Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 4/22 bl. 27
  • Die koffiedilemma

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die koffiedilemma
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Kona-koffie—’n Genot vir die fynproewer
    Ontwaak!—2005
  • Koffie van gehalte—van die plant na jou koppie
    Ontwaak!—1999
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • ’n Boon wat ’n wêreldreisiger was
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 4/22 bl. 27

Die koffiedilemma

MEER as 1500 000 000 koppies per dag! Volgens ’n onlangse skatting is dit hoeveel koffie in die wêreld gedrink word. Hierdie ontsaglike verbruik duur steeds voort ondanks die feit dat wetenskaplikes koffiedrinkers jare lank al teen ’n feitlik oneindige lys gevare waarsku, van hartkwaal tot suikersiekte en selfs verskeie soorte kanker. Waarom het so min koffiedrinkers dan hul koppies eenkant toe geskuif en hierdie drankie laat staan?

Gedurende die afgelope 40 jaar het wetenskaplikes meer as vyfhonderd verslae gepubliseer oor die gevolge van koffiedrinkery. Maar tot dusver was hul gevolgtrekkings nie eintlik oortuigend nie. Waarom nie? Een rede is dat koffie nie so eenvoudig is soos dit lyk nie. ’n Koppie koffie kan tot vyfhonderd natuurlike chemikalieë bevat. Tog spits die meeste studies hulle slegs op een bestanddeel toe, naamlik die stimulant kafeïen.

Kafeïen kan by sommige mense slapeloosheid en geïrriteerdheid veroorsaak of dit kan konsentrasie moeilik maak. Maar wat van kanker? Die verbruikerstydskrif Which? berig: “Vir feitlik elke studie wat die moontlike verband [tussen kafeïen en kanker] toon, is daar ’n ander met teenstrydige bevindings.” Dit is dus nie verbasend dat ’n Londense koffie-ontleder berig dat daar onder die algemene publiek “hoegenaamd geen gesondheidsbeweging weg van koffie af is nie”. Daarbenewens weet baie mense dat tee, kakao en koladrankies ook kafeïen bevat. Trouens, die tydskrif Which? merk op dat “tee per gewig meer kafeïen bevat as koffie, maar dat ’n kleiner gewig gewoonlik gebruik word om ’n koppie tee te maak”.

Daar is nietemin ’n paar waarskuwings waarop ’n koffiedrinker moet ag slaan. The Times van Londen het onlangs hierdie bevinding uit ’n Nederlandse verslag aangehaal: “Koffie waarvan die kookwater en moer regstreeks gemeng word, kan cholesterolvlakke met 10 persent laat styg, teenoor filtreerkoffie of hoegenaamd geen koffie-inname nie.” Cholesterol is een welbekende oorsaak van hartkwaal. In ’n ander uitgawe het The Times ’n vername Britse voedingkundige aangehaal wat sê: ‘Gereelde koffiedrinkers behoort altyd ’n vars koppie koffie te drink en ’n gekookte brousel te vermy.’

As daar een ding oor koffie is waaroor die deskundiges saamstem, is dit matigheid. Dokters beveel oor die algemeen aan dat mense nie meer as ses koppies (of vier bekers) koffie per dag drink nie. Diegene met gesondheidsprobleme soos hart- of nierkwale of hoë bloeddruk moet minder as dit drink. En swanger vroue of vroue wat hul babas aan die bors voed, behoort nie meer as een koppie per dag te drink nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel