Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 29 Augustus 2011, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
1. Hoe is God se liefderyke goedhartigheid ‘beter as die lewe’? (Ps. 63:3). [w01 10/15 bl. 15 par. 17]
2. Wat openbaar Psalm 70 omtrent Dawid? [w08 9/15 bl. 4 par. 4]
3. Waarteen waarsku Psalm 75:5? [w06 7/15 bl. 11 par. 3]
4. Veral wanneer kan ons verwag dat Jehovah na ons gebede sal luister? (Ps. 79:9). [w06 7/15 bl. 12 par. 5]
5. Wat is die “verborge dinge” waarvan Psalm 90:7, 8 praat? [w01 11/15 bl. 12-13 par. 14-16]
6. Watter belangrike verantwoordelikheid is aan bejaardes in die gemeente gegee, soos Psalm 92:12-15 toon? [w04 5/15 bl. 13-14 par. 14-18]
7. Het die psalmis God se ewige voorneme met die aarde weerspreek toe hy die woorde in Psalm 102:25-27 neergeskryf het? (Gen. 1:28). [w08 4/1 bl. 12 par. 2]
8. Watter les in verband met ’n gebrek aan onderskeidingsvermoë word in Psalm 106:7 onder ons aandag gebring? [w95 9/1 bl. 19 par. 4–bl. 20 par. 2]
9. Wat verklaar Jehovah volgens Psalm 110:1, 4 met ’n eed teenoor die beloofde Saad, of Messias, en hoe sal dit tot seëninge vir die hele mensdom lei? [cl bl. 194 par. 13]
10. Watter uitwerking het dit op die psalmis gehad toe hy gepeins het oor die voordele wat sy diens aan God meegebring het? (Ps. 116:12, 14). [w09 7/15 bl. 29 par. 4-5]