Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Laat julle lig . . . skyn.”a Sluit kommentare uit Die Wagtoring van 1 Junie 1997, bladsy 15, paragrawe 12-13, in. Moedig almal aan om by elke geleentheid te getuig.
20 min: “Wees ’n goeie luisteraar.” Toespraak en gehoorbespreking. Hersien punte uit die Skoolhandleiding, bladsye 27-8, paragrawe 15-17. Die beste manier om ons luistergewoontes te toets, is om te kyk hoeveel ons kan onthou. Nooi gehoor om ’n paar uitstaande punte te noem wat die studente in vanaand se Teokratiese Bedieningskool gedek het.
Lied 1 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Ondersoek jy die Skrif elke dag? Toespraak en onderhoude. Bespreek Die Wagtoring van 15 Desember 1996, bladsye 17-18, paragrawe 12-14, wat beklemtoon hoe verstandig dit is om ’n gesinsbespreking van die dagteks te hê. Voer ’n onderhoud met gesinslede wat elk ’n onlangse bespreking van die dagteks onthou wat veral nuttig was en laat hulle verduidelik waarom. Beklemtoon dat dit ’n deel van ’n gereelde program vir gesinstudie moet wees wat bedoel is om ons gesin te versterk en bedrywig in die bediening te hou.
Lied 67 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Januarie
7 min: Plaaslike aankondigings.
18 min: Hoe om inleidings voor te berei. Toespraak en demonstrasies. Hersien hoofpunte in die Redenering-boek, bladsy 9. Toon hoe ons inleidings kan kies wat die beste by ons styl, persoonlikheid en gebied sal pas. Hersien ’n paar inleidings wat met die Vereis-brosjure gebruik kan word, en laat een of twee van hulle gedemonstreer word. (Sien Ons Koninkryksbediening vir April 1997, bladsy 10.) Moedig almal aan om in hulle velddiensbedrywighede goed gebruik te maak van die wenke in die Redenering-boek en in Ons Koninkryksbediening.
20 min: “Ouers—Prent nuttige gewoontes by julle kinders in.” Toespraak en onderhoud met ouers wie se kinders geestelik goed doen. Die ouers lewer kommentaar oor die positiewe dinge wat hulle gedoen het om hulle kinders by die veldbediening te betrek. Na gelang van die tyd kan jy wenke uit die Gesinsgeluk-boek, bladsye 55-9, meld.
Lied 96 en slotgebed.
Week wat begin met 29 Januarie
7 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Januarie in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Februarie en vestig die aandag op die boeke wat die gemeente in voorraad het.
13 min: Leer ken die Skepper beter. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Junie 1999, bladsye 24-6, wat afwagting skep vir die gemeentelike studie van die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? Moedig jongmense aan om aan die weeklikse bespreking van die boekstudie deel te neem. Almal moet dit gereeld bywoon en gretig wees om soveel moontlik oor ons Grootse Skepper te leer.
25 min: Liefdevolle voorsiening vir ons gesondheidsorg. Toespraak deur bekwame ouer man, gebaseer op die Genootskap se brief en skets van 1 Desember 2000. Beklemtoon dat die beste wetlike beskerming teen ongewenste oortappings verkry word deur die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Hierdie dokument sal na afloop van vanaand se vergadering aan gedoopte verkondigers beskikbaar gestel word, maar dit moet NIE vanaand ingevul word nie. Die gemeente moet genoeg kaarte in voorraad hê. Al die kaarte sal na afloop van die volgende Gemeentelike Boekstudie deur die verkondigers en dié wat as getuies optree, geteken en gedateer word, en die boekstudiehouer moet, indien nodig, hulp verleen. Maak seker dat die kaarte volledig ingevul is voordat julle dit teken. Diegene wat as getuies teken, moet self sien dat die kaarthouer die dokument teken. Boekstudiehouers moet seker maak dat almal in hulle groep die nodige hulp ontvang om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Ouers kan “Identity”-kaarte vir hulle kinders na afloop van hierdie vergadering kry. Ongedoopte verkondigers kan self vir hulle en hulle kinders ’n dokument opstel deur besonderhede van hierdie kaarte by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas.
Lied 149 en slotgebed.
Week wat begin met 5 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: “Wees ’n gelukkige dader.”b Toon wat tot ons vreugde in God se diens bydra, soos in die Insight-boek, Deel 2, bladsy 120, paragrawe 6-8, uiteengesit word.
20 min: Jy kan heilsame vermaak vind. Gesin bespreek raad in die Ontwaak! van 22 Mei 1997. Vader is besorg oor die gesin se keuses van ontspanning. Nadat hulle kortliks “Wat het met vermaak gebeur?” (bladsye 4-7) hersien het, bespreek hulle soorte vermaak wat heilsaam en voordelig kan wees. Bespreek materiaal in Ons Bediening-boek, bladsye 131-2, onder “Ontspanning”, en bladsye 134-6, onder “Doen alle dinge tot verheerliking van God”. Beklemtoon ouers se rol om die leiding te neem en dat gesinslede tot voordeel van die hele gesin moet saamwerk.
Lied 190 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.