Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 10/22 bl. 3-4
  • Hulp vir die sterwendes in ons hedendaagse tyd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp vir die sterwendes in ons hedendaagse tyd
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Vertroos dié wat terminaal siek is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hoe moet terminale pasiënte versorg word?
    Ontwaak!—1991
  • Die beste hulp is beskikbaar!
    Ontwaak!—1991
  • Hospitale—Wanneer jy ’n pasiënt is
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 10/22 bl. 3-4

Hulp vir die sterwendes in ons hedendaagse tyd

DIE vrou, self ’n dokter, het kort gelede ’n baie pynlike ondervinding deurgemaak. Sy het gesien hoe haar 94-jarige ouma in die hospitaal se waakeenheid sterf ná ’n kankeroperasie wat “sy nooit wou gehad het nie”.

“My trane by haar begrafnis was nie omdat sy gesterf het nie, want my ouma het ’n lang, vol lewe gehad”, het die dokter geskryf. “Ek het gehuil oor die pyn wat sy verduur het en omdat haar wense nie nagekom is nie. Ek het gehuil oor my ma en haar broers en susters, oor hulle gevoel van verlies en frustrasie.”

Maar jy wonder miskien wat die kanse is om iemand wat so ernstig siek is te help. Hierdie dokter gaan voort:

“Ek het die meeste oor myself gehuil: oor die oorweldigende skuldgevoel wat ek gehad het omdat ek haar nie die pyn en vernedering kon spaar nie, en omdat ek as geneesheer so verskriklik onbevoeg gevoel het; nie in staat om te genees nie, nie in staat om lyding te verlig nie. Want tydens my opleiding is ek nooit geleer om die dood of sterfproses te aanvaar nie. Siekte was die vyand—wat voortdurend, en met elke moontlike hulpmiddel, bestry moes word. Die dood was ’n nederlaag, ’n mislukking; chroniese siekte was ’n voortdurende herinnering aan die geneesheer se magteloosheid. Ek kan die beeld van my oumatjie wat met vrees in haar oë na my staar terwyl sy aan ’n asemhalingstoestel in ’n waakeenheid gekoppel is tot vandag toe nie uit my gedagtes kry nie.”

Hierdie liefdevolle kleindogter het vaste gestalte gegee aan ’n komplekse etiese, regsgeneeskundige geskil waaroor daar nou in howe en hospitale oor die hele wêreld gedebatteer word: Wat is die beste behandeling vir diegene wat in ons tegnologies gevorderde tyd ongeneeslik siek is?

Sommige meen dat alles wat medies moontlik is, gedoen moet word vir elkeen wat siek is. Hierdie beskouing word deur die Association of American Physicians and Surgeons uitgespreek: “Die verpligting van die geneesheer teenoor die bewustelose, vegetatiewe of ontwikkelingsgestremde pasiënt hang nie af van die kanse op herstel nie. Die geneesheer moet altyd ten behoewe van die pasiënt se welsyn optree.” Dit beteken dat hy al die moontlike behandeling of mediese hulp sal gee. Dink jy dat dit altyd in die beste belang is van iemand wat ernstig siek is?

Vir baie mense klink daardie optrede beslis prysenswaardig. Tog het ondervinding in die tegnologies gevorderde geneeskunde in die laaste paar dekades aanleiding gegee tot ’n nuwe en teenstrydige beskouing. In ’n betekenisvolle verhandeling wat in 1984 uitgegee is, met die titel “Die geneesheer se verantwoordelikheid teenoor pasiënte wat ongeneeslik siek is”, het ’n paneel van tien ervare geneeshere tot dié gevolgtrekking gekom: “’n Afname in drastiese behandeling van die pasiënt wat ongeneeslik siek is, is raadsaam wanneer sulke behandeling slegs ’n moeilike en ongemaklike sterfproses sal verleng.” Vyf jaar later het dieselfde dokters ’n artikel met dieselfde titel gepubliseer met die ondertitel: “’n Tweede beskouing.” Hulle het dieselfde probleem bespreek en die saak nog duideliker gestel: “Baie geneeshere en etici . . . het dus tot die gevolgtrekking gekom dat dit eties is om voeding en hidrasie [vloeistowwe] weg te neem van sommige pasiënte wat sterwend, ongeneeslik siek of permanent bewusteloos is.”

Ons kan nie sulke kommentare verwerp as loutere bespiegelinge of ’n blote debat wat nie werklik op ons betrekking het nie. Baie Christene het al voor pynlike besluite in hierdie verband te staan gekom. Moet ’n geliefde wat ongeneeslik siek is met behulp van ’n asemhalingstoestel aan die lewe gehou word? Moet terminale pasiënte binneaarse voeding kry of deur ander kunsmatige metodes gevoed word? Wanneer die situasie hopeloos is, kan ’n mens vra of al die geld van ’n familielid, of van ’n hele familie, bestee moet word aan behandeling, wat moontlik die vervoer na ’n verafgeleë mediese sentrum behels sodat die pasiënt die gevorderdste behandeling kan ontvang.

Jy besef ongetwyfeld dat sulke vrae nie maklik is om te beantwoord nie. Al sou jy graag ’n siek vriend of geliefde wou help, sou jy, as jy voor hierdie vrae te staan kom, dalk wonder: ‘Watter rigsnoere is daar vir die Christen? Watter hulpmiddels is beskikbaar? En die allerbelangrikste, wat sê die Skrif oor hierdie onderwerp?’

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel