Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 12 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Februarie en die Ontwaak! van Februarie aangebied kan word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die potensiële gesprekdemper “Ek stel nie in godsdiens belang nie” oorkom kan word.—Sien Redenering-boek, bl. 17.
35 min: “Maak die voortreflikhede van Jehovah alom bekend.”a Moet deur die diensopsiener behartig word. Meld op gepaste plekke tydens die bespreking wanneer en waar die Gedenkmaal gehou sal word, watter reëlings vir bykomende velddiensvergaderinge getref is en wat die gemeente se doelwit vir hulppioniers in April is.
Lied 147 en slotgebed.
Week wat begin met 19 Februarie
5 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Volg die Groot Leermeester na wanneer jy die Leer Bybel-boek gebruik.”b Wanneer paragraaf 6 bespreek word, moet ’n kort demonstrasie gehou word wat toon hoe ’n verkondiger die venster aan die einde van hoofstuk 6 in die Leer Bybel-boek gebruik om die hoofstuk met sy student te hersien.
20 min: Kan jy in Maart ’n Bybelstudie begin? Gehoorbespreking. Gedurende die eerste helfte van Maart sal ons die Leer Bybel-boek aanbied met die doel om Bybelstudies te begin. Hersien die wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 2006, bladsye 3-5. Gebruik een van die wenke op bladsy 5 of ’n ander aanbieding wat vir julle gebied gepas is, en demonstreer hoe om ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek te begin. Nooi die gehoor om uitsonderlike ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle die boek gebruik het, veral oor Bybelstudies wat begin is.
Lied 220 en slotgebed.
Week wat begin met 26 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Maart en die Ontwaak! van Maart aangebied kan word. In een van die aanbiedings moet ’n verkondiger in sakegebied werk. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Februarie in te gee.
15 min: “Moenie die onbedrywiges vergeet nie.”c Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1 Mei 2004, bladsye 21-2, paragrawe 13-16.
20 min: “Volg Christus na in jou bediening.”d Nooi die gehoor om, na gelang van die tyd, die teksverwysings te lees en daaroor kommentaar te lewer.
Lied 18 en slotgebed.
Week wat begin met 5 Maart
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Gee ’n eksemplaar van die spesiale Gedenkmaaluitnodiging aan elkeen in die gehoor, en hersien plaaslike reëlings om dit in die gebied te versprei. Spoor almal aan om ’n volle aandeel daaraan te hê. Sluit ’n demonstrasie in wat toon hoe die uitnodiging gebruik kan word.
15 min: Verkondig die goeie nuus op ’n ordelike wyse. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, van die onderhofie op bladsy 102 tot die einde van die hoofstuk.
15 min: “Toevertrou met ’n skat.”e Nooi die gehoor om, na gelang van die tyd, kommentaar te lewer oor die teksverwysings.
Lied 104 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.