Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 9/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Motorfietse—Hoe gevaarlik is hulle?
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 9/8 bl. 30

Van ons lesers

Ongebore kinders Ek het die artikel “’n Mens begin al in die baarmoeder leer” (22 Januarie 1992) terdeë geniet. Ek is ’n mediese dokter, en ek het onlangs met ’n egpaar gepraat wat my advies oor ’n aborsie wou hê. Ek het die redenasies in julle artikel in ons gesprek gebruik. Die egpaar het besluit dat hulle die baba sou hê. Danksy julle sal ’n klein kindjie kan leef.

G. U., Ecuador

Motorfietse Ek het julle artikel “Motorfietse—Hoe gevaarlik is hulle?” (8 April 1992) met belangstelling gelees. Ek is nou al langer as 54 jaar in die motorfietsbedryf en het nog altyd in motorfietsveiligheid belanggestel. Wanneer ’n motorfiets en ’n motor in ’n ongeluk betrokke is, is dit dikwels die motorbestuurder se skuld; dikwels sien bestuurders eenvoudig nie die motorfiets raak nie. Hou asseblief aan om oor sulke interessante onderwerpe te skryf.

M. H., Verenigde State

Ek het al die veiligheidsmaatreëls wat julle genoem het noukeurig toegepas. Maar dit het nie gehelp om my te beskerm teen die gevaarlikste bedreiging vir ’n motorfietsryer se veiligheid nie: DIE ANDER BESTUURDERS! Ek is ’n paar jaar gelede amper omgery deur iemand wat nie eers stilgehou het nie. Ek het van my motorfiets afgeval en het, ten spyte van skutklere, ernstige beserings opgedoen. As ’n eggenoot en ’n pa van twee pragtige kinders het ek besluit dat dit vir my die beste sal wees om my motorfiets te verkoop.

J. B., Verenigde State

Ons het probeer om gebalanseerd te wees wat die genot en die gevare van motorfietsry betref. Lesers is aangemoedig om ‘die aspekte van bekoring en veiligheid teen mekaar op te weeg’ wanneer hulle dit oorweeg om ’n motorfiets te ry. Wanneer ’n saak ’n persoonlike besluit vereis, het ander nie die reg om te oordeel nie.—RED.

Die heelal Ek het so pas die artikels “Die geheime van die heelal word ontrafel” (22 Maart 1992) saam met my kinders gelees. Hierdie artikels het gewys hoe fassinerend Jehovah se ontsaglike skepping in werklikheid is. Dankie vir die duidelike en eenvoudige wyse waarop julle die verskillende soorte hemelliggame verduidelik het. Julle behandel elke onderwerp met absolute duidelikheid, deeglikheid en vaardigheid.

N. B., Italië

Ek het die lees van dié nommer van die Ontwaak! bly afstel omdat dit ’n onderwerp bespreek het waarin ek nie belanggestel het nie. Nou voel ek anders daaroor. Julle het ’n onderwerp geneem wat vir my baie ingewikkeld was en—soos gewoonlik—dit só aangebied dat ander dit kan verstaan. Toe ek eers begin lees het, wou ek nie hê dat die artikel moes eindig nie!

S. J., Kanada

Die man wat spykers reguit maak As gevolg van my swak gesondheid kan ek nie deelneem aan die bouprojek wat by die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Selters/Taunus, Duitsland, aan die gang is nie. Maar die artikel (22 Mei 1992) oor die bejaarde Adams Akuetteh, wat bekend staan as “die man by die tak in Ghana wat die spykers reguit maak”, het my tot trane beweeg!

T. R., Duitsland

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel