Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 5/8 bl. 25
  • Mot of skoenlapper—Hoe weet jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Mot of skoenlapper—Hoe weet jy?
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die pragtige mot
    Ontwaak!—2001
  • ’n Dag in die lewe van ’n skoenlapper
    Ontwaak!—1993
  • Vlieënde juwele van die trope
    Ontwaak!—2005
  • Wanneer liefde blind is
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 5/8 bl. 25

Mot of skoenlapper—Hoe weet jy?

KAN jy hulle met die eerste oogopslag uitmekaar ken? Miskien kan jy ’n skoenlapper uitken vanweë sy mooi kleure en sy oënskynlik aanhoudende bewegings—hoe hy dartelend van blom tot blom vlieg en ’n oomblikkie hier kom sit terwyl sy vlerke op en af fladder en dan weer haastig na sy volgende kosbron toe vlieg. ’n Toets vir enige entoesiastiese fotograaf se geduld! Nog iets waaraan jy hulle kan uitken, is die draadvormige voelhoring wat in ’n knop eindig.

Maar wat van die mot? Wel, jy sien nie baie van hulle gedurende die dag nie. Hulle is hoofsaaklik nagdiertjies. Hulle kleure is gewoonlik donkerder. Hulle lywe is dik, en hulle voelhorings is veeragtig, wat hulle help om die reuk van ’n wyfie selfs oor ’n lang afstand op te spoor. Die een hier op die foto is die Poluphemus-mot, wat oral in die Verenigde State aangetref word. Aangesien hy groot kolle wat soos oë lyk op sy agtervlerke het, is hy na die Griekse mitologiese sikloop met die naam Poluphemus vernoem. Sy vlerkspan kan enigiets van 9-15 sentimeter wees, wat steeds klein is in vergelyking met party ander motte.

Volgens Grzimek’s Animal Life Encyclopedia is daar meer as 112000 bekende spesies skoenlappers en motte. Hulle vlerke word “bo en onder met baie klein skubbe bedek . . . wat die pragtige kleure en patrone vorm wat dikwels gesien word”. Hulle is fassinerende diertjies, soos enige lepidopteroloog (iemand wat skoenlappers en motte bestudeer) vir jou sal sê. Hulle vorm, variëteite en ongelooflike metamorfose maak dit die moeite werd om hulle te bestudeer, nie net nou nie, maar vir ewig!

[Prente op bladsy 25]

Die Poluphemus-mot wat in Luverne, Alabama, VSA, afgeneem is, verskyn lewensgroot op hierdie foto

Die veeragtige voelhoring help die mannetjie om die wyfie op te spoor

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel