Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 3/22 bl. 31
  • Die Victoriameer se geveerde hanswors

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Victoriameer se geveerde hanswors
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • “Die pragtigste woudbewoner”
    Ontwaak!—2000
  • Die Victoria-meer—Afrika se groot binnelandse see
    Ontwaak!—1998
  • Die grootmaak van kleintjies in die natuur
    Ontwaak!—2001
  • Geveerde wonders van die Bogoriameer
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 3/22 bl. 31

Die Victoriameer se geveerde hanswors

Deur Ontwaak!-medewerker in Kenia

TERWYL ons boot oor die kalm waters van die Victoriameer vaar, sien ons dit skielik. Daar, in die hoofmik van ’n ou boom wat oor die meer hang, is ’n yslike voëlnes. Dit is meer as 1,8 meter in deursnee—groot genoeg om ’n mens te laat vrees dat dit die een of ander pterodaktielagtige dier se nes is.

Ons is nietemin vasbeslote om die nes te sien en maak ons boot aan ’n groot rots naby die onderste deel van die enorme boom vas, en ons almal klim na die mik toe op om die nes van nader te bekyk. Almal behalwe ons bootbestuurder. Die mense wat naby die meer woon, vermy selfs die geringste kontak met dié voël. Selfs sy naam klink onheilspellend—hamerkop!

Terwyl ons die nes nader, sien ons dat dit anders as enige nes is wat ons nog ooit gesien het. Dit neem ’n hamerkopmannetjie en wyfie tussen drie en vier dae van harde werk om net hulle huis se “fondament” te lê—’n pieringvormige platform wat nogal lossies gebou is. Dit bestaan uit biesies, stokke en strooihalms. Wanneer hierdie boustadium voltooi is, bou hulle die kante reg rondom en begin dan van agter af met die dak. Wanneer die dak halfpad klaar is, maak die wyfie haar in die nes tuis. Sy bly dan in die nes terwyl die mannetjie na meer boumateriaal soek.

Nadat die voorstoep voltooi is, voer hulle dít en die binnekamer met modder uit. Verskeie stowwe word dan by die kante en dak gevoeg om die nes waterdig en warm te help maak. Laastens “versier” hulle hulle huis. Blikkies, slangvelle, lappe—eintlik enigiets wat die mannetjie kan vind—word bo-op die nes gesit. Die hele projek duur vyf of ses weke.

Nadat ons die nes bekyk het, klim ons terug in die boot en wag. Dit duur nie lank voor ’n hamerkop sy opwagting maak en bo-op die dak gaan sit nie. Maar tot ons verbasing is dit nie ’n reusevoël nie. Hy is maar 56 sentimeter lank, donkerbruin en het ’n heel gewone voorkoms. Dit is nou afgesien van sy kop. ’n Groot snawel en ’n bonkige kuif agterop sy kop laat dit na die kop van ’n klouhamer lyk. Vandaar sy naam hamerkop.

Die hamerkop begin gou met die vertoning waarvoor hy sy reputasie as ’n geveerde hanswors verwerf het. Hy laat ’n skel gekekkel hoor en begin dans en rondspring. Sy maat verskyn skielik en sluit by hom aan deur op sy rug te spring en ook aan die verspotte choreografie deel te neem. Maar die voël se vertoning is nog nie klaar nie. Nou vlieg hy van sy huis aan die meer af ondertoe en land op ’n slapende seekoei se rug. Wanneer die seekoei beweeg, word die modderige meerbodem versteur. Verskrikte paddas swem na die oppervlak—waar hulle deur die hamerkop gevang word. Vissies, wurms, insekte en skaaldiere is ook op die hamerkop se spyskaart.

Die hamerkop, of jy hom nou ’n hanswors of baasbouer noem, is fassinerend—nog ’n voorbeeld van ons Skepper se onbeperkte verbeelding.

[Prent op bladsy 31]

Die hamerkop en sy nes

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel