Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 11/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer om gewrigsontsteking te aanvaar
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
  • Artritis—Die aftakelende siekte
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 11/8 bl. 30

Van ons lesers

Wiegiedood Dankie vir die berig in “Ons beskou die wêreld” oor “Rokery word met wiegiedood verbind” (22 Januarie 1997). Ek hoop dat elke moeder daardie berig ter harte sal neem. Ek het amper my babaseuntjie verloor deur SSSS (sindroom van skielike sterfte by suigelinge) omdat ek tydens my swangerskap aanhou rook het. Ná die voorval moes hy ’n jaar lank ’n hartmonitor dra elke keer as hy gaan slaap het, sodat die monitor ’n waarskuwingsein kon gee as sy hart sou gaan staan. Ek wens net dat ek Jehovah destyds geken het. Ek sou opgehou het om te rook, en miskien sou beide ek en my seun hierdie nagmerrie vrygespring het.

A. C. A., Verenigde State

Artritislyer Ek wil graag my waardering uitspreek vir die ondervinding van Luretta Maass, met die titel “Wanneer ek swak is, dan is ek kragtig” (22 Januarie 1997). Ek is 27 jaar oud en ek ly ook aan rumatoïede artritis. Al word die pyn deur terapie verlig, voel ek soms ’n bietjie gefrustreerd en ontmoedig omdat my siekte my genoodsaak het om op te hou om as ’n voltydse prediker te dien. Luretta Maass se vasbeslotenheid om Jehovah ten spyte van haar siekte te dien, was aanmoedigend. Ek sal nie toelaat dat ontmoediging die oorhand oor my kry nie; ek wil meer in die predikingswerk doen.

A. B., Italië

My moeder ly al meer as 30 jaar aan rumatoïede artritis. Ongelukkig kan die pyn nie juis verlig word nie. Ek is trots op my moeder, aangesien sy dit regkry om amper al die gemeentelike vergaderinge by te woon. Terwyl sy in haar rolstoel sit, neem sy aan die Teokratiese Bedieningskool deel, en sy doen nog steeds die predikingswerk. En ten spyte van haar siekte, kla sy nooit nie.

S. M., Duitsland

Die sondvloed Die artikel “Die Bybelse beskouing: Die Vloed—Feit of fabel?” (8 Februarie 1997) het my werklik gehelp om daardie geskiedkundige gebeurtenis in perspektief te sien. Soos baie ander mense, het ek op ’n baie vroeë ouderdom van die Vloed geleer. Maar ek het nooit besef dat baie mense die verslag van die Vloed bloot as ’n slaaptydstorie beskou nie. Die feit dat Jesus die laaste dae met die dae van Noag vergelyk, toon dat die Vloed werklik plaasgevind het.

S. M., Verenigde State

Verwerk ’n tragedie Ek het onlangs voor baie beproewinge te staan gekom, die een na die ander. Ek het ’n brief aan ’n vriend geskryf waarin ek party van hierdie beproewinge opgenoem en Psalm 126:5 aangehaal het: “Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.” Stel julle voor hoe ek gevoel het toe ek, onmiddellik nadat ek die brief klaar geskryf het, die nommer van 8 Februarie 1997 ontvang het met die artikel “Ek het met trane gesaai en met vreugde gemaai”, wat op daardie selfde teks gegrond was. Raymond Kirkup se ondervinding was werklik geloofversterkend.

P. B., Jamaika

Versorging Die reeks “Versorging—Bied die uitdaging die hoof” (8 Februarie 1997) het my baie bemoedig gedurende ’n uiters moeilike tydperk. My dierbare moeder, wat al jare lank ’n getroue kneg van Jehovah is, het aan ’n aftakelende geestesiekte begin ly. Sy ly ook aan Parkinson se siekte en akute artritis. Haar vinnige agteruitgang het my hartseer gemaak en was ’n skok. As haar enigste seun was dit vir my moeilik om na haar om te sien. Maar die wonderlike artikel het soveel insig getoon! Dit het as ’n ware geskenk van Jehovah gekom. Baie dankie vir hierdie liefdevolle ondersteuning.

R. H., Engeland

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel