Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 6/8 bl. 3-5
  • Is goeie sedes aan die terugkeer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is goeie sedes aan die terugkeer?
  • Ontwaak!—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Terugkeer na goeie sedes?
  • Gebruike het verander—nie sedes nie
  • Het hulle ’n sedeles geleer?
  • Hoe kan ek voorkom dat ek vigs opdoen?
    Ontwaak!—1993
  • Vigs—Hoe gaan dit eindig?
    Ontwaak!—1992
  • Vigs—Loop ek gevaar?
    Ontwaak!—1993
  • VIGS—’n Krisis vir tieners
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 6/8 bl. 3-5

Is goeie sedes aan die terugkeer?

DIE huise is leeg. Bordjies adverteer dat hulle te huur is. Daardie huise in Hamburg, Duitsland, was eens deel van een van die wêreld se grootste prostitusiesentrums. Waarom is hulle verlate?

Om dieselfde rede as wat etlike gewilde vergaderplekke van San Francisco se homoseksuele verlate is. Dwarsdeur die Verenigde State het talle klubs en saunas vir homoseksuele die een na die ander hulle deure gesluit.

En wat was die hoofoorsaak van hierdie veranderinge? Die verspreiding van Vigs, die dodelike virus wat een van die skrikwekkendste plae van die 20ste eeu geword het.

Vigs het alreeds die lewe van tienduisende geëis. En as die huidige skattings akkuraat is, kan dit miljoene lewens in die nabye toekoms eis.

’n Terugkeer na goeie sedes?

In die sestiger- en sewentigerjare het die geslagsrevolusie talle Westerse lande getref. Vrye liefde is alom aanvaar. Die aantal buite-egtelike geboortes het toegeneem. Die ouderdom van diegene wat vir die eerste keer geslagsgemeenskap gehad het, was aansienlik laer. Miljoene het tradisionele norme in hulle lewe oorboord gegooi, en hulle het vinnig al hoe meer geword.

Waar dit van die heersende gees op daardie tydstip gepraat het, het die Kanadese tydskrif L’Actualité verklaar: “Die seksdaad het ’n soort aanvaarbare speletjie geword.” Terselfdertyd het homoseksualiteit weens die opkoms van bewegings wat vir homoseksuele se “regte” geveg het ’n belangrike geskil geword, en wette wat vantevore homoseksuele verhoudings verbied het, is gewysig.

Toe het Vigs op die wêreldtoneel verskyn. Namate al hoe meer aan hierdie hedendaagse plaag dood is en geen geneesmiddel gevind is nie, het mense se gesindheid teenoor geslagsgemeenskap drasties verander. Soos L’Actualité verduidelik het: “Weens Vigs het liefdespeletjies uiters gevaarlik geword.” Die Amerikaanse joernalis Ellen Goodman het kommentaar gelewer oor die verandering in gesindheid wat dit meegebring het: “Namate—nie as nie, maar namate—Vigs onder die bevolking versprei, sal ‘Nee’ ’n baie algemener antwoord op geslagsgemeenskap word.”

Gebruike het verander—nie sedes nie

Beteken dit dat ons ’n soort ontwaking aanskou wat ’n terugkeer tot goeie sedes meebring? Is dit ’n “herlewing van konserwatisme” of van “puritanisme”, soos die nuusmedia partymaal al beweer het?

Sommige gebruike het weens blote noodsaaklikheid verander, maar die basiese denkwyse het nie noodwendig verander nie. Daar kan byvoorbeeld beswaarlik gesê word dat die homoseksuele wat geslagsomgang met verskeie maats laat vaar en hulself tot ’n “monogame” verhouding beperk het, teruggekeer het tot goeie sedes. Wat sal boonop gebeur as ’n entstof teen Vigs ontdek word? Daar is rede om te glo dat baie weer sal begin om hulle vorige gebruike te beoefen en dat gespesialiseerde instellings hul deure sal heropen.

Veranderinge in gedrag, maar nie in die basiese denkwyse nie, kan ook in die heteroseksuele wêreld opgemerk word. Felice, ’n student aan die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles, VSA, is spyt dat sy nie meegemaak het aan die geslagsvryheid wat eens op die kampus hoogty gevier het nie. Sy het gesê: “Dit maak my ’n bietjie kwaad . . . Ek wens ek het die vryheid gehad om my eie besluite te neem.” En ’n Amerikaanse joernalis het verduidelik dat die vroeëre sedestandaarde nie sal terugkeer nie en gesê: “Al is die geslagsrevolusie dalk aan die afneem, is daar geen grootskaalse terugkeer tot die denkwyse van die veertiger- en vyftigerjare dat jy moet trou voor jy geslagsomgang kan hê nie.”

In Kanada het die tydskrif Maclean’s byvoorbeeld die volgende oor ’n staatsgeborgde opname onder kollegestudente berig: “Jong volwassenes is redelik goed ingelig omtrent seksueel oorgedraagde siektes, met inbegrip van Vigs, sifilis en gonorree. Maar daardie kennis het hulle klaarblyklik nie versigtiger gemaak nie. Die meeste studente wat ondervra is, het gesê dat hulle geslagsomgang het, maar hulle het erken dat hulle roekeloos nalaat om gedurende geslagsomgang die een voorbehoedmiddel te gebruik wat help om siekte te voorkom: ’n kondoom.”

Die verslag het ook gesê: “Baie gesondheidsowerhede sê hulle is bekommerd dat die boodskap, ondanks al die reklame omtrent veilige geslagsomgang, nie inslag vind by ’n seksueel aktiewe sektor van die bevolking nie.” Dr. Noni MacDonald van Ottawa, ’n spesialis in aansteeklike siektes, het gesê: “Die meeste voorligtings- en mediaveldtogte om die gebruik van die kondoom te bevorder, is hopelose mislukkings.”

Maclean’s het bygevoeg: “Die opname op 54 kampusse het aan die lig gebring dat driekwart van die studente reeds geslagsomgang gehad het. Ongeveer die helfte van die mans het beweer dat hulle vyf of meer maats gehad het, en ’n kwart het beweer dat hulle 10 of meer gehad het. Van die damestudente wat ondervra is, het 30 persent gesê dat hulle geslagsomgang met ten minste vyf maats gehad het; 12 persent het beweer dat hulle geslagsomgang met ten minste 10 mans gehad het. Kondome is egter selde gebruik. . . . Diegene wat die grootste gevaar geloop het, was die teësinnigste om kondome te gebruik.”

Het hulle ’n sedeles geleer?

Talle weier om ’n sedeles te leer uit wat tans gebeur. Sommige dokters skryf ’n verandering in gewoontes voor en beveel net een seksmaat en die gebruik van kondome aan om Vigs te voorkom. Maar hulle veroordeel nie onsedelike gedrag nie. Alan Dershowitz, ’n professor in die regte aan Harvard, is ’n tipiese voorbeeld van hierdie neiging wanneer hy voorstel dat navorsers nie die sedelike aspek van geslagsdade wat Vigs oordra, moet bevraagteken nie. Hy het gesê: “Wetenskaplikes moet optree asof die siekte deur neutrale gedrag oorgedra is.”

Maar die Franse nuustydskrif Le spectacle du monde meen dat dit nie genoeg is nie. Dit het gesê: “Geen beleid oor die stryd teen Vigs sal enige welslae behaal tensy dit met ’n skielike, wêreldwye en vrywillige terugkeer tot verhewe sedes gepaard gaan nie. (Ons moenie vergeet dat geslagspermissiwiteit, prostitusie en dwelmverslawing die vernaamste maatskaplike gedragspatrone is wat vir die verspreiding van hierdie siekte verantwoordelik is nie.) Hierdie terugkeer tot sedes kan net verwesenlik word as ’n nuwe kulturele milieu ontstaan. . . . Goeie sedes is nie die produk van enige eensydige ideologie nie. In die lig van die Vigsbedreiging moet dit vertolk word as ’n dringende biologiese noodsaaklikheid waarvan die oorlewing van die menseras afhang.”

Moet daar ’n terugkeer tot sedes wees omdat dit ’n “biologiese noodsaaklikheid” is? Moet die aanneming van ’n stelsel sedestandaarde net deur omstandighede bepaal word? Het alle etiese gedragsreëls dieselfde waarde? Kom ons kyk watter lesse die geskiedenis ons kan leer.

[Lokteks op bladsy 5]

‘DAAR IS GEEN GROOTSKAALSE TERUGKEER TOT DIE DENKWYSE VAN DIE VEERTIGER- EN VYFTIGERJARE DAT JY MOET TROU VOOR JY GESLAGSOMGANG KAN HÊ NIE’

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel