Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/05 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Februarie
  • Week wat begin met 21 Februarie
  • Week wat begin met 28 Februarie
  • Week wat begin met 7 Maart
Ons Koninkryksbediening—2005
km 2/05 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Februarie

Lied 174

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Februarie en die Ontwaak! van 22 Februarie aangebied kan word. Bespreek kortliks hoe die voorgestelde aanbiedings by die behoeftes van die plaaslike gebied aangepas kan word.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bladsy 8.

35 min: “Die Gedenkmaalseisoen—’n Tyd om meer te doen.”a Moet deur die diensopsiener behartig word. Wanneer paragraaf 6 bespreek word, moet kommentare uit die Ontwaak! van 8 September 2004, bladsye 12-13, ingesluit word. Meld wie as hulppioniers sal dien. Gee ’n oorsig van die bykomende velddiensvergaderinge wat gereël is. Spoor almal aan om tydens hierdie Gedenkmaalseisoen op die een of ander manier meer te doen op geestelike gebied.

Lied 14 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Februarie

Lied 31

5 min: Plaaslike aankondigings.

40 min: “Die streekbyeenkoms spoor ons aan om met God te wandel.” Moet deur ’n ouer man behartig word. Ná ’n inleiding van hoogstens ’n minuut moet ’n gehoorbespreking van die byeenkomsprogram gehou word met behulp van die vrae in die artikel. Deel die tyd in sodat al die vrae behoorlik gedek kan word; net een antwoord op sekere vrae is moontlik voldoende. Nie al die teksverwysings kan in die toegewese tyd gelees word nie; dit is ingesluit sodat die antwoorde makliker gevind kan word. Kommentare moet die aandag vestig op die voordele wat dit inhou as ons toepas wat ons geleer het.

Lied 21 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Februarie

Lied 42

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Maart en die Ontwaak! van 8 Maart aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Aan die einde van een van die aanbiedings moet die verkondiger die agterblad van die Ontwaak! van 8 Maart gebruik om die huisbewoner na die Gedenkmaal te nooi.

20 min: “Dank Jehovah vir sy liefderyke goedhartigheid.”b Meld wanneer en waar die Gedenkmaal gehou sal word sowel as die naam van die spreker en enige ander besonderhede wat van belang is. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet ’n verkondiger kortliks demonstreer hoe hy iemand op sy tydskrifroete na die Gedenkmaal nooi. Die gedrukte Gedenkmaaluitnodigings moet ná die vergadering beskikbaar gestel word, as dit nie reeds gedoen is nie.

15 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 6.”c Sluit ’n demonstrasie van vier minute in waarin ’n Bybelstudent vra waarom so min mense by die Gedenkmaal die brood en wyn gebruik. Die studiehouer prys hom oor sy vraag, skryf dit neer en stel voor dat hulle dit bespreek nadat hulle deur die studiemateriaal vir die week gegaan het. Ná die studie wys die studiehouer die student die inligting onder die vraag “Wie moet die brood en die wyn gebruik?” op bladsy 142 van die Redenering-boek. Hulle lees dit saam, en die student spreek waardering uit vir die duidelike antwoord op die vraag wat hy gevra het.

Lied 72 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Maart

Lied 12

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien hoofgedagtes in die venster “Gedenkmaalherinneringe”.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: Toon besorgdheid oor die swakkes (Hand. 20:35). Ná ’n inleiding van hoogstens een minuut moet ’n vraag-en-antwoord-bespreking van Die Wagtoring van 1 Julie 2004, bladsye 17-18, paragrawe 12-16, gehou word soos tydens die Wagtoring-studie. ’n Broer wat goed kan lees, moet die paragrawe lees. Gee besondere aandag aan hoe die inligting in verband met die komende Gedenkmaal en spesiale toespraak toegepas kan word.

Lied 192 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel