Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Jehovah se seën maak ons ryk.” Die inleiding moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.—Sien Insight, Deel 2, bladsy 804, paragrawe 6-7.
20 min: “Gebruik aktuele sake om belangstelling te wek.” Gehoorbespreking en demonstrasies. Meld verskeie aktuele sake wat plaaslik belangstelling gewek het. Tot watter bekommernisse oor die toekoms het dit gelei? Gebruik die Redenering-boek, bladsye 9-10, en gee ’n paar wenke oor hoe om ’n inleiding voor te berei wat tot ’n Bybelbespreking sal lei. Hou twee praktiese, goed voorbereide demonstrasies.
Lied 224 en slotgebed.
Week wat begin met 18 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Kondig velddiensreëlings vir 25 September aan. Bespreking deur diensopsiener oor reëlings vir ontoegekende gebied in Oktober, wat die laaste maand van die kampanje is. Moedig almal aan om ’n volle deelname te hê.
15 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Toespraak deur die diensopsiener. Hersien glanspunte van die gemeentelike rapport vir die 2000-diensjaar. Gee erkenning vir die goeie dinge wat bereik is. Meld gebiede waar verbetering dalk nodig is. Vestig die aandag op die gemeente se pogings om vergaderinge by te woon, Bybelstudies te begin en te hou en gereeld aan die velddiens deel te neem. Sit praktiese doelwitte vir die komende jaar uiteen.
20 min: “Lewens is op die spel!” Gehoorbespreking. Beklemtoon die teksverwysings in die artikel.
Lied 30 en slotgebed.
Week wat begin met 25 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Hersien Vraebus.
15 min: Plaaslike behoeftes.
15 min: Ons tydskrifte verloor nie hulle waarde nie. Wat doen jy wanneer ouer nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! begin ophoop? Sommige verkondigers is geneig om dit weg te gooi en te dink dat die onderwerpe nie meer van toepassing is nie. Ons Koninkryksbediening vir September 1993, bladsy 3, het ons aangemoedig om eerder van die ouer nommers byderhand te hou en dit aan te bied wanneer dit gepas is. Jy kan tydige artikels uitkies waarin mans, vroue, professionele mense, bejaardes en tieners dalk sal belangstel; wees dan gereed om die tydskrifte aan te bied wanneer die geleentheid hom voordoen. Demonstreer hoe artikels gekies en aangebied kan word. Meld ondervindinge van verkondigers wat ouer tydskrifte met welslae versprei het.
Lied 115 en slotgebed.
Week wat begin met 2 Oktober
15 min: Plaaslike aankondigings. Stel gemeente in kennis van die spesiale verspreiding wat vir Koninkryksnuus Nr. 36 beplan word, wat op Maandag, 16 Oktober, sal begin en tot Vrydag, 17 November, sal duur. Moedig almal aan, ook die jonges en nuwelinge, om ’n volle deelname te hê. Boekstudiehouers moet nou begin om almal in hulle groep aan te moedig en te organiseer om so ywerig as moontlik daaraan deel te neem. Sluit opbouende ondervindinge in van die vorige keer toe die Koninkryksnuus versprei is.
20 min: “Herinneringe oor die vereenvoudigde reëling vir lektuurverspreiding.” Vrae-en-antwoord-bespreking deur presiderende opsiener. Pas plaaslik toe deur gemeente oor probleemgebiede in te lig. Spreek waardering uit vir die ondersteuning wat die plaaslike gemeente aan die Genootskap se wêreldwye werk gee.
10 min: Ondervindinge wat toon hoe gesprekke begin kan word. In die Diensvergaderingprogram vir die week van 11 September is daar voorgestel dat ons inleidings saamstel oor aktuele sake om belangstelling te wek en gesprekke in die bediening te begin. Nooi die gehoor om te vertel van die goeie resultate wat hulle sover geniet het omdat hulle hierdie wenke toegepas het.
Lied 205 en slotgebed.