Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 12/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Linkshandigheid—Nadeel of voordeel?
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 12/22 bl. 30

Van ons lesers

Om die dood te verwerk Verlede jaar het my ouer broer, wat maar 18 jaar oud was, in ’n padongeluk gesterf. Julle kan julle voorstel hoeveel ek die reeks artikels “Wanneer ’n geliefde sterf” waardeer het (22 Julie 1992). Ek het veral die gedagte waardeer dat iemand wat nie intense verdriet toon nie, nie noodwendig koud of liefdeloos is nie. Weens my opgewekte geaardheid is ek geneig om nie my droefheid openlik te toon nie. Ander het dus die verkeerde gevolgtrekkings oor my gemaak. Selfs al het Christene die opstandingshoop, het hulle steeds die liefdevolle begrip van diegene om hulle nodig.

L. R., Italië

Uitlanders Ek het nog altyd die pragtige, treffende prente op julle buiteblad waardeer. Die buiteblad van die nommer van 8 Mei 1992, “Help! Ons is uitlanders”, het my veral getref. Terwyl ek grootgeword het, het ek dikwels vooroordeel teenoor uitlanders—rasbeswaddering en geweld—gesien. Ek kan selfs onthou dat iemand vir my pa gesê het om terug te gaan na waar hy vandaan gekom het. Die ironie is dat ons Noord-Amerikaanse Indiane is en die heel eerstes was wat hier gewoon het! Waarheen moet ons gaan? Ek hoop dat wanneer mense hierdie artikel met ’n oop gemoed lees hulle sal besef dat almal in God se oë gelyk is.

T. B., Kanada

Linkshandigheid As ’n linkshandige persoon en ’n geesdriftige Ontwaak!-leser wil ek julle gelukwens met die uitstekende manier waarop julle die onderwerp in julle artikel “Linkshandigheid—Nadeel of voordeel?” (8 Junie 1992) behandel het. Maar kan julle vir my sê waarom die Bybel die “linkerkant” dikwels met ’n ongunstige posisie vergelyk?

S. J. M., Nieu-Seeland

Aangesien “God geen aannemer van die persoon is nie”, is hy beslis nie bevooroordeeld teenoor linkshandige mense nie (Handelinge 10:34). Die Bybel se gebruik van die regterkant as die posisie van guns spruit blykbaar uit die feit dat die oorgrote meerderheid mense regshandig is. Die regterhand dien dus as ’n gepaste simbool van toegepaste mag of guns. Dit is logies dat die linkerhand op die teenoorgestelde betrekking sal hê. Maar dit word net in ’n figuurlike sin gedoen en is nie bedoel om linkshandige mense te verkleineer nie.—RED.

Om anders te wees Ek wil julle werklik bedank vir die artikel “Hoe kan ek die moed hê om anders te wees?” (22 Junie 1992). Die leerlinge in my klas hou baie partytjies en is baie modebewus. Hulle geselskap het nie ’n goeie invloed op my nie. Ek het onder soveel druk verkeer dat ek nooit die moed gehad het om my standpunt te stel nie. Die artikel het my gehelp om my vrees te oorkom. Met Jehovah se hulp kon ek my standpunt by die volgende geleentheid verduidelik. Nou het die druk afgeneem. Baie dankie.

M. E., Duitsland

Hierdie artikel is net wat ons skoolgaande jongmense nodig het. Ek het lank hard probeer om nie enige probleme te veroorsaak nie, om nie aandag te trek nie. Daar was baie versoekings en ek kon my nie sover kry om vir my skoolmaats te getuig nie. Maar aan die begin van my tweede jaar op hoërskool het ek my aan die klas voorgestel deur te sê: “Ek is een van Jehovah se Getuies. My stokperdjie is Bybelstudie.” Omdat ek dit gesê het, kon ek niks verkeerds gesê of gedoen het nie. Dit was steeds vir my ’n groot beproewing om vir skoolmaats te getuig en ek het dit gehaat om anders te wees. Maar eendag het ’n meisie gesê dat sy my my lewenswyse en oortuiging beny. Dit het my van sienswyse laat verander. Nou besef ek dat dit nie ek is wat anders is nie—dit is ander mense. Dit is normaal om God te dien!

M. A., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel