Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 5/22 bl. 11
  • Amarant—voedsel van die Asteke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Amarant—voedsel van die Asteke
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Asteke—hulle fassinerende stryd om voortbestaan
    Ontwaak!—1999
  • Mexikostad—’n Groeiende Monster?
    Ontwaak!—1991
  • Mexiko se verlede beïnvloed vandag sy godsdiens
    Ontwaak!—1991
  • Van ’n straaltjie melk tot ’n lepel poeier
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 5/22 bl. 11

Amarant—voedsel van die Asteke

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN MEXIKO

ALEGRÍA, voedsame lekkers waarvan die Spaanse naam met “vreugde” of “geluk” vertaal word, kan gewoonlik in die kleurryke stalletjies van die Mexikaanse voedselmarkte gevind word. Dit word gemaak van sade van die amarant, ’n tropiese plant met helderrooi blomme. Die lekkergoed word deur onverwerkte heuning gebind en word soms met okkerneute, denneneute en rosyntjies versier. Amarantsade kan ook gemaal word tot meel, wat gebruik word om brood en koek te bak.

Die Asteke het tortillas en tamales van amarantmeel gemaak. Daarbenewens het die amarant ’n belangrike rol in hulle godsdiensritusse gespeel. The News van Mexikostad het gesê: “In een van hulle talle rituele het die Asteke ’n stuk amarantbrood in die bloed van een van hulle gevange en [vermoorde] vyande gedoop en dit geëet.” In ’n ander gebruik het hulle gemaalde amarantsade met graan en heuning gemeng en dan afgodjies van die mengsel gemaak. Hierdie afgode is later geëet tydens ’n ritueel wat met die Katolieke sakrament van die Nagmaal ooreengekom het.

Albei hierdie gebruike het die Spaanse veroweraar Hernán Cortés woedend gemaak en hom beweeg om die verbouing en verbruik van die amarant onwettig te verklaar. As enigeen dit gewaag het om sy opdrag te verontagsaam, is hy tereggestel of sy sondige hand afgekap. Wat dus op daardie tydstip een van die belangrikste gewasse in Mexiko was, het amper verdwyn.

Maar die amarant het bly voortbestaan, en op die een of ander manier het dit van Sentraal-Amerika af na die Himalajas versprei. Die afgelope eeu het dit ’n stapelvoedsel onder die bergstamme van China, Indië, Nepal, Pakistan en Tibet geword.

In Mexiko het navorsers onlangs die saad se proteïen probeer isoleer om amarantmelk te vervaardig, ’n drankie wat ’n soortgelyke voedingswaarde as beesmelk het. Hulle doel is om dit te gebruik om die voedingswaarde van kos en drinkgoed te verhoog vir diegene wat dit nie kan bekostig om eiers, melk, vis of rooivleis te koop nie.

Ten spyte van die amarant se onstuimige geskiedenis word hierdie veelsydige, voedsame voedselsoort vandag nog deur baie mense geniet.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel