Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 12/8 bl. 8-10
  • Wat die toekoms werklik inhou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat die toekoms werklik inhou
  • Ontwaak!—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Dit loop op niks uit
  • Kolonisering van die buitenste ruimte?
  • Die toekoms van die mensdom
  • Ware wetenskaplike ontdekkings
  • ’n Kykie na hedendaagse wetenskapsfiksie
    Ontwaak!—1995
  • Wetenskapsfiksie—Hoe dit gewild geraak het
    Ontwaak!—1995
  • Geloof en jou toekoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Ruimteverkenning—Wat hou die toekoms in?
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 12/8 bl. 8-10

Wat die toekoms werklik inhou

BAIE wetenskapsfiksie-entoesiaste het ’n weetgierige gees, ’n begeerte na verandering in die mensegemeenskap en ’n groot belangstelling in die toekoms. Die Bybel sê baie oor die toekoms, maar die Bybel se siening van die mens se lot het weinig of niks gemeen met die spekulasies van wetenskapsfiksieskrywers.

Wetenskapsfiksie bied baie, baie verskillende weergawes van hoe die toekoms moontlik kan wees. Maar sal jy jou lewe aan enige van hulle waag? Waarop sal jy jou keuse baseer? Hierdie scenario’s, of projeksies van die verloop van sake, kan nie almal waar wees nie. Trouens, kan jy met vertroue sê dat selfs een van hulle die waarheid is aangesien hulle almal gissing—fiksie—behels? Dit is baie waarskynliker dat nie een van hulle die waarheid is nie.

Dit loop op niks uit

Baie wetenskapsfiksiescenario’s loop nou reeds op niks uit. In watter opsig? Omdat dié wat handel oor hoe die wetenskap die weg tot ’n beter beskawing hier op aarde kan baan, nie verwesenlik is nie. In plaas van ’n verbeterde beskawing is die werklikheid van vandag die teenoorgestelde. Die Duitse skrywer Karl Michael Armer sê: “Die toekoms het ons oorweldig.” Hy noem “wêreldwye bedreiging van ’n kerndood, omgewingsrampe, honger, armoede, energiekrisisse [en] staatsgeborgde terrorisme”.

Met ander woorde, die toekoms vir die aarde en vir die mensdom wat in baie wetenskapsfiksieverhale beskryf word, kom niks nader aan verwesenliking nie. Inteendeel, namate die toestande op aarde agteruitgaan, beweeg die mens se situasie in die teenoorgestelde rigting. Ondanks enige wetenskaplike of tegnologiese vordering ervaar die mensegemeenskap wêreldwyd al hoe meer misdaad, geweld, armoede, etniese haat en gesinsverbrokkeling.

Party wetenskaplike strewes het grootliks tot die mens se probleme bygedra. Beskou net ’n paar voorbeelde: die chemiese besoedeling van ons lug, water en voedsel; die ramp by Bhopal in Indië, waar ’n ongeluk by ’n fabrieksaanleg giftige gas vrygelaat het wat 2000 mense gedood en sowat 200 000 beseer het; die versmelting van die kernkragsentrale by Tsjernobil in die Oekraïne, wat tot baie sterfgevalle en die toename van kanker en ander gesondheidsprobleme oor ’n groot gebied gelei het.

Kolonisering van die buitenste ruimte?

’n Groot aantal wetenskapsfiksieverhale oor die toekoms bied op nog ’n manier ontvlugting van die ellendes van die lewe en die mislukkings van die mens se planne op aarde. Hulle verplaas die entoesias na denkbeeldige scenario’s in die buitenste ruimte. Mense wat intergalaktiese ruimteskepe gebruik om ander planete en ander dele van die heelal te koloniseer, is algemene temas. Dit laat baie voel soos die persoon wat aan die redakteur van ’n New Yorkse koerant geskryf het: “Die mens se toekoms lê in ruimteverkenning.”

Ruimteverkenning duur weliswaar voort met die vlugte van ruimtependeltuie naby die aarde en die lansering van instrumente wat die ruimte ondersoek. Maar wat daarvan om in die buitenste ruimte te woon? Hoewel daar sprake is van uitgebreide ruimtevlugte deur die mens, is daar op die oomblik geen definitiewe planne om die maan of enige van die nabygeleë planete te koloniseer nie—wat nog te sê die ander sterrestelsels. Die kolonisering van die buitenste ruimte deur mensepogings is werklik nie ’n realistiese doelwit vir die nabye toekoms nie. En die huidige ruimteprogramme van verskillende nasies is so duur dat dit besnoei of laat vaar word.

Die werklikheid is dat die mens se toekoms, jou toekoms, nie in enige ruimteavonture lê wat deur mense bevorder word nie. Jou toekoms is hier, op die aarde. En daardie toekoms sal nie deur wetenskaplikes, menseregerings of draaiboekskrywers bepaal word nie. Waarom kan ons so seker wees?

Omdat die toekoms deur die Skepper van die aarde, Jehovah God, bepaal sal word. En geen wetenskapsfiksiescenario kan die beloftes naboots wat in die Bybel uitgehou word nie. In daardie boek—God se geïnspireerde Woord—wat hy aan die mensdom gegee het, sê hy wat die toekoms vir die mens inhou (2 Timoteus 3:16, 17; 2 Petrus 1:20, 21). Wat sê dit?

Die toekoms van die mensdom

Die Woord van God sit duidelik die Skepper se voorneme uiteen om die mensegemeenskap volkome te herstel deur middel van ’n nuwe regering in die hande van Jesus Christus. In die Bybel word daardie hemelse regering die Koninkryk van God genoem.—Matteus 6:9, 10.

Die profesie van Daniël 2:44 sê aangaande daardie Koninkryk: “In die dae van dié konings [wat vandag bestaan] sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie [hedendaagse] koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”

Onder die inspirasie van God se werkende krag het die apostel Petrus ook oor die toekomstige lewe op aarde onder God se Koninkryk geskryf. Hy het gesê: “Daar is nuwe hemele [God se hemelse Koninkryk] en ’n nuwe aarde [’n nuwe mensegemeenskap onder daardie Koninkryk] wat ons volgens [God se] belofte verwag, en in hulle sal regverdigheid woon.”—2 Petrus 3:13.

Hoe sal die lewe wees vir diegene wat die voorreg het om onder die heerskappy van God se hemelse Koninkryk op aarde te lewe? Die Skepper se belofte is: “‘[God] sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en geskreeu en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.’ En die Een wat op die troon sit, het gesê: ‘Kyk! Ek maak alles nuut.’ Ook sê hy: ‘Skryf, want hierdie woorde is betroubaar en waaragtig.’”—Openbaring 21:4, 5.

Die Skepper belowe ’n wonderlike toekoms. Dit is heeltemal anders as die fiktiewe scenario’s van wetenskapsfiksieskrywers of wetenskaplikes, scenario’s wat so dikwels deur rare, fantastiese wesens en omgewings gekenmerk word. Ware Christene stel geloof in God se onfeilbare beloftes vir die toekoms. Trouens, hulle doen nog meer. Hulle is bereid om hulle lewe daarvoor af te staan.

Waarom kan hulle dit met soveel vertroue doen? Omdat hulle uit God se Woord weet dat hierdie ‘hoop nie tot teleurstelling lei nie’, aangesien ‘God nie kan lieg nie’. Om die waarheid te sê, ‘dit is onmoontlik vir God om te lieg’ (Romeine 5:5; Titus 1:2; Hebreërs 6:18). Soos Josua, ’n kneg van God, lank gelede gesê het: ‘Nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.’—Josua 23:14.

’n Groot deel van wetenskapsfiksie weerspieël die ideologieë van hierdie bose ou stelsel. Hoe so? Wetenskapsfiksie het in ’n tydperk van sogenaamde verligting ontstaan, toe baie mense tradisionele gesag verwerp het en geglo het dat die mens self sy toekoms kan uitwerk. Hulle het tereg wêreldse godsdiens blameer vir baie van die samelewing se probleme, maar toe het hulle die waarheid oor God se bestaan en voorneme ook verwerp. Hulle was teleurgesteld oor hoe dinge verloop het en het dus ander idees probeer.

Mense se idees, ongeag hoe goed hulle deurdink is, het egter ’n beperkte omvang. Ons Skepper sê: “Soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”—Jesaja 55:9.

Ware wetenskaplike ontdekkings

In God se nuwe wêreld sal die mensdom se natuurlike dors na kennis deels geles word deur ware wetenskaplike ondersoek. Dit sal nie nodig wees om scenario’s uit te dink nie, want die werklikheid sal die verstand op ’n heilsame, betroubare manier boei en opvoed.

Baie sal dan verstaan hoe die beroemde wetenskaplike Isaac Newton gevoel het toe hy homself vergelyk het met “’n seuntjie wat op die strand speel, . . . terwyl die groot oseaan van waarheid voor [hom] gelê en wag het om ontdek te word”. In Sy nuwe wêreld sal God getroue mense ongetwyfeld van die een stimulerende ontdekking na die ander lei.

Ja, wetenskaplike navorsing sal dan heeltemal op die waarheid gebaseer wees, aangesien Jehovah ‘die God van waarheid’ is. Hy nooi ons om van die mens se aardse omgewing en ook die diereryk te leer (Psalm 31:5, NW; Job 12:7-9). Opregte wetenskaplike strewes wat deur die God van waarheid gelei word, sal sekerlik ’n fassinerende kenmerk van God se nuwe stelsel wees. Dan sal die erkenning vir alle uitvindings, ontdekkings en wonderlike verbeterings in die mens se lewe en lewenstandaarde, nie aan enige mens nie, maar aan die Skepper van die heelal, Jehovah God, gegee word.

In daardie vinnig naderende nuwe wêreld sal alle gehoorsame mense God verheerlik vir sy liefdevolle sorg en leiding. Hulle sal hom met groot blydskap dien en aan hom sê soos beskryf word in Openbaring 4:11: “U is waardig, Jehovah, ja, ons God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, want u het alles geskep, en weens u wil het hulle bestaan en is hulle geskep.”

[Prent op bladsy 9]

Die mensdom se toekoms is op die aarde

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel