Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 2/8 bl. 26-27
  • ’n Nuwe naam vir ’n ou orgie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nuwe naam vir ’n ou orgie
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Vakansiedae
    Redenering uit die Skrif
  • Hulle kouery lei tot ellende
    Ontwaak!—1996
  • Sjokolade—Van die boon tot by jou
    Ontwaak!—2005
  • God laat dit groei in Alaska
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 2/8 bl. 26-27

’n Nuwe naam vir ’n ou orgie

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN JAPAN

IN BRITTANJE skeur die 15-jarige Ann ’n koevert wat so pas met die pos gekom het opgewonde oop. Sy haal ’n kaartjie uit. Die voorkant daarvan is met fyn hartjies versier. Aan die binnekant is daar ’n romantiese boodskap geskryf, en dit is geteken: “Van ’n bewonderaar.” Met dromerige oë en ’n blos op haar wange gee Ann ’n sug. Sy is klaarblyklik gevlei, en tog verward. ‘Wie het vir my hierdie Valentynskaartjie gestuur?’ wonder Ann.

In Japan het Joeko in ’n kantoor begin werk. Valentynsdag is om die draai. Joeko se sommetjies toon dat dit 20 000 jen (R725) sal kos om dosies sjokolade vir elkeen van haar manlike medewerkers te koop. Joeko bring etenstyd met haar vriendinne deur om wat hulle giri-choco—verpligte sjokolade—noem te koop.

Die 14de Februarie is die dag waarop gretige romantici oor die hele wêreld wag dat iemand, op die een of ander manier, moet sê: “Ek is lief vir jou.” Nóg Ann nóg Joeko het enige idee hoe hierdie vakansiedag ontstaan het. Hulle sal dalk verbaas wees om uit te vind.

Die oorsprong van wat nou Valentynsdag genoem word, kan tot eertydse Griekeland teruggevoer word, waar die aanbidding van Pan gefloreer het. Hierdie mitiese vrugbaarheidsgod wat halfmens en halfbok was, het ’n wilde, onberekenbare geaardheid gehad wat mense met vrees vervul het. Dit is gepas dat die Afrikaanse woord “paniek” letterlik “van Pan” beteken.

Pan was veronderstel om die kuddes op te pas terwyl hy sy fluite gespeel het. Maar sy aandag is maklik afgelei. Pan het baie liefdesverhoudings met nimfe en godinne gehad. Een beeldhouwerk is ’n voorstelling van Pan wat toenadering soek tot Aphrodite, die godin van liefde. Eros, die god van liefde, sweef oor hulle terwyl hy sy vlerke klap—baie soos die Cupido wat vandag op Valentynskaartjies gesien word.a

In Rome het baie ’n soortgelyke god met die naam Founus aanbid. Hy was ook as halfmens en halfbok uitgebeeld. Die aanbidding van Founus was iets algemeens op Luperkalieë, ’n orgiefees wat elke jaar op 15 Februarie gevier is. Gedurende hierdie fees het skraps geklede mans om ’n heuwel gehardloop en bokvelswepe geswaai. Vrouens wat kinders wou voortbring, het naby die pad van hierdie hardlopers gestaan. Die Romeine het geglo dat ’n vrou se vrugbaarheid verseker sou wees as sy met ’n sweep raak geslaan word.

Volgens The Catholic Encyclopedia is Luperkalieë teen die einde van die vyfde eeu G.J. deur pous Gelasius I afgeskaf.b Tog vind ons vandag ’n hedendaagse ekwivalent wat floreer onder die titel: “Sint Valentynsdag.” Daar is verskeie teorieë aangaande die oorsprong van hierdie “verchristelikte” naam. Volgens een verhaal het die derde-eeuse Romeinse keiser Claudius II jong manne verbied om te trou. Valentyn, ’n priester, het jong paartjies in die geheim getrou. Party sê dat hy op 14 Februarie, ongeveer 269 G.J., tereggestel is. In elk geval, ’n “heilige” titel kan nie die onaangename oorsprong van hierdie viering verdoesel nie. Valentynsdag spruit uit heidense rituele en word derhalwe nie deur ware Christene gevier nie (2 Korinthiërs 6:14-18). Blyke van ware liefde die hele jaar deur is baie lonender as die tydelike giere van ’n sentimentele vakansiedag.

[Voetnote]

a Herodotus gee te kenne dat Pan-aanbidding deur die Egiptenare beïnvloed is, onder wie bokaanbidding algemeen was. Die woord “bokgedaantes” in die Bybel verwys moontlik indirek na hierdie vorm van heidense aanbidding.—Levitikus 17:7, NW; 2 Kronieke 11:15.

b Party sê dat Gelasius Luperkalieë bloot met “Maria-suiwering” vervang het.

[Venster op bladsy 27]

Wanneer liefde ’n winsgewende bedryf is

IN JAPAN wek die naderende koms van Valentynsdag sterk gevoelens—nie net van romanse nie, maar van winsgewende handel. Dekades lank het die sjokoladebedryf die publiek aangespoor om op 14 Februarie sjokolade as ’n blyk van liefde te gee. Die grootskaalse adverteerdery was lonend, want sjokoladeverkope het geleidelik gestyg.

Anders as die Weste is die Japannese gebruik dat die vroue vir die manne koop. Maar die handelsake van Valentynsdag eindig nie op 14 Februarie nie. ’n Maand later, op 14 Maart, moet die manne vergoed—met wit sjokolade. Waarom? The Daily Yomiuri antwoord: “Die besluit op wit geskenke voorkom dat suinige of slinkse mans die sjokolade teruggee wat hulle ontvang en nie geëet het nie.”

[Foto-erkenning op bladsy 26]

Old-Fashioned Romantic Cuts/Dover

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel