regverdig
8 Jun. Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 5-8
Lied 193 [*Numeri 30-35]
Nr. 1: Die verdediging en wetlike bevestiging van die goeie nuus (jv-AF bl. 678 par. 1–bl. 683 par. 4)
Nr. 2: 2 Korintiërs 7:1-13
Nr. 3: Wat dit beteken om jou toewyding en doop na te leef (kl-AF bl. 178-80 par. 17-22)
Nr. 4: Josef (Nr. 9)—Tema: Moenie moed opgee met familielede nie
15 Jun. Skrifgedeelte: 2 Korintiërs 9-13
Lied 43 [*Numeri 36–Deuteronomium 4]
Nr. 1: 2 Korintiërs—Waarom nuttig (si-AF bl. 216-17 par. 18-20)
Nr. 2: 2 Korintiërs 10:1-12
Nr. 3: Berei nou voor vir “die werklike lewe” (kl-AF bl. 181-2 par. 1-5)
Nr. 4: Josef (Nr. 10)—Tema: Wees moedig en oorkom vrees
22 Jun. Skrifgedeelte: Galasiërs 1-3
Lied 127 [*Deuteronomium 5-11]
Nr. 1: Inleiding tot Galasiërs (si-AF bl. 217-18 par. 1-6)
Nr. 2: Galasiërs 1:1-12
Nr. 3: Ná Armageddon—’n paradysaarde (kl-AF bl. 182-4 par. 6-11)
Nr. 4: Josua (Nr. 1)—Tema: Moet nooit aan Jehovah se beloftes twyfel nie
29 Jun. Skrifgedeelte: Galasiërs 4-6
Lied 8 [*Deuteronomium 12-19]
Nr. 1: Galasiërs—Waarom nuttig (si-AF bl. 219-20 par. 14-18)
Nr. 2: Galasiërs 6:1-18
Nr. 3: Vrede oral en die opstanding van die dooies (kl-AF bl. 184-7 par. 12-18)
Nr. 4: Josia (Nr. 1)—Tema: Bly rein van afgodediens
6 Jul. Skrifgedeelte: Efesiërs 1-3
Lied 71 [*Deuteronomium 20-27]
Nr. 1: Inleiding tot Efesiërs (si-AF bl. 220-1 par. 1-8)
Nr. 2: Efesiërs 1:1-14
Nr. 3: Wat volmaaktheid sal beteken, en hoe ons dit kan geniet (kl-AF bl. 187-91 par. 19-25)
Nr. 4: Jotam (Nr. 3)—Tema: Leer uit ander se foute
13 Jul. Skrifgedeelte: Efesiërs 4-6
Lied 214 [*Deuteronomium 28-32]
Nr. 1: Efesiërs—Waarom nuttig (si-AF bl. 223 par. 16-19)
Nr. 2: Efesiërs 6:1-13
Nr. 3: Juda (Nr. 1)—Tema: Eienskappe wat Jehovah seën
Nr. 4: Die gesin beleef ’n krisis (fy-AF bl. 5-9 par. 1-14)
20 Jul. Skrifgedeelte: Filippense 1-4
Lied 123 [*Deuteronomium 33–Josua 6]
Nr. 1: Inleiding tot Filippense en waarom nuttig (si-AF bl. 223-4 par. 1-7; bl. 225 par. 12-14)
Nr. 2: Filippense 1:1-14
Nr. 3: Die geheim van gesinsgeluk (fy-AF bl. 9-12 par. 15-23)
Nr. 4: Judas (Nr. 4)—Tema: Ons is nie voorbestem nie
27 Jul. Skrifgedeelte: Kolossense 1-4
Lied 64 [*Josua 7-12]
Nr. 1: Inleiding tot Kolossense en waarom nuttig (si-AF bl. 226 par. 1-5; bl. 228 par. 12-14)
Nr. 2: Kolossense 4:1-13
Nr. 3: Judas (Nr. 5; sien ook Jude)—Tema: Mense kan verander
Nr. 4: Is jy gereed om te trou? (fy-AF bl. 13-15 par. 1-6)
3 Aug. Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 1-5
Lied 35 [*Josua 13-19]
Nr. 1: Inleiding tot 1 Tessalonisense en waarom nuttig (si-AF bl. 229 par. 1-5; bl. 231 par. 13-15)
Nr. 2: 1 Tessalonisense 2:1-12
Nr. 3: Waarom jy jouself moet ken en realisties moet wees (fy-AF bl. 16-18 par. 7-10)
Nr. 4: Judas (Jude)—Tema: Wees nederig—Moenie na vernaamheid streef nie
10 Aug. Skrifgedeelte: 2 Tessalonisense 1-3
Nr. 1: Inleiding tot 2 Tessalonisense en waarom nuttig (si-AF bl. 232 par. 1-4; bl. 233 par. 10-11)
Nr. 2: 2 Tessalonisense 1:1-12
Nr. 3: Korag (Nr. 3)—Tema: Moenie voor afguns swig nie
Nr. 4: Waarna om in ’n maat te soek (fy-AF bl. 20-2 par. 11-15)
17 Aug. Skrifgedeelte: 1 Timoteus 1-3
Lied 221 [*Rigters 2-7]
Nr. 1: Inleiding tot 1 Timoteus (si-AF bl. 234 par. 1-6)
Nr. 2: 1 Timoteus 1:3-16
Nr. 3: Dinge om in ag te neem voordat jy ’n ernstige verbintenis aangaan (fy-AF bl. 22-3 par. 16-19)
Nr. 4: Laban (Nr. 1)—Tema: Wees regverdig in jou handelinge met ander
24 Aug. Skrifgedeelte: 1 Timoteus 4-6
Lied 30 [*Rigters 8-13]
Nr. 1: 1 Timoteus—Waarom nuttig (si-AF bl. 236-7 par. 15-19)
Nr. 2: 1 Timoteus 4:1-16
Nr. 3: Lameg (Nr. 1)—Tema: Geweld lei tot geweld
Nr. 4: Hou julle hofmakery eerbaar en sien verder as die bruilof (fy-AF bl. 24-6 par. 20-3)
31 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi 1 Korintiërs 7–1 Timoteus 6
Lied 59 [*Rigters 14-19]
7 Sept. Skrifgedeelte: 2 Timoteus 1-4
Lied 46 [*Rigters 20–Rut 4]
Nr. 1: Inleiding tot 2 Timoteus en waarom nuttig (si-AF bl. 237-8 par. 1-4; bl. 238-9 par. 10-12)
Nr. 2: 2 Timoteus 3:1-13
Nr. 3: Bybelbeginsels wat jou kan help om vir ’n suksesvolle huwelik voor te berei (fy-AF bl. 26 hersieningsvenster)
Nr. 4: Lasarus (Nr. 1)—Tema: Gasvryheid lei tot seëninge
14 Sept. Skrifgedeelte: Titus 1–Filemon
Lied 155 [*1 Samuel 1-8]
Nr. 1: Inleiding tot Titus en Filemon en waarom nuttig (si-AF bl. 239-41 par. 1-4, 8-10; bl. 241-3 par. 1-4, 7-10)
Nr. 2: Titus 3:1-14
Nr. 3: Lea—Tema: ’n Skriftuurlike beskouing oor haat
Nr. 4: Die eerste sleutel tot ’n blywende huwelik (fy-AF bl. 27-9 par. 1-6)
21 Sept. Skrifgedeelte: Hebreërs 1-3
Lied 149 [*1 Samuel 9-14]
Nr. 1: Inleiding tot Hebreërs (si-AF bl. 243-4 par. 1-9)
Nr. 2: Hebreërs 3:1-15
Nr. 3: Die tweede sleutel tot ’n blywende huwelik (fy-AF bl. 30-1 par. 7-10)12
Nr. 4: Levi (Nr. 1)—Tema: Gewelddadige woede bring oneer
28 Sept. Skrifgedeelte: Hebreërs 4-7
Lied 3 [*1 Samuel 15-19]
Nr. 1: Regstryde om godsdiensvryheid (jv-AF bl. 684 par. 1–bl. 693 par. 1)
Nr. 2: Hebreërs 6:1-12
Nr. 3: Loïs—Tema: Vertel jou familielede van jou geloof
Nr. 4: Die man se hoofskap moet Christelik wees (fy-AF bl. 31-3 par. 11-15)
5 Okt. Skrifgedeelte: Hebreërs 8-10
Lied 209 [*1 Samuel 20-25]
Nr. 1: Dien Jehovah onbevrees en eendragtig ondanks teenstand (jv-AF bl. 693 par. 2–bl. 699 par. 4)
Nr. 2: Hebreërs 8:1-12
Nr. 3: Hoe ’n vrou haar man kan aanvul (fy-AF bl. 34-5 par. 16-19)
Nr. 4: Lot, II—Tema: In die wêreld, maar geen deel daarvan nie
12 Okt. Skrifgedeelte: Hebreërs 11-13
Lied 108 [*1 Samuel 26–2 Samuel 2]
Nr. 1: Hebreërs—Waarom nuttig (si-AF bl. 247 par. 23-7)
Nr. 2: Hebreërs 11:1-10
Nr. 3: Lukas—Tema: Wees ’n getroue medewerker
Nr. 4: Wat goeie kommunikasie werklik beteken (fy-AF bl. 35-8 par. 20-6)
19 Okt. Skrifgedeelte: Jakobus 1-5
Lied 144 [*2 Samuel 3-10]
Nr. 1: Inleiding tot Jakobus en waarom nuttig (si-AF bl. 248-9 par. 1-7; bl. 250 par. 15-17)
Nr. 2: Jakobus 5:1-12
Nr. 3: Bybelbeginsels wat jou kan help om ’n blywende, gelukkige huwelik te geniet (fy-AF bl. 38 hersieningsvenster)
Nr. 4: Lidia—Tema: Opregte gasvryheid word waardeer
26 Okt. Skrifgedeelte: 1 Petrus 1-5
Lied 54 [*2 Samuel 11-15]
Nr. 1: Inleiding tot 1 Petrus en waarom nuttig (si-AF bl. 251-2 par. 1-5; bl. 253 par. 11-13)
Nr. 2: 1 Petrus 4:1-11
Nr. 3: Magla (Nr. 1)—Tema: Jehovah is regverdig
Nr. 4: Leef binne jou inkomste (fy-AF bl. 39-41 par. 1-6)
2 Nov. Skrifgedeelte: 2 Petrus 1-3
Lied 177 [*2 Samuel 16-20]
Nr. 1: Inleiding tot 2 Petrus en waarom nuttig (si-AF bl. 254 par. 1-3; bl. 255 par. 8-10)
Nr. 2: 2 Petrus 3:1-13
Nr. 3: Dit is ’n gesinsprojek om na die huis om te sien (fy-AF bl. 42-4 par. 7-11)
Nr. 4: Manasse (Nr. 4)—Tema: Jehovah se barmhartigheid is groot
9 Nov. Skrifgedeelte: 1 Johannes 1-5
Lied 114 [*2 Samuel 21–1 Konings 1]
Nr. 1: Inleiding tot 1 Johannes en waarom nuttig (si-AF bl. 256-7 par. 1-5; bl. 258 par. 11-13)
Nr. 2: 1 Johannes 5:1-12
Nr. 3: Manoag—Tema: Wees gereed om jou by God se wil aan te pas
Nr. 4: Waarom Jehovah vereis dat ons rein moet wees (fy-AF bl. 45-9 par. 12-20)
16 Nov. Skrifgedeelte: 2 Johannes–Judas
Lied 22 [*1 Konings 2-6]
Nr. 1: Inleiding tot 2 Johannes, 3 Johannes en Judas en waarom nuttig (si-AF bl. 259 par. 1-3, 5; bl. 260-1 par. 1-3, 5; bl. 261-3 par. 1-4, 8-10)
Nr. 2: 2 Johannes 1:1-13
Nr. 3: Wat dit vir ’n gesin kan doen as hulle opreg geprys en waardeer word (fy-AF bl. 49-50 par. 21-2)
Nr. 4: Markus, I—Tema: Moenie tob oor probleme wat tot die verlede behoort nie
23 Nov. Skrifgedeelte: Openbaring 1-3
Lied 195 [*1 Konings 7-10]
Nr. 1: Inleiding tot Openbaring (si-AF bl. 263-4 par. 1-6)
Nr. 2: Openbaring 3:1-11
Nr. 3: Marta—Tema: Liefdevolle gasvryheid word waardeer
Nr. 4: Die Bybel se beskouing oor kinders en gesinsverantwoordelikhede (fy-AF bl. 51-2 par. 1-5)
30 Nov. Skrifgedeelte: Openbaring 4-6
Lied 203 [*1 Konings 11-15]
Nr. 1: Een ware godsdiens, deur God uitgekies (jv-AF bl. 704 par. 1–bl. 706 par. 4)
Nr. 2: Openbaring 5:1-12
Nr. 3: Wat dit beteken om in ’n kind se behoeftes te voorsien (fy-AF bl. 53-5 par. 6-9)
Nr. 4: Maria (Nr. 1)—Tema: Geloof en toegewydheid word beloon
7 Des. Skrifgedeelte: Openbaring 7-9
Lied 200 [*1 Konings 16-20]
Nr. 1: Jehovah seën diegene wat die waarheid in hulle lewe toepas (jv-AF bl. 706 par. 5–bl. 709 par. 5)
Nr. 2: Openbaring 8:1-13
Nr. 3: Maria (Nr. 2)—Tema: Maak geestelikheid jou vernaamste belangstelling
Nr. 4: Skerp die waarheid by jou kind in (fy-AF bl. 55-7 par. 10-15)
14 Des. Skrifgedeelte: Openbaring 10-12
Lied 137 [*1 Konings 21–2 Konings 3]
Nr. 1: Die kenmerk wat Jesus se ware dissipels identifiseer (jv-AF bl. 710 par. 1–bl. 712 par. 3)
Nr. 2: Openbaring 10:1-11
Nr. 3: Leer jou kind Jehovah se weë (fy-AF bl. 58-9 par. 16-19)
Nr. 4: Maria (Nr. 3)—Tema: Waardeer wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het
21 Des. Skrifgedeelte: Openbaring 13-15
Lied 60 [*2 Konings 4-9]
Nr. 1: Al God se ware knegte moet bly waak (jv-AF bl. 713 par. 1–bl. 716 par. 4)
Nr. 2: Openbaring 13:1-15
Nr. 3: Maria (Nr. 4)—Tema: Wees konsekwent in jou dade van toegewydheid
Nr. 4: Die noodsaaklikheid van dissipline in sy verskillende vorme (fy-AF bl. 59-60 par. 20-3)
28 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi 2 Timoteus 1–Openbaring 15
Lied 212 [*2 Konings 10-15]