Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 12/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Hoe kan ek homoseksualiteit vermy?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Is homoseksualiteit ooit geregverdig?
    Ontwaak!—2012
  • “Ek het van vreugde gehuil”
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 12/8 bl. 30

Van ons lesers

Vermiste kinders Teen die tyd dat ek die reeks artikels “Vermiste kinders—Wanneer sal die tragedie eindig?” (8 Februarie 1995) klaar gelees het, het die trane teen my wange afgerol. Party van die ondervindinge wat in die artikels vertel is, was soortgelyk aan myne. Ek dank Jehovah dat hy my die krag gegee het om te volhard. Deur middel van sy Woord het ek die hoop verkry van ’n paradys waarin mense nie meer weens sulke euwels sal ly nie.

T. O., Brasilië

Japannese gevangene Dit het my aangemoedig toe ek die artikel “’n Atoombom bevry my vader uit die tronk” (8 Oktober 1994) gelees het. Ek is onlangs as ’n Christen gedoop, en ek het dikwels gewonder of ek my onkreukbaarheid tydens toetse sal handhaaf. Terwyl ek van broer Katsoeo Mioera se rotsvaste geloof gelees het, het sterk emosies in my opgewel. Dit het my help besef waar my geloof te kort skiet—dat ek Jehovah God die bron van my vertroue moet maak.

K. T., Japan

Genetika Ons het die genetiese kode op skool bespreek. Dus het ek van die geleentheid gebruik gemaak om die tydskrif oor die onderwerp “Menslike genetika—Waarom jy ‘jy’ is” (22 Maart 1995) in my skryfboek te sit. Ons wetenskaponderwyseres het die artikel saam met my ontleed. Sy het aan my gesê dat sy, hoewel sy ’n bioloog is en die DNS al jare lank bestudeer, beïndruk is met hoe diep die materiaal is.

P. N., Italië

Die artikels het getoon hoe ’n ingewikkelde onderwerp in verstaanbare terme verduidelik kan word. Dit het my in staat gestel om die materiaal wat ek in die biologieklas leer beter te verstaan. Ek kan egter nie die aanhalings in die artikel gebruik nie, aangesien julle nie bronne, soos die skrywers en uitgewers, verstrek nie.

M. G., Duitsland

Weens beperkte ruimte publiseer ons gewoonlik nie lyste van sekulêre bronne soos dikwels in tegniese en wetenskaplike tydskrifte gedoen word nie. Aangesien die “Ontwaak!” vir die algemene publiek geskryf word en nie net vir vakkundiges nie, meen ons dat sulke bibliografiese inligting vir betreklik min lesers van belang sal wees.—RED.

Homoseksualiteit Ek dien as ’n bedieningskneg en ’n pionier, ’n voltydse evangeliedienaar. Dit lyk asof die artikels oor homoseksualiteit in die rubriek “Jongmense vra . . .” vir my geskryf is! (8 Februarie, 22 Februarie en 22 Maart 1995). Gedurende my vroeë en middel-tienerjare het ek met homoseksualiteit geëksperimenteer. Ek het opgehou daarmee, maar sedertdien vind ek dit moeilik om teen hierdie gevoelens te stry. Maar met behulp van hierdie artikels verstaan ek uiteindelik my gevoelens, en ek het hulp ontvang om met die stryd vol te hou!

Naam weerhou, Denemarke

Ek het sedert puberteit homoseksuele gevoelens gehad. Ek is as ’n Christen grootgemaak; daarom het hierdie gevoelens my werklik verwar. Omdat ek so skaam en verward gevoel het, kon ek myself nooit sover kry om enigiemand in my vertroue te neem nie, nie eers my eie ouers nie. Ek is nou met ’n pragtige vrou getroud, maar van tyd tot tyd het ek nog steeds verkeerde begeertes. Uiteindelik het ek my vrou van my geheim vertel, en sy het my aangemoedig om met die gemeentelike ouer manne te praat. Hulle was baie simpatiek en ondersteunend. As ek vir enigeen wat met hierdie gevoelens worstel iets kan sê, sal dit wees: Moenie dit geheim hou nie. Vertel jou huweliksmaat, jou ouers, ’n ouer man of ’n betroubare vriend—moet dit net nie opkrop nie.

Naam weerhou, Verenigde State

Vanaf my kinderdae is ek seksueel misbruik. Geen liefde of toegeneentheid is ooit aan my betoon nie. Ek het homoseksualiteit beoefen, maar as jongmense net kon weet watter skaamte, pyn, droefheid en frustrasies homoseksuele gesindhede meebring, sal hulle daarvan wegvlug. Talle vermy dit om oor hierdie onderwerp te praat, maar julle het dit op ’n duidelike manier behandel. Ek bedank julle heelhartig dat julle sulke onderwerpe bespreek.

Naam weerhou, Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel