Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/01 bl. 1
  • Wees ’n goeie luisteraar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees ’n goeie luisteraar
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Skenk aandag aan hoe jy luister’
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Help kinders om groter voordeel uit vergaderinge te trek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Hoe Jehovah ons lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Vergaderinge is voordelig vir ons kinders
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 1/01 bl. 1

Wees ’n goeie luisteraar

1 Dit verg dissipline om aandagtig te luister. Dit vereis ook ’n begeerte aan die kant van die luisteraar om te leer en baat te vind by wat hy hoor. Jesus het gevolglik beklemtoon hoe belangrik dit is om ‘aandag te skenk aan hoe ons luister’.—Luk. 8:18.

2 Dit is veral van toepassing wanneer ons gemeentelike vergaderinge sowel as kring- en streekbyeenkomste bywoon. Dit is geleenthede wanneer ons aandagtig moet luister (Heb. 2:1). Hier is ’n paar punte wat jou sal help om ’n goeie luisteraar by hierdie Christelike samekomste te wees.

◼ Ons moet besef van watter waarde die vergaderinge is. Dit is ’n belangrike manier waarop ons, deur middel van “die getroue bestuurder”, “deur Jehovah geleer word”.—Jes. 54:13, NW; Luk. 12:42.

◼ Berei voor. Hersien die materiaal wat bespreek gaan word, en maak seker dat jy jou Bybel saamneem, asook jou persoonlike eksemplaar van die publikasie wat studeer gaan word.

◼ Wend ’n spesiale poging aan om gedurende die vergaderinge te konsentreer. Moenie met diegene gesels wat by jou sit nie, en jy moet ook nie kyk wat ander in die gehoor doen nie. Probeer om nie jou gedagtes te laat afdwaal deur te dink aan wat jy ná die vergadering gaan doen of aan ander persoonlike sake nie.

◼ Ontleed wat aangebied word. Vra jou af: ‘Hoe is dit op my van toepassing? Wanneer gaan ek dit toepas?’

◼ Maak kort aantekeninge van hoofpunte en tekste. Dit sal jou help om jou gedagtes te bepaal by wat bespreek word en sleutelgedagtes te onthou wat jy later kan gebruik.

3 Leer jou kinders om te luister: Kinders het geestelike onderrigting nodig (Deut. 31:12). In die ou tyd moes almal onder God se volk wat “met verstand kon luister”, aandag skenk terwyl die Wet aan hulle voorgelees is (Neh. 8:2-4). As ouers aan die vergaderinge deelneem en aandagtig luister, sal hulle kinders waarskynlik dieselfde doen. Dit is onverstandig om speelgoed en inkleurboeke saam te bring om kinders besig te hou. Hulle kan ook nie aandagtig luister as hulle onnodig na die toilet toe gaan nie. Aangesien “die sotheid vassit in die hart van die seun”, moet ouers hard probeer om toe te sien dat hulle kinders by die vergaderinge stilsit en luister.—Spr. 22:15.

4 Deur goeie luisteraars te wees, toon ons dat ons waarlik verstandig is en dat ons ons “insig [wil] vermeerder”.—Spr. 1:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel