Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 3/22 bl. 31
  • Kwesbare kykers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kwesbare kykers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Maak dit saak na watter rolprente ek kyk?
    Ontwaak!—1990
  • Na watter rolprente gaan jy kyk?
    Ontwaak!—2005
  • Hoe kan ek ’n gepaste rolprent kies?
    Ontwaak!—1990
  • Is spelers in gevaar?
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 3/22 bl. 31

Kwesbare kykers

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN FINLAND

VIR baie kinders is rolprente, televisie, video’s, DVD’s, elektroniese speletjies en die Internet ’n normale deel van die lewe. ’n Onlangse verslag deur die Finse Rolprentklassifiseringsraad sê dat “die tyd wat kinders en jongmense daaraan bestee om die media te gebruik of daarna te kyk, volgens party skattings tussen 20 en 30 keer meer is as die tyd wat hulle saam met hulle gesin deurbring”.a Ongelukkig stel dit kinders aan baie skadelike materiaal bloot.

In party lande probeer die owerheid kinders deur ouderdomsbeperkings en klassifisering beskerm. Maar volgens die verslag verstaan kinders en hulle ouers nie altyd die klassifisering nie, of hulle is geneig om nie veel waarde daaraan te heg nie. Daarbenewens is dit bekend dat baie bioskope en videowinkels die ouderdomsbeperkings verontagsaam. Boonop word party programme en rolprente nie eers geklassifiseer nie.

Een van die onderwyseresse wat aan die opname deelgeneem het, het gesê: “As daar nie bloed vergiet word nie, lyk dit nie of die leerlinge die materiaal altyd as gewelddadig beskou nie.” Baie video- en rekenaarspeletjies—en selfs tekenprente wat veral vir kinders bedoel is—bevat materiaal wat skadelik kan wees.

Volgens die verslag “is die rolprente en televisieprogramme waarna kinders kyk hoofsaaklik die verantwoordelikheid van [elke huisgesin]”. Dit sluit af met ’n gedagteprikkelende vraag: “Het ons as volwassenes die begeerte, vermoë en beskikbare middele om kinders teen die skadelike gevolge van die media te beskerm?”

[Voetnoot]

a Die verslag “Die Ouderdomsbeperkings op Visuele Programme en Kinderbeskerming” is gegrond op ’n studie wat sowat 340 laerskoolleerlinge asook hulle ouers en onderwysers ingesluit het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel