Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/05 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 8 Augustus
  • Week wat begin met 15 Augustus
  • Week wat begin met 22 Augustus
  • Week wat begin met 29 Augustus
  • Week wat begin met 5 September
Ons Koninkryksbediening—2005
km 8/05 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 8 Augustus

Lied 125

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner verkondigers aan die datums van die kringbyeenkoms en spesiale byeenkomsdag vir die 2006-diensjaar as dit bekend is. Demonstreer een of twee van die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 2005 wat ons kan gebruik wanneer ons herbesoeke doen by mense wat brosjures geneem het.

10 min: “Kan jy dien waar daar hulp nodig is?” Geesdriftige toespraak deur diensgeoriënteerde ouer man, wat gehoor aanmoedig om hulle omstandighede realisties te ondersoek om te sien of hulle hierdie uitnodiging kan aanvaar. Hersien ook gedagtes in die Georganiseer-boek, bladsye 111-12.

25 min: “Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!”a Reël voor die tyd dat een of twee gewone pioniers kommentaar lewer oor die aanpassings wat hulle gemaak het om te kan pionier en die seëninge wat hulle as gevolg daarvan geniet.

Lied 197 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Augustus

Lied 11

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Augustus en die Ontwaak! van 22 Augustus aangebied kan word. Demonstreer hoe ’n ouer man en ’n verkondiger wat gesondheidsprobleme het, telefoongetuieniswerk doen.

15 min: Onthou jy? Gehoorbespreking wat op Die Wagtoring van 15 April 2005, bladsy 30, gebaseer is. Nooi gehoor om elke vraag te beantwoord. Beklemtoon die praktiese waarde van die inligting. Moedig almal aan om elke nommer van Die Wagtoring en Ontwaak! sorgvuldig te lees.

20 min: “Begin Bybelstudies by die deur en oor die telefoon.”b Sluit ’n kort demonstrasie in wat toon hoe ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek begin kan word deur net een of twee paragrawe in die Vereis-brosjure te gebruik. Vertel kortliks een of twee aanmoedigende ondervindinge oor hoe studies oor die telefoon begin is.

Lied 30 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Augustus

Lied 161

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Vanjaar neem meer gemeentes aan die ontoegekendegebied-kampanje deel. Doen verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor die reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers oor die sukses wat hulle tot dusver gehad het.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Die Koninkrykspredikingswerk—’n kosbare voorreg.”c Wanneer jy paragraaf 4 bespreek, hersien die spesiale voorsiening dat diegene wat weens bejaardheid of gesondheidsprobleme baie beperk is, velddiens in eenhede van 15 minute kan rapporteer.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2002, bl. 12, par. 6.

Lied 204 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Augustus

Lied 45

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Augustus stiptelik in te gee. Ons wil probeer om in Augustus nog ’n nuwe verkondigerhoogtepunt te bereik. Al die boekstudieopsieners moet almal in hulle groep nader om seker te maak dat die hele rapport teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook sorg dat enige laat rapporte vir die diensjaar vir die sekretaris gegee word. Dit sal dalk help as die sekretaris voor die tyd ’n lys van al die laat rapporte kan opstel en dit vir elke boekstudieopsiener kan gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van 8 September aangebied kan word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe ’n herbesoek by iemand op ’n tydskrifroete gedoen kan word.

15 min: “’n Getuienis sonder woorde.”d Nooi gekose verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe hulle gehelp is om knegte van Jehovah te word omdat hulle die goeie gedrag van God se volk gesien het.

20 min: Gebruik die Bybel tydens die eerste besoek. Toespraak en gehoorbespreking. Hersien wenke in Ons Koninkryksbediening vir September 2004, bladsy 4, paragraaf 2, oor hoe om tydens die eerste besoek die aandag op God se Woord te vestig. Demonstreer hoe een of twee van die voorgestelde aanbiedings saam met die lektuuraanbod vir September gebruik kan word. Wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005 oor hoe om die aanbod te doen, kan ook na gelang van die tyd bespreek en gedemonstreer word.

Lied 71 en slotgebed.

Week wat begin met 5 September

Lied 98

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 12.”e Reël voor die tyd dat een of twee verkondigers kommentaar lewer oor wat hulle gehelp het om te verbeter in hulle vermoë om Bybelstudies te begin en te hou.

20 min: Reëlings om die bejaardes te help. Toespraak deur ’n ouer man, wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Augustus 1993, bladsye 28-9, onder die onderhofie “Beplanning is noodsaaklik”. Meld reëlings wat in die gemeente getref is om siekes en bejaardes te help.

Lied 164 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel