Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 9/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Godsdiensvervolging in Georgië—Hoe lank nog?
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Georgië—’n Eertydse erfenis word bewaar
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 9/8 bl. 30

Van ons lesers

Godsdiensvervolging Die artikel “Godsdiensvervolging in Georgië—Hoe lank nog?” (22 Januarie 2002) het my bewus gemaak van hoe onbestendig hierdie wêreld is. Ek dink dikwels na oor sulke artikels en vra my dan af: ‘Waar was ek toe dit gebeur het? Hoe sterk was my verhouding met Jehovah toe my dierbare broers en susters so gely het?’ Laat asseblief ons broers en susters weet dat ons hulle liefhet en dat hulle beproewinge ons raak.

K. S., Verenigde State

Toe ek lees hoe sleg Jehovah se Getuies in Georgië behandel word, kon ek nie die trane keer nie. Ek bid met my hele hart dat Jehovah hulle sal ondersteun en beskerm en sy oorvloedige liefde op hulle sal uitstort. Ek wil hê dat my liewe broers en susters in Georgië moet weet dat ek vir hulle bid. Hoewel ek nie by hulle is nie, is ek opreg dankbaar vir die voorreg om Jehovah skouer aan skouer saam met hulle te dien.

M. T., Japan

Ek het elke week by ons vergaderinge gehoor hoe broers van die verhoog af bid vir ons broers en susters in Georgië, maar ek het nog nooit soveel inligting gehad oor wat daar gebeur nie. Ek sou nooit kon dink dat gruweldade soos dié wat in die artikel genoem is, plaasvind nie. Laat hulle weet dat hulle broers en susters regoor die wêreld vir hulle bid. Hulle is ’n regte riem onder die hart vir almal van ons wat met baie kleiner probleme te kampe het.

V. P., Verenigde State

Die geloof van daardie broers het my diep geraak, en ek het gehuil omdat hulle so gely het. Hulle het moed, standvastigheid en groot vertroue in Jehovah geopenbaar. Ek sal baie bly wees as hulle weet dat ek aan hulle dink en vir hulle lief is, en ek sal hulle in my gebede onthou.

F. F., Italië

Die okkulte Ek is so dankbaar vir die artikel “Jongmense vra . . . Belangstelling in die okkulte—Is dit gevaarlik?” (22 Januarie 2002). Hierdie artikel het my die moed gegee om eens en vir altyd ontslae te raak van ’n twyfelagtige item. My hart is diep geraak toe ek meer gelees het oor die Bybelse voorbeeld van die mense in Efese wat hulle spiritistiese boeke verbrand het, al was dit 50 000 silwerstukke werd (Handelinge 19:19). Die waarde van die papier wat ek weggegooi het, kan nie vergelyk word met die waarde van die dinge wat Jehovah my sal gee nie. Dankie dat julle sulke artikels op net die regte tyd publiseer.

A. N., Japan

Ek is ’n maand gelede gedoop. Voor ek die Bybel begin studeer het, is ek dikwels deur my ma, wat nie een van Jehovah se Getuies is nie, aan spiritisme blootgestel. Die artikel het op die regte tyd gekom. Ek weet nou waarvoor ek op my hoede moet wees, en ek vertrou ten volle op Jehovah. Nadat ek hierdie artikel ’n hele paar keer gelees en herhaaldelik met ’n Christensuster daaroor gepraat het, is ek nie meer so bang nie.

A. P., Duitsland

Van ’n onderwyser As ’n laerskoolonderwyser wil ek die redakteurs van die Ontwaak! graag gelukwens. Julle opvoedkundige tydskrif lewer ’n belangrike bydrae tot ’n afgeronde opvoeding. Ek en my kollegas gebruik die uitstekende artikels as die grondslag vir klaskamerbesprekings oor sedelike waardes en maatskaplike kwessies. Die Ontwaak! bou karakter en verbeter ons leerlinge se lewensgehalte deur hulle te help om ingeligte besluite te maak.

F. C., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel