Rooster vir die week van 10 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 10 MAART
Lied 1 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 4 ¶1-9 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Genesis 40-42 (10 min.)
Nr. 1: Genesis 41:1-16 (4 min. of minder)
Nr. 2: Hoe word die res van die dooies lewend op die aarde?—rs bl. 324 ¶4–bl. 325 ¶3 (5 min.)
Nr. 3: Abihu—Vernaamheid regverdig nie ongehoorsaamheid nie—it-1-E bl. 22, “Abihu”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
15 min: Gesinsaanbidding wat verkwik. Voer ’n onderhoud met ’n gesin in verband met hulle gesinsaanbidding. Wat doen hulle vir gesinsaanbidding? Hoe besluit hulle wat om te bespreek? Watter dele van jw.org het hulle al gebruik? Hoe het hulle program hulle in die bediening gehelp? Hoe verhoed hulle dat ander bedrywighede inbreuk maak op hulle rooster? Hoe het hulle baat gevind by hulle program van gesinsaanbidding?
15 min: “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om op potensiële gesprekdempers te reageer.” Bespreking. Bespreek twee of drie potensiële gesprekdempers wat verkondigers dalk sal teëkom, en nooi die gehoor om te sê hoe ons daarop kan reageer. Herinner die verkondigers daaraan dat hulle tydens die week van 7 April ondervindinge sal kan vertel.
Lied 97 en gebed