Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 3/22 bl. 12
  • Waar kom verskietende sterre vandaan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar kom verskietende sterre vandaan?
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is anderkant die planete?
    Ontwaak!—1999
  • Komeetbotsing!
    Ontwaak!—1997
  • Asteroïdes, komete en die aarde—Stuur hulle op ’n botsing af?
    Ontwaak!—1999
  • Vlieënde Rotse
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 3/22 bl. 12

Waar kom verskietende sterre vandaan?

“O! KYK! Daar gaan nog een!” “Waar? Waar?” Het jy al daardie woorde uitgeroep wanneer jy probeer het om verskietende sterre in die naghemel te sien? Die eerste keer toe jy ’n verskietende ster in ’n helder baan deur die sterrehemel bo jou sien trek het, het dit waarskynlik vir jou gelyk asof dit een van die sterre is wat skielik deur die lug skiet. Verskietende sterre het natuurlik nie werklik die regte naam nie. Hulle “skiet” moontlik, maar hulle is glad nie sterre nie.

Sterrekundiges noem hulle meteore. En terwyl ’n ster van gemiddelde grootte ons hele planeet ’n miljoen keer kan verswelg, kan ons planeet hierdie meteore by die miljoene verswelg. Wat is meteore, en waar kom hulle vandaan?

Wel, daar is ’n direkte verband tussen meteore en komete. Halley se komeet, ’n bekende voorbeeld, het in 1986 by die aarde verbygesnel op sy 76 jaar lange elliptiese reis om die son. Aangesien komete blykbaar meestal uit ys en stof bestaan, word hulle soms vuil sneeuballe genoem. Wanneer ’n komeet naby die son kom, word sy oppervlak warm en stel dit stof en gas vry. Die stralingsdruk van sonlig stoot die vaste stof terug sodat dit ’n gloeiende stofstreep vorm. Die komeet laat gevolglik ’n stofspoor van gruis agter—deeltjies wat meteoroïde genoem word terwyl hulle nog in die ruimte is. Die meeste stofdeeltjies in ’n komeet is te klein om sigbare meteore te word. ’n Klein persentasie van hulle is ongeveer so groot soos sandkorrels, terwyl ’n paar so groot soos spoelklippies is.

Nou en dan kruis ’n komeet se wentelbaan dié van die aarde. Dit beteken dat die aarde met dieselfde stofspoor in aanraking kom elke keer as dit deur die komeet se wentelbaan sny. Wanneer dit gebeur, dring die piepklein meteoroïdes die atmosfeer teen hoë snelhede binne—tot 71 kilometer per sekonde. Terwyl hulle val, word die groteriges warm en slaan hulle aan die brand, en dit vorm die witgloeiende strepe in die lug wat as meteore bekend staan.

Wanneer die aarde ’n komeet se baan kruis, lyk dit asof die meteore vanaf dieselfde punt in die lug, wat die uitstralingspunt genoem word, in alle rigtings skiet. Meteoorreën stort gereeld gedurende die jaar van hierdie uitstralingspunte af neer. Een gewilde vertoning is die Perseïdes-reën, wat so genoem word omdat sy uitstralingspunt in die Perseus-sterrebeeld aangetref word. Wanneer die Perseïdes elke jaar om en by 12 of 13 Augustus sy toppunt bereik, lewer dit ’n skitterende vertoning. Meer as 60 meteore kan elke uur val.

Om en by 21 Oktober kan jy die Orionides-reën sien wat, soos die Aquarides-reën vroeër in die jaar, glo deur meteoroïdes van Halley se komeet veroorsaak word. Volgens die tydskrif Astronomy skat wetenskaplikes dat Halley se komeet “100 000 omwentelings sal kan maak voor hy al sy stof verloor”. As hulle gegewens reg is, sal Halley se komeet gedurende die volgende 7600 000 jaar gereeld terugkeer! En selfs wanneer hy lankal nie meer bestaan nie, sal die aarde se bewoners ongetwyfeld nog eeue daarna vanweë sy stofspoor verskietende sterre sien. Baie van die meteore wat ons tans sien, kom klaarblyklik van komete wat al lankal nie meer bestaan nie.

Wetenskaplikes reken dat daar daagliks wêreldwyd ongeveer 200 miljoen sigbare meteore in ons atmosfeer is. En wat die skouspelagtiger meteoorreën betref, wel, volgende jaar is ook nog daar—en miljoene wat nog moet kom!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel