Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/06 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 Maart
  • Week wat begin met 20 Maart
  • Week wat begin met 27 Maart
  • Week wat begin met 3 April
Ons Koninkryksbediening—2006
km 3/06 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 13 Maart

Lied 41

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Maart en die Ontwaak! van Maart aangebied kan word. Aan die einde van elke aanbieding moet die verkondiger die agterblad van die tydskrif gebruik om die huisbewoner na die Gedenkmaal te nooi.

15 min: “Help ander om by die losprys baat te vind.”a Die volgende deel sal verder bespreek hoe ons bladsye 206-8 van die Leer Bybel-boek kan gebruik wanneer ons mense na die Gedenkmaal nooi.

20 min: Die Here se Aandmaal—’n Viering wat God eer. Vraag-en-antwoord-bespreking wat op bladsye 206-8 van die Leer Bybel-boek gebaseer is. Toon in ’n inleiding wat korter as ’n minuut is, hoe ’n mens met ’n huisbewoner oor die onderwerp kan begin praat deur die eerste paragraaf te lees. Nooi dan die gehoor om oor die volgende vrae kommentaar te lewer sonder dat die paragrawe gelees word: (par. 2) Wanneer het Jesus die Herdenking van sy dood ingestel? (par. 3) Hoe dikwels moet die Here se Aandmaal gevier word? (par. 4) Hoe beskryf die Bybel die Gedenkmaalviering? (par. 5) Hoe weet ons dat Jesus nie die brood in sy letterlike vlees en die wyn in sy bloed verander het nie? (par. 6) Wat beeld die ongesuurde brood af? (par. 7) Wat stel die rooi wyn voor? (par. 8) Slegs wie moet van die brood en die wyn gebruik? (par. 9) Wanneer word die Gedenkmaal elke jaar gehou, en waarom moet ons dit bywoon? Vestig die aandag op sleuteltekste na gelang van die tyd. Spoor almal aan om hierdie inligting te bespreek met Bybelstudente en ander wat hulle na die Gedenkmaal nooi, deur die paragrawe te lees, die hoofgedagtes te bespreek en eenvoudige vrae te vra, soos dié wat in hierdie deel voorsien word.

Lied 134 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Maart

Lied 18

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Hersien hoofgedagtes in die venster “Gedenkmaalherinneringe”.

23 min: Christus se rol in God se reëling. ’n Toespraak wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, bladsye 10-13. Wanneer die eerste twee paragrawe onder die onderhofie “Wat Christus se rol is” bespreek word, moet drie of vier minute gebruik word om wenke te gee oor hoe die Gedenkmaaluitnodiging gebruik kan word en dit te demonstreer. Hersien wenke in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 2006, bladsy 3, paragraaf 3.

12 min: Word versterk deur die Skrif elke dag te ondersoek. Toespraak en demonstrasie wat op die voorwoord van Ondersoek die Skrif elke dag—2006 gebaseer is. Reël ’n demonstrasie waarin ’n gesin vandag se teks en kommentaar bespreek.

Lied 103 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Maart

Lied 44

15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Maart in te gee. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 April en die Ontwaak! van April aangebied kan word. Wys ook hoe die gedrukte uitnodiging gebruik kan word om belangstellendes na die Gedenkmaal te nooi.

10 min: Is God nog in beheer? Toespraak en demonstrasie wat op die agterblad van Die Wagtoring van 1 April 2006 gebaseer is. Maak van elke geleentheid gebruik om mense na die spesiale openbare toespraak te nooi. Maak seker dat jy elke Bybelstudent nooi sowel as sy gesinslede wat dalk nie tydens die Bybelstudie bysit nie. Al die belangstellendes wat ons ken en ander wat ons in die velddiens ontmoet, moet hierdie spesiale uitnodiging kry. Demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 April gebruik kan word wanneer ons iemand uitnooi wat onbedrywig geword het of opgehou het om vergaderinge by te woon.

20 min: “Leer sagmoediges om in God se weg te wandel.”b Lewer kommentaar oor Die Wagtoring van 1 Julie 2004, bladsy 16, paragraaf 9.

Lied 170 en slotgebed.

Week wat begin met 3 April

Lied 199

15 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks die artikel “Geniet ons studie van Wat leer die Bybel werklik?” Vestig die aandag op die studierooster vir die Leer Bybel-boek. Wys ook hoe die gedrukte uitnodiging gebruik kan word om belangstellendes na die Gedenkmaal te nooi.

10 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: Leer ken ons nuwe onderrigmiddel. Toespraak en gehoorbespreking. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor die kenmerke van die Leer Bybel-boek wat hulle waardeer, soos die vrae aan die begin en die hersieningsvenster wat die hoofgedagtes van elke hoofstuk beklemtoon (bl. 106, 114); die visuele hulpmiddele (bl. 122-3, 147, 198) en die aanhangsel (bl. 197, par. 1-2). Die toon van die boek is hartlik en roerend (bl. 12, par. 12). Dit gee eenvoudige, verstaanbare verduidelikings (bl. 58, par. 5) en gebruik doeltreffende illustrasies (bl. 159, par. 12). Die voorwoord is bedoel om ons te help om Bybelstudies te begin (bl. 3-7). Demonstreer hoe die venster op bladsy 7 by ’n nuwe Bybelstudent gebruik kan word. Vertel ondervindinge wat verkondigers gehad het toe hulle die nuwe boek gebruik het.

Lied 93 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel