Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 6/22 bl. 15-17
  • Hoe jy teëspoed op jou vakansie kan vermy

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe jy teëspoed op jou vakansie kan vermy
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Berei goed voor
  • Wanneer jy daar aankom
  • Belangrike faktore vir ’n aangename vakansie
  • Probeer gerus ’n vakansie tuis
    Ontwaak!—1990
  • Geniet jou vakansie sonder om spyt te wees!
    Ontwaak!—1996
  • Dinge waarteen jy moet waak
    Ontwaak!—1996
  • Is jy gereed vir ’n vakansie?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 6/22 bl. 15-17

Hoe jy teëspoed op jou vakansie kan vermy

VAKANSIETYD—waaraan dink jy? Aan sonnige strande, met welige palmbome wat welkome skaduwee bied? Of dalk die genot daarvan om koel, skoon berglug in te asem?

Maar jy bekommer jou dalk oor slegte weer, vertragings by lughawens, reisnaarheid, en so meer. Ongeag waaraan jy dink, wat kan jy doen om jou vakansie so aangenaam moontlik te maak?

Berei goed voor

Verstandige vakansiegangers beplan vooruit. Hulle verkry reis- en gesondheidsdokumente sodat dit in orde is wanneer hulle reis begin. Navrae oor gesondheidsgevare wat hulle moontlik sal teëkom, sal hulle help besluit watter voorkomende medisyne gebruik moet word.

Ter voorbereiding vir ’n reis na gebiede waar malaria endemies is, begin baie mense ’n paar dae voor hulle vertrek om malariateenmiddels te gebruik. Maar as ’n voorsorgmaatreël word daar dikwels aanbeveel dat hulle voortgaan om sulke medisyne regdeur hulle vakansie en selfs vier weke daarna te gebruik. Dit is omdat malariaparasiete so lank in die liggaam broei. Maar ander voorsorgmaatreëls is ook noodsaaklik.

Dr. Paul Clarke, van die Londense Fakulteit van Higiëne en Tropiese Geneeskunde, beveel aan: “Afweermiddels vir insekte wat aan die vel of arm- en enkelbande aangewend word, muskietnette en ’n elektriese eenheid wat insekdoder in die lug vrystel, is net so belangrik.” Dit is gewoonlik beter om sulke toerusting te koop voordat jy op vakansie gaan.

Reisnaarheid maak enige reis onaangenaam. Waardeur word dit veroorsaak? Een navorser beweer dat reisnaarheid voorkom wanneer die brein oorlaai word met nuwe seine omdat jy in ’n onbekende omgewing is. As die beweging van die skip, die vibrasie van die vliegtuig of die gedreun van jou motor se enjin hierdie probleem veroorsaak, kan jy jou aandag op ’n vaste punt probeer vestig, miskien die horison of die pad voor jou. Goeie ventilasie sal die nodige suurstof voorsien. In ernstige gevalle van reisnaarheid kan antihistamien die simptome help verlig. ’n Woordjie van waarskuwing is egter gepas: Wees versigtig vir moontlike newe-effekte, soos lomerigheid, aangesien dit jou veiligheid onder sekere omstandighede in gevaar kan stel.

Lang vlugte hou ook gesondheidsgevare in, soos ontwatering. Party mense loop groter gevaar om ’n bloedklont in die been te kry as hulle vir ’n lang tyd onbedrywig is en op ’n beknopte sitplek sit. As die klont loskom en ’n long of die hart bereik, kan die gevolge veral gevaarlik wees. Party sal dus tydens lang vlugte miskien oefeninge moet doen deur in die gange te loop of deur hulle heup- en beenspiere te strek terwyl hulle sit. En ’n mens moet baie nie-alkoholiese drankies drink om ontwatering te verminder.

Bevestig die bogenoemde net jou vliegvrees? Indien wel, moet jy jou troos aan die feit dat dit redelik veilig is om te vlieg. Dit is na bewering 500 keer veiliger as om met ’n motorfiets te ry en 20 keer veiliger as om met ’n motor te reis! Maar ander sal weer daarop wys dat hierdie statistiek gebaseer is op ’n vergelyking van die kilometers wat afgelê is en nie op hoe lank die reise geduur het nie.

As jy jong kinders saam met jou het wanneer jy reis, is dit veral ’n uitdaging. “Beplan jou reis met die presiesheid van ’n militêre veldtog”, beveel omroepster Kathy Arnold aan. Selfs al kry jy dit miskien nie reg nie, kan jy boeke, speletjies of iets anders saamneem om die kinders mee besig te hou. Dit sal die reis vir die hele gesin aangenamer maak.

Wanneer jy daar aankom

‘Dit neem vier of vyf dae voordat ek ontspan en my verblyf begin geniet’, is iets wat baie vakansiegangers sê. Dit neem inderdaad tyd om by ’n nuwe omgewing aan te pas. Daarom is dit dalk verstandig om nie die eerste dag of twee ná jou aankoms rond te jaag nie. Laat jou liggaam en verstand toe om by ’n ander roetine aan te pas. As jy dit nie doen nie, kan dit spanning veroorsaak en sal jy nie soveel baat vind by jou vakansie nie.

Volgens een skatting doen ten minste die helfte van die etlike honderdmiljoene mense van regoor die wêreld wat elke jaar in die buiteland gaan vakansie hou die een of ander soort siekte of besering op. Soos dr. Richard Dawood, redakteur van Travellers’ Health, dus verduidelik, “is voorkoming ’n gesondheidstrategie wat geen reisiger kan bekostig om na te laat nie”. Aangesien ’n reisiger se liggaam by verskillende bakteriesoorte in die atmosfeer, voedsel en water moet aanpas, is dit veral belangrik dat jy gedurende die eerste paar dae versigtig is wat jy eet.

“Daar moet nooit aangeneem word dat voedsel veilig is nie”, waarsku dr. Dawood, “tensy ’n mens weet dat dit vars is en goed gaargemaak is (met hitte gesteriliseer)—in die geval van vleis, totdat dit glad nie meer rooi is nie.” En tog kan selfs warm voedsel verdag wees. Daarom “moet ’n mens seker maak dat vandag se middagete nie gister se aandete is wat weer verhit en anders voorgesit is nie”.

As jy dus vakansie hou in ’n gebied wat baie anders is as die gebied waar jy woon, sal jy miskien nie altyd kan eet wanneer, waar en wat jy wil nie. Maar dit is beslis ’n geringe prys om te betaal om die diarree te vermy wat twee vyfdes van alle internasionale reisigers na bewering opdoen.

Wat drinkgoed betref, is gebottelde water dikwels veiliger as water wat plaaslik beskikbaar is. Maar as jy probleme wil vermy, is dit verstandig om te vra dat drankies in bottels en blikkies voor jou oopgemaak word. Dit is dalk ook verstandig om ys te vermy. Beskou dit altyd as verdag tensy jy weet dat dit veilig is.

Belangrike faktore vir ’n aangename vakansie

Nadat ’n reisredaktrise ’n opname onder haar lesers gedoen het, het sy berig: “As die weer ’n belangrike rede was waarom jou vakansie aangenaam of nie so aangenaam was nie, was vriende selfs belangriker.” Trouens, mense het meer dikwels gesê dat “goeie geselskap” die faktor is wat tot ’n aangename vakansie bydra “as goeie hotelle, probleemvrye reise, goeie kos en interessante besienswaardighede”.

Maar waar kan jy opbouende nuwe vriende ontmoet wanneer jy op vakansie is? Wel, een manier om dit te doen, is om voor die tyd na die Wagtoringgenootskap se kantoor te skryf wat omsien na die land waar jy beplan om vakansie te hou. Hulle sal jou die adres gee van die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies wat die naaste is aan waar jy vakansie sal hou, sowel as hulle vergaderingtye. ’n Paar van die adresse van hierdie kantore verskyn op bladsy 5 van hierdie tydskrif, en ’n vollediger lys kan in ’n onlangse jaarboek van Jehovah se Getuies gevind word.

As jy jou vakansie wil geniet en terselfdertyd oor niks spyt wil wees nie, is dit belangrik om ag te slaan op die Bybel se wyse raad: “Moenie mislei word nie. Slegte omgang bederf nuttige gewoontes” (1 Korintiërs 15:33). As jy enige begeerte het om Christenstandaarde en -gewoontes oorboord te gooi terwyl jy in die een of ander afgeleë vakansieplek is, moet jy wyslik besef dat dit ’n swakheid is en Goddelike hulp vra om teen daardie begeerte te stry. Ouers moet ook ’n ogie hou oor wat hulle kinders doen. Onthou, ongeag waar jy jou bevind, ons lewe in “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom”.—2 Timoteus 3:1.

Wanneer julle as ’n gesin gaan vakansie hou, moet julle dit nie as vanselfsprekend aanneem dat julle ma alles gaan doen wat sy gewoonlik by die huis doen nie. Wees gewillig om met die daaglikse pligte te help. Toon ’n gees van samewerking. So ’n gesindheid dra baie daartoe by dat almal die vakansie geniet.

Gaan jou vakansie aangenaam wees? ’n Paar uitgesoekte foto’s, poskaarte en aandenkings, dalk selfs ’n paar plaaslike kunswerke, sal beslis gelukkige herinneringe oproep. Maar dit is ongetwyfeld die nuwe vriende wat jy gemaak het wat veral onvergeetlik sal wees. Bly in aanraking met hulle. Skryf vir hulle om interessante ondervindinge te vertel. Daar is baie maniere waarop jy jou vakansie waarlik aangenaam kan maak.

[Venster op bladsy 17]

’n Paar vakansiewenke

Voordat jy vertrek

• Maak seker dat jy alle geldige reis- en gesondheidsdokumente het wat jy gaan nodig kry

• Verkry ’n voorraad voorkomende medisyne

Gedurende die reis

• Drink baie nie-alkoholiese vloeistowwe, en doen oefeninge wanneer jy op ’n lang vlug is

• Neem interessante materiaal vir kinders saam

Wanneer julle julle bestemming bereik

• Laat tyd toe sodat jou liggaam en verstand kan aanpas

• Eet en drink net veilige voedsel en drinkgoed

• Behou sedelike waaksaamheid

• Doen jou deel van die daaglikse pligte saam met ander gesinslede

[Prent op bladsy 16]

Wanneer jy op vakansie is, moet jy op jou omgang let

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel