Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 10/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 10/8 bl. 30

Van ons lesers

Gewrigsontsteking Ek het so pas die artikel “Leer om gewrigsontsteking te aanvaar” (8 Junie 1992) gelees. Ek ly al ongeveer 20 jaar aan chroniese gewrigsontsteking. Maar aangesien daar geen middel is wat dit heeltemal sal genees nie en ek vir die newe-effekte van medisyne bang is, het ek niks daaromtrent gedoen nie. Op die oomblik verduur ek heeljaar pyn en baie nagte kan ek nie slaap nie. Nogtans kon ek as ’n hulppionier elke maand 60 uur aan die Christelike evangelisasiewerk bestee. Maar namate my kwaal al hoe erger word en my gewrigte strammer raak, sal ek julle raad om oefeninge te doen na die beste van my vermoë volg.

T. N., Japan

Gevangenekamp-oorlewende Ek het pas die artikel “Ek het ver van die huis af belowe om God te dien” (22 Februarie 1992) gelees. Ek was bly om te lees dat Gerd Fechner se lewe so ’n gelukkige wending geneem het, maar moet ons regtig so diep ingaan op die mens se wreedheid teenoor ander?

C. T., Verenigde State

Ons besef dat party ondervindinge oor Gerd Fechner se lewe in Russiese gevangenekampe sommige lesers moontlik sal ontstel. Daarom het ons probeer om die materiaal nie te aanskoulik te maak nie. Ons het nogtans gemeen dat ’n mate van realisme nodig was om vas te stel wat Gerd Fechner beweeg het om God te soek. Fechner se bittere ervarings het ook die feit beklemtoon dat “die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk” (Prediker 8:9).—RED.

Zuluspreuke Ek is ’n 15-jarige meisie wat gereeld die Ontwaak! lees en ek dink dit is uitstekend! Ek moet sê dat julle kunstenaars beslis weet hoe om te teken. Toe ek die skets van die koddige “koei” in die artikel “Zuluspreuke” (8 Maart 1992) sien, kon ek nie ophou lag nie. Ek kan nie verstaan waarom soveel mense weier om die Ontwaak! te lees nie.

J. N., Duitsland

Hormone Ek kan nie in woorde uitdruk hoe ek gevoel het toe ek die artikel “Hormone—die liggaam se wonderlike boodskappers” (22 April 1992) ontvang het nie. In Desember 1990 is daar vasgestel dat ek ’n pituïtêre gewas het. Omdat ek feitlik niks van hierdie klier geweet het nie, het ek self ’n bietjie navorsing gedoen. Julle onlangse artikel het my verder ingelig sodat ek my probleem beter kan verstaan.

L. M., Suid-Afrika

Grootouers Ek is agt jaar oud en wil julle bedank vir die artikel “Jongmense vra . . . Waarom het ons grootouers by ons ingetrek?” (8 Julie 1992). Sedert Ouma by ons ingetrek het, sê sy elke keer wanneer ek op my klawerbordharmonika oefen dat ek ’n groot geraas maak. Maar sy het my ook soms al geprys, soos toe ek vir haar ’n koppie tee geskink het en sy “Dankie” gesê het. Nadat ek die artikel gelees het, het ek besef dat ek tog maar vriendelik teenoor Ouma moet wees.

S. T., Japan

Linkshandigheid Ek het die artikel “Linkshandigheid—Nadeel of voordeel?” (8 Junie 1992) met groot belangstelling gelees. Ek is linkshandig, en hoewel niemand my tydens my kinderjare probeer afraai het om my linkerhand te gebruik nie, was dit soms moeilik om aan te pas. Dit was byvoorbeeld moeilik om ’n skêr te leer gebruik. Nou het ek vyf kinders, en my jongste seun is linkshandig. Ek het hom ongeveer ’n jaar gelede gevra watter hand hy gebruik wanneer hy ’n bal gooi. “Hierdie een, Pappa”, het hy geantwoord en sy linkerhand opgesteek. Toe het hy gevra: “Pappa, hoekom gebruik al die ander die verkeerde hand?” Ek lag elke keer wanneer ek aan dié spesiale oomblik dink.

D. C., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel