Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/98 bl. 5-8
  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1999

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1999
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Onderhofies
  • Instruksies
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1998
km 10/98 bl. 5-8

Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1999

Instruksies

Gedurende 1999 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.

BRONNEMATERIAAL: Die Bybel, Die Wagtoring [w-AF], Ontwaak! [g-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF], Die geheim van gesinsgeluk [fy-AF] en Insight on the Scriptures Deel 2 [it-2] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool moet OP TYD begin en met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen word en daarna soos volg verloop:

TOESPRAAK NR. 1: 15 minute. Dit moet deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Die Wagtoring, Ontwaak! of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer Die Wagtoring of Ontwaak! gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling bly. As hulle privaat raad gegee word, moet gepaste aantekeninge op hulle spraakraadgewingstrokie gemaak word.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. ’n Algemene oorsig van 30 tot 60 sekondes van die toegewese hoofstukke kan ingesluit word. Die hoofdoel is egter om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpose gelees word. As die verse wat gelees moet word nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan ’n suster toegewys word. Die onderwerp vir hierdie toespraak sal op Die geheim van gesinsgeluk of Insight on the Scriptures, Deel 2, gebaseer word. (Sien Toespraak nr. 4 vir inligting oor hoe om die materiaal te ontwikkel wat op ’n Bybelkarakter gebaseer is.) Die agtergrond kan informele getuieniswerk, ’n herbesoek, ’n tuisbybelstudie of ’n ander aspek van velddiens wees. In sekere gevalle kan dit ook ’n ouer wees wat inligting met ’n minderjarige kind bespreek. Die deelnemers kan sit of staan terwyl die toespraak gehou word. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die huisbewoner of kind help om oor die materiaal te redeneer en te verstaan hoe die tekste toegepas word. Die toegewese student moet kan lees. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar ’n bykomende assistent kan gebruik word. Die student kan besluit of die huisbewoner sekere paragrawe in die Gesinsgeluk-boek moet lees. Die klem moet op die doeltreffende gebruik van die materiaal val, nie op die agtergrond nie.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Wanneer hierdie toewysing gebaseer is op inligting oor ’n Bybelkarakter kan dit aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Wanneer dit op die Gesinsgeluk-boek gebaseer is, moet dit aan ’n broer toegewys word. ’n Tema vir elke toewysing kan in die rooster gevind word. Wanneer hierdie toewysing op ’n Bybelkarakter gebaseer is, kan inligting oor hom gevind word onder sy naam in Insight on the Scriptures, Deel 2. Die student moet teksverwysings in die materiaal nagaan om ’n duidelike beeld te kry van die Bybelkarakter—die gebeure in sy lewe, sowel as sy persoonlikheid, eienskappe en gesindheid. Daarna moet die student die toegewese tema van hierdie toespraak ontwikkel en gepaste tekste kies om te gebruik. Bykomende tekste wat Bybelbeginsels na vore bring wat met die tema verband hou, kan ingesluit word. Die doel daarvan is om te toon wat ons uit die voorbeeld van die Bybelkarakter onder bespreking kan leer. Dade van getrouheid, moed, nederigheid en onselfsugtigheid bied goeie voorbeelde om na te volg; dade van ontrouheid sowel as ongewenste eienskappe dien as kragtige waarskuwings vir Christene om ’n verkeerde weg te vermy. Wanneer hierdie toespraak aan ’n broer toegewys word, moet dit gehou word met die Koninkryksaalgehoor in gedagte. Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet dit aangebied word soos dit onder Toespraak nr. 3 uiteengesit is.

*ROOSTER VIR AANVULLENDE BYBELLEES: Dit word tussen hakies aangegee ná die nommer van die lied vir elke week. Deur hierdie rooster te volg en ongeveer tien bladsye per week te lees, kan die hele Bybel binne drie jaar gelees word. Geen deel op die skoolprogram of die skriftelike hersiening word op die rooster vir aanvullende Bybellees gebaseer nie.

LET WEL: Sien asseblief Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 3, vir verdere inligting en instruksies aangaande raad, tydreëling, skriftelike hersiening en die voorbereiding van toesprake.

ROOSTER

4 Jan. Skrifgedeelte: Openbaring 16-18

Lied 23 [*2 Konings 16-19]

Nr. 1: Hoe God die Bybel geïnspireer het (w97-AF 6/15 bl. 4-8)

Nr. 2: Openbaring 16:1-16

Nr. 3: Beskerm jou kind teen leed (fy-AF bl. 61-3 par. 24-8)

Nr. 4: Matteus—Tema: God is nie partydig nie

11 Jan. Skrifgedeelte: Openbaring 19-22

Lied 126 [*2 Konings 20-25]

Nr. 1: Openbaring—Waarom nuttig (si-AF bl. 268-9 par. 28-34)

Nr. 2: Openbaring 22:1-15

Nr. 3: Ouers—Hou die kommunikasiekanale oop (fy-AF bl. 64-6 par. 1-7)

Nr. 4: Mattias—Tema: God vereis dat opsieners geestelike manne moet wees

18 Jan. Skrifgedeelte: Genesis 1-3

Lied 84 [*1 Kronieke 1-6]

Nr. 1: Inleiding tot Genesis (si-AF bl. 13-14 par. 1-8)

Nr. 2: Genesis 1:1-13

Nr. 3: Leer kinders sedelike en geestelike waardes (fy-AF bl. 67-70 par. 8-14)

Nr. 4: Melgisedek—Tema: Jesus Christus, ’n hoëpriester volgens die wyse van Melgisedek

25 Jan. Skrifgedeelte: Genesis 4-6

Lied 66 [*1 Kronieke 7-13]

Nr. 1: Wees versigtig om verkeerde beweegredes toe te skryf (w97-AF 5/15 bl. 26-9)

Nr. 2: Genesis 4:1-16

Nr. 3: Waarom dissipline en eerbied noodsaaklik is (fy-AF bl. 71-2 par. 15-18)

Nr. 4: Mefiboset (Nr. 2)—Tema: Liefderyke goedhartigheid—’n kenmerk van God se ware knegte

1 Feb. Skrifgedeelte: Genesis 7-9

Lied 108 [*1 Kronieke 14-21]

Nr. 1: Die Bybelverslag van die Vloed is waar (g97-AF 2/8 bl. 26-7)

Nr. 2: Genesis 7:1-16

Nr. 3: Leer kinders God se beskouing van werk en speel (fy-AF bl. 72-5 par. 19-25)

Nr. 4: Mesag—Tema: Jy sal beloon word as jy jou onkreuk- baarheid gedurende jou jeug handhaaf

8 Feb. Skrifgedeelte: Genesis 10-12

Lied 132 [*1 Kronieke 22-29]

Nr. 1: Die waarheid oor leuens (g97-AF 2/22 bl. 17-19)

Nr. 2: Genesis 12:1-20

Nr. 3: Opstandigheid by ’n kind en die gevolge daarvan (fy-AF bl. 76-9 par. 1-8)

Nr. 4: Miga (Nr. 7)—Tema: Die krag van illustrasies

15 Feb. Skrifgedeelte: Genesis 13-15

Lied 49 [*2 Kronieke 1-8]

Nr. 1: Jehovah se krag word deur menslike swakheid groot gemaak (w97-AF 6/1 bl. 24-7)

Nr. 2: Genesis 14:8-20

Nr. 3: Miga (Micaiah Nr. 2)—Tema: Getuig met moed

Nr. 4: Moenie te toegewend of ontoegewend wees nie (fy-AF bl. 80-1 par. 9-13)

22 Feb. Skrifgedeelte: Genesis 16-19

Lied 188 [*2 Kronieke 9-17]

Nr. 1: Wat jou gebede openbaar (w97-AF 7/1 bl. 27-30)

Nr. 2: Genesis 18:1-15

Nr. 3: Opstandigheid kan voorkom word deur in ’n kind se basiese behoeftes te voorsien (fy-AF bl. 82-4 par. 14-18)

Nr. 4: Mirjam (Nr. 1)—Tema: Waak teen murmurering

1 Mrt. Skrifgedeelte: Genesis 20-23

Lied 54 [*2 Kronieke 18-24]

Nr. 1: Hoe om jou gewete op te lei (w97-AF 8/1 bl. 4-6)

Nr. 2: Genesis 23:1-13

Nr. 3: Mordegai (Nr. 2)—Tema: Lojaliteit, ’n lonende eienskap

Nr. 4: Maniere om ’n kind te help wat ’n fout begaan (fy-AF bl. 85-7 par. 19-23)

8 Mrt. Skrifgedeelte: Genesis 24-25

Lied 121 [*2 Kronieke 25-31]

Nr. 1: Waarvan maak die waarheid ons vry? (w97-AF 2/1 bl. 4-7)

Nr. 2: Genesis 24:1-4, 10-21

Nr. 3: Moses—Tema: Waardeer Jehovah se opleiding

Nr. 4: Hoe om ’n hardkoppige rebel te hanteer (fy-AF bl. 87-9 par. 24-7)

15 Mrt. Skrifgedeelte: Genesis 26-28

Lied 197-AF [*2 Kronieke 32-36]

Nr. 1: Musiek se plek in hedendaagse aanbidding (w97-AF 2/1 bl. 24-8)

Nr. 2: Genesis 26:1-14

Nr. 3: Beskerm jou gesin teen verderflike invloede (fy-AF bl. 90-2 par. 1-7)

Nr. 4: Naäman (Nr. 2)—Tema: Nederigheid bring ryk seëninge mee

22 Mrt. Skrifgedeelte: Genesis 29-31

Lied 4 [*Esra 1-7]

Nr. 1: Die aarde sal nie deur vuur vergaan nie (g97-AF 1/8 bl. 26-7)

Nr. 2: Genesis 31:1-18

Nr. 3: Nabal—Tema: Moenie goed met kwaad vergeld nie

Nr. 4: God se beskouing oor seks (fy-AF bl. 92-4 par. 8-13)

29 Mrt. Skrifgedeelte: Genesis 32-35

Lied 143 [*Esra 8–Nehemia 4]

Nr. 1: Wonderdadige genesing deur God—Wanneer? (w97-AF 7/1 bl. 4-7)

Nr. 2: Genesis 35:1-15

Nr. 3: Help jou kinders om goeie vriende te kies (fy-AF bl. 95-7 par. 14-18)

Nr. 4: Nadab (Nr. 1)—Tema: Jehovah keur die misbruik van voorregte af

5 Apr. Skrifgedeelte: Genesis 36-38

Lied 106 [*Nehemia 5–11]

Nr. 1: Redding—Wat dit werklik beteken (w97-AF 8/15 bl. 4-7)

Nr. 2: Genesis 38:6-19, 24-26

Nr. 3: Natan (Nr. 2)—Tema: Moenie teregwysing terughou van die een wat dit nodig het nie

Nr. 4: Kies heilsame ontspanning vir die gesin (fy-AF bl. 97-102 par. 19-27)

12 Apr. Skrifgedeelte: Genesis 39-41

Lied 34 [*Nehemia 12–Ester 5]

Nr. 1: Waarom moet oortreding aangemeld word? (w97-AF 8/15 bl. 26-9)

Nr. 2: Genesis 40:1-15

Nr. 3: Skriftuurlike insig vir enkelouergesinne (fy-AF bl. 103-5 par. 1-8)

Nr. 4: Natanael—Tema: Vermy bedrieglikheid

19 Apr. Skrifgedeelte: Genesis 42-44

Lied 124 [*Ester 6–Job 5]

Nr. 1: Waarom woede beheers moet word (g97-AF 6/8 bl. 18-19)

Nr. 2: Genesis 42:1-17

Nr. 3: Die uitdaging om ’n bestaan te maak as ’n enkelouer (fy-AF bl. 106-7 par. 9-12)

Nr. 4: Nebukadnesar—Tema: Jehovah verneder diegene wat in trotsheid wandel

26 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Openbaring 16–Genesis 44

Lied 18 [*Job 6-14]

3 Mei Skrifgedeelte: Genesis 45-47

Lied 90 [*Job 15-23]

Nr. 1: Dra oesfeeste God se goedkeuring weg? (w97-AF 9/15 bl. 8-9)

Nr. 2: Genesis 45:16–46:4

Nr. 3: Handhaaf dissipline in ’n enkelouerhuis (fy-AF bl. 108-10 par. 13-17)

Nr. 4: Nebusaradan—Tema: Jehovah se woord word altyd bewaarheid

10 Mei Skrifgedeelte: Genesis 48-50

Lied 76 [*Job 24-33]

Nr. 1: Genesis—Waarom nuttig (si-AF bl. 17-19 par. 30-5)

Nr. 2: Genesis 49:13-28

Nr. 3: Wen die stryd teen eensaamheid (fy-AF bl. 110-13 par. 18-22)

Nr. 4: Nehemia (Nr. 3)—Tema: Wees ’n voorbeeld vir die kudde

17 Mei Skrifgedeelte: Exodus 1-4

Lied 2 [*Job 34-42]

Nr. 1: Inleiding tot Exodus (si-AF bl. 19-20 par. 1-8)

Nr. 2: Exodus 4:1-17

Nr. 3: Nikodemus—Tema: Vrees vir die mens span ’n strik

Nr. 4: Hoe om enkelouergesinne te ondersteun (fy-AF bl. 113-15 par. 23-7)

24 Mei Skrifgedeelte: Exodus 5-8

Lied 42 [*Psalm 1-17]

Nr. 1: Arm en tog ryk—Hoe is dit moontlik? (w97-AF 9/15 bl. 3-7)

Nr. 2: Exodus 7:1-13

Nr. 3: Noag (Nr. 1)—Tema: Gehoorsaamheid is ’n vereiste vir lewe

Nr. 4: Die voordele daarvan om siekte met ’n godvrugtige gesindheid die hoof te bied (fy-AF bl. 116-19 par. 1-9)

31 Mei Skrifgedeelte: Exodus 9-12

Lied 24 [*Psalm 18-28]

Nr. 1: Wat dit beteken om geen deel van die wêreld te wees nie (g97-AF 9/8 bl. 12-13)

Nr. 2: Exodus 12:21-36

Nr. 3: Die waarde van ’n helende gees (fy-AF bl. 120-1 par. 10-13)

Nr. 4: Obadja (Nr. 4)—Tema: Wees onbevrees en betoon liefde aan God se knegte

7 Jun. Skrifgedeelte: Exodus 13-16

Lied 58 [*Psalm 29-38]

Nr. 1: Hoe om hoop te midde van wanhoop te vind (w97-AF 5/15 bl. 22-5)

Nr. 2: Exodus 15:1-13

Nr. 3: Stel prioriteite en help kinders om siekte in die gesin die hoof te bied (fy-AF bl. 122-3 par. 14-18)

Nr. 4: Onesimus—Tema: Behou ’n goeie gewete

14 Jun. Skrifgedeelte: Exodus 17-20

Lied 115 [*Psalm 39-50]

Nr. 1: Hoe Christene bejaarde ouers eer (w97-AF 9/1 bl. 4-7)

Nr. 2: Exodus 17:1-13

Nr. 3: Paulus—Tema: Vyande van die waarheid kan verander

Nr. 4: Hoe om mediese behandeling te beskou (fy-AF bl. 124-6 par. 19-23)

21 Jun. Skrifgedeelte: Exodus 21-24

Lied 5 [*Psalm 51-65]

Nr. 1: Ware wetenskap en die Bybel stem ooreen (g97-AF 7/8 bl. 26-7)

Nr. 2: Exodus 21:1-15

Nr. 3: Hoe kan ’n gelowige vrou vrede handhaaf in ’n verdeelde huisgesin? (fy-AF bl. 128-32 par. 1-9)

Nr. 4: Petrus—Tema: Wees moedig en bedrywig in ware aanbidding

28 Jun. Skrifgedeelte: Exodus 25-28

Lied 47 [*Psalm 66-74]

Nr. 1: Ken Jehovah, die persoonlike God (w97-AF 10/1 bl. 4-8)

Nr. 2: Exodus 25:17-30

Nr. 3: Filippus (Nr. 1)—Tema: Wees taktvol en verstandig

Nr. 4: Hoe kan ’n gelowige man vrede handhaaf in ’n verdeelde huisgesin? (fy-AF bl. 132-3 par. 10-11)

5 Jul. Skrifgedeelte: Exodus 29-32

Lied 174 [*Psalm 75-85]

Nr. 1: Moenie toelaat dat die gees van die wêreld jou vergiftig nie (w97-AF 10/1 bl. 25-9)

Nr. 2: Exodus 29:1-14

Nr. 3: Die skriftuurlike onderrigting van kinders in ’n verdeelde huisgesin (fy-AF bl. 133-4 par. 12-15)

Nr. 4: Filippus (Nr. 2)—Tema: Wees ’n geestelike mens

12 Jul. Skrifgedeelte: Exodus 33-36

Lied 214 [*Psalm 86-97]

Nr. 1: Wees vertrouenswaardig en handhaaf jou onkreukbaarheid (w97-AF 5/1 bl. 4-7)

Nr. 2: Exodus 34:17-28

Nr. 3: Handhaaf ’n vreedsame verhouding met ouers wat nie dieselfde geloof as jy het nie (fy-AF bl. 134-5 par. 16-19)

Nr. 4: Pinehas (Nr. 1)—Tema: Wees standvastig vir wat reg is

19 Jul. Skrifgedeelte: Exodus 37-40

Lied 38 [*Psalm 98-106]

Nr. 1: Exodus—Waarom nuttig (si-AF bl. 24-5 par. 26-31)

Nr. 2: Exodus 40:1-16

Nr. 3: Die uitdaging om ’n stiefouer te wees (fy-AF bl. 136-9 par. 20-5)

Nr. 4: Pinehas (Nr. 2)—Tema: Moet Jehovah nooit met minagting behandel nie

26 Jul. Skrifgedeelte: Levitikus 1-4

Lied 26 [*Psalm 107-118]

Nr. 1: Inleiding tot Levitikus (si-AF bl. 25-6 par. 1-10)

Nr. 2: Levitikus 2:1-13

Nr. 3: Moenie toelaat dat materiële strewes julle huisgesin verdeel nie (fy-AF bl. 140-1 par. 26-8)

Nr. 4: Febe—Tema: Verdedig jou broers moedig

2 Aug. Skrifgedeelte: Levitikus 5-7

Lied 9 [*Psalm 119-125]

Nr. 1: Die sleutel tot ware geluk (w97-AF 10/15 bl. 5-7)

Nr. 2: Levitikus 6:1-13

Nr. 3: Die skadelike gevolge van alkoholisme (fy-AF bl. 142-3 par. 1-4)

Nr. 4: Pilatus—Tema: Om voor die skare te swig, bring verantwoordelikheid mee

9 Aug. Skrifgedeelte: Levitikus 8-10

Lied 210 [*Psalm 126-143]

Nr. 1: Onderskei die beginsel en toon sodoende volwassenheid (w97-AF 10/15 bl. 28-30)

Nr. 2: Levitikus 10:12-20

Nr. 3: Hoe om ’n gesinslid te help wat ’n alkoholis is (fy-AF bl. 143-6 par. 5-13)

Nr. 4: Rabsake—Tema: God laat hom nie bespot nie

16 Aug. Skrifgedeelte: Levitikus 11-13

Lied 80 [*Psalm 144–Spreuke 5]

Nr. 1: Pas op vir “Epikureërs” (w97-AF 11/1 bl. 23-5)

Nr. 2: Levitikus 13:1-17

Nr. 3: Gesinsgeweld en maniere om dit te vermy (fy-AF bl. 147-9 par. 14-22)

Nr. 4: Ragel—Tema: Aanvaar die lewe se teëspoed sonder jaloesie of wanhoop

23 Aug. Skrifgedeelte: Levitikus 14-15

Lied 137 [*Spreuke 6-14]

Nr. 1: Dit is werklik die laaste dae (w97-AF 4/1 bl. 4-8)

Nr. 2: Levitikus 14:33-47

Nr. 3: Ragab—Tema: Geloof sonder werke is dood

Nr. 4: Is skeiding die antwoord? (fy-AF bl. 150-2 par. 23-6)

30 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Genesis 45–Levitikus 15

Lied 145 [*Spreuke 15-22]

6 Sept. Skrifgedeelte: Levitikus 16-18

Lied 222 [*Spreuke 23-31]

Nr. 1: Wanneer daar nie meer lyding sal wees nie (w97-AF 2/15 bl. 4-7)

Nr. 2: Levitikus 16:20-31

Nr. 3: Rebekka—Tema: Neem Jehovah in ag wanneer jy ’n maat kies

Nr. 4: Die skriftuurlike manier om huweliksprobleme te hanteer (fy-AF bl. 153-6 par. 1-9)

13 Sept. Skrifgedeelte: Levitikus 19-21

Lied 122 [*Prediker 1-12]

Nr. 1: Waarom asketisme nie die sleutel tot wysheid is nie (g97-AF 10/8 bl. 20-1)

Nr. 2: Levitikus 19:16-18, 26-37

Nr. 3: Rehabeam—Tema: Verwerp verwaandheid en slegte raad

Nr. 4: Kom die huweliksplig na (fy-AF bl. 156-8 par. 10-13)

20 Sept. Skrifgedeelte: Levitikus 22-24

Lied 8 [*Hooglied 1–Jesaja 5]

Nr. 1: Is dit altyd verkeerd om te kla? (w97-AF 12/1 bl. 29-31)

Nr. 2: Levitikus 23:15-25

Nr. 3: Ruben (Nr. 1)—Tema: Verkeerde dade kan blywende gevolge hê

Nr. 4: Die Bybelse grondslag vir egskeiding (fy-AF bl. 158-9 par. 14-16)

27 Sept. Skrifgedeelte: Levitikus 25-27

Lied 120 [*Jesaja 6-14]

Nr. 1: Levitikus—Waarom nuttig (si-AF bl. 28-30 par. 28-39)

Nr. 2: Levitikus 25:13-28

Nr. 3: Rut—Tema: Ware liefde is lojaal

Nr. 4: Wat die Skrif oor skeiding sê (fy-AF bl. 160-2 par. 17-22)

4 Okt. Skrifgedeelte: Numeri 1-3

Lied 30 [*Jesaja 15-25]

Nr. 1: Inleiding tot Numeri (si-AF bl. 30-1 par. 1-10)

Nr. 2: Numeri 1:44-54

Nr. 3: Word saam ouer (fy-AF bl. 163-5 par. 1-9)

Nr. 4: Salome (Nr. 1)—Tema: Dien Jehovah met beskeidenheid

11 Okt. Skrifgedeelte: Numeri 4-6

Lied 97 [*Jesaja 26-33]

Nr. 1: Jehovah heers met medelye (w97-AF 12/15 bl. 28-9)

Nr. 2: Numeri 4:17-33

Nr. 3: Versterk julle huweliksband opnuut (fy-AF bl. 166-7 par. 10-13)

Nr. 4: Simson—Tema: Bewaar jou kosbare verhouding met Jehovah

18 Okt. Skrifgedeelte: Numeri 7-9

Lied 96 [*Jesaja 34-41]

Nr. 1: Waar ware geluk gevind kan word (w97-AF 3/15 bl. 23)

Nr. 2: Numeri 9:1-14

Nr. 3: Skep behae in julle kleinkinders en pas aan namate julle ouer word (fy-AF bl. 168-70 par. 14-19)

Nr. 4: Samuel—Tema: Dien God van jou jeug af

25 Okt. Skrifgedeelte: Numeri 10-12

Lied 125 [*Jesaja 42-49]

Nr. 1: Jehovah is besorg oor dié wat beproewing verduur (w97-AF 4/15 bl. 4-7)

Nr. 2: Numeri 10:11-13, 29-36

Nr. 3: Hoe om die dood van jou huweliksmaat te verwerk (fy-AF bl. 170-2 par. 20-5)

Nr. 4: Saffira—Tema: Moenie enige deel aan bedrog hê nie

1 Nov. Skrifgedeelte: Numeri 13-15

Lied 64 [*Jesaja 50-58]

Nr. 1: Waarom wonderwerke as sodanig nie geloof voortbring nie (w97-AF 3/15 bl. 4-7)

Nr. 2: Numeri 14:13-25

Nr. 3: Sara—Tema: ’n Godvresende vrou is iets kosbaars

Nr. 4: Maniere waarop ’n Christen sy bejaarde ouers kan eer (fy-AF bl. 173-5 par. 1-5)

8 Nov. Skrifgedeelte: Numeri 16-19

Lied 78 [*Jesaja 59-66]

Nr. 1: Waarom armoede dit nie regverdig dat ’n mens steel nie (g97-AF 11/8 bl. 18-19)

Nr. 2: Numeri 18:1-14

Nr. 3: Toon liefde en empatie (fy-AF bl. 175-8 par. 6-14)

Nr. 4: Saul (Nr. 1)—Tema: Die vernietigende krag van jaloesie en verwaandheid

15 Nov. Skrifgedeelte: Numeri 20-22

Lied 46 [*Jeremia 1-6]

Nr. 1: Hoe die Bybel ons bereik het—Deel 1 (w97-AF 8/15 bl. 8-11)

Nr. 2: Numeri 20:14-26

Nr. 3: Vertrou altyd op Jehovah vir krag (fy-AF bl. 179-82 par. 15-21)

Nr. 4: Sanherib—Tema: Jehovah verlos sy volk

22 Nov. Skrifgedeelte: Numeri 23-26

Lied 59 [*Jeremia 7-13]

Nr. 1: Hoe die Bybel ons bereik het—Deel 2 (w97-AF 9/15 bl. 25-9)

Nr. 2: Numeri 23:1-12

Nr. 3: Kweek godvrugtige toegewydheid en selfbeheersing aan (fy-AF bl. 183-4 par. 1-5)

Nr. 4: Sadrag—Tema: Bly vlekkeloos in ’n goddelose wêreld

29 Nov. Skrifgedeelte: Numeri 27-30

Lied 180 [*Jeremia 14-21]

Nr. 1: Hoe die Bybel ons bereik het—Deel 3 (w97-AF 10/15 bl. 8-12)

Nr. 2: Numeri 27:1-11

Nr. 3: Die behoorlike beskouing van hoofskap (fy-AF bl. 185-6 par. 6-9)

Nr. 4: Seba (Nr. 4)—Tema: Kwaadstokers maai wat hulle saai

6 Des. Skrifgedeelte: Numeri 31-32

Lied 170 [*Jeremia 22-28]

Nr. 1: Die oorsprong van die hedendaagse Kersfees (w97-AF 12/15 bl. 4-7)

Nr. 2: Numeri 31:13-24

Nr. 3: Die belangrike rol van liefde in die gesin (fy-AF bl. 186-7 par. 10-12)

Nr. 4: Sigem (Nr. 1)—Tema: Die gevolge van geslags- onsedelikheid kan vernietigend wees

13 Des. Skrifgedeelte: Numeri 33-36

Lied 51 [*Jeremia 29-34]

Nr. 1: Numeri—Waarom nuttig (si-AF bl. 34-5 par. 32-8)

Nr. 2: Numeri 36:1-13

Nr. 3: Simeï (Nr. 12)—Tema: Gehoorsaamheid kan jou lewe red

Nr. 4: Doen God se wil as ’n gesin (fy-AF bl. 188-9 par. 13-15)

20 Des. Skrifgedeelte: Deuteronomium 1-3

Lied 159 [*Jeremia 35-41]

Nr. 1: Inleiding tot Deuteronomium (si-AF bl. 36-7 par. 1-9)

Nr. 2: Deuteronomium 2:1-15

Nr. 3: Simeon (Nr. 1)—Tema: Onbeteuelde woede bring oneer en droefheid mee

Nr. 4: Die gesin en jou toekoms (fy-AF bl. 190-1 par. 16-18)

27 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Levitikus 16;– Deuteronomium 3

Lied 192 [*Jeremia 42-48]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel