Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 8/8 bl. 31
  • Wanneer diere gaap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer diere gaap
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2012
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2002
  • Kyk, die magtige seekoei!
    Ontwaak!—2003
  • Verdraagsaamheid—Van die een uiterste na die ander
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 8/8 bl. 31

Wanneer diere gaap

As iemand in die openbaar gaap, sal mense dalk dink hy is ongemanierd—of net baie verveeld. Hoewel dit teen die etiket indruis, dien ’n gaap eintlik ’n heel nuttige doel. ’n Gaap is ’n onwillekeurige inaseming. Ons gaap gewoonlik in die aand wanneer ons moeg is as gevolg van die dag se bedrywighede of in die oggend wanneer ons wakker word. ’n Lang gaap verhoog ons suurstofinname en kan ons vir ’n oomblik verfris laat voel; dit is dikwels een van die dinge wat ons help om wakker te word.

Maar het jy geweet dat diere ook gaap, hoewel dit nie altyd vir meer suurstof is nie? Die rede waarom hulle dit doen, is dikwels baie interessant. Ape gaap byvoorbeeld soms om ’n boodskap oor te dra. Die mond wat wyd oop gemaak word en die aggressiewe vertoon van tande is ’n manier om ’n ander mannetjie of ’n roofdier te waarsku. Die boodskap: ‘Ek kan baie seer byt. Bly weg!’

Daar is ook al gesien dat roofkatte op die vlaktes van Afrika dikwels strek en gaap voor hulle begin jag. Soos in die geval van mense, dien die kat se gaap ’n fisiologiese doel—om ekstra lug in die longe in te neem. Dit verhoog die suurstof in die bloed. Die hart stuur dit dan vinnig na ander dele van die liggaam en voorsien só onmiddellike energie wanneer die kat sy prooi vinnig en oor kort afstande agternasit.

Daar is selfs al gesien hoe visse gaap! Die boek Inside the Animal World vertel van visse wat soms “gaap net voordat hulle vinnig beweeg. . . . ’n Vis sal ook dalk gaap wanneer hy opgewonde is of wanneer hy ’n vyand sien of kos sien, almal geleenthede wanneer vinnige beweging nodig is.”

Die indrukwekkendste gaap is seker dié van die seekoei, of Behemot. Hierdie groot dier kan sy massiewe bek tot ’n ongelooflike 150 grade ooprek! Met dié gaap kan ’n ou seekoeibul almal in die seekoeipoel wys wie is baas. Dit dien ook as ’n waarskuwing vir enige indringers wat dit sou waag om in sy riviergebied te oortree.

Hoewel dit miskien nie soveel reaksie sal uitlok soos ’n leeu se brul nie, dien ’n gaap wel ’n nuttige doel—hetsy dit ’n slaperige gaap, ’n dreigende gaap of eenvoudig ’n gaap is wat energie verskaf. Dit is net nog ’n voorbeeld van die verstommende skeppingsvermoë van die Ontwerper van die diereryk!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel