Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 9/22 bl. 2-4
  • Almal het ’n blyplek nodig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Almal het ’n blyplek nodig
  • Ontwaak!—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Wêreldwye krisis
  • ’n Universele reg
  • Wat sit agter die behuisingskrisis?
    Ontwaak!—2005
  • Goeie behuising vir almal—Uiteindelik!
    Ontwaak!—2005
  • ’n “Groot taak afgehandel”
    Ontwaak!—1998
  • Plakkersdorpe—swaar tye in die betonoerwoud
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 9/22 bl. 2-4

Almal het ’n blyplek nodig

“Elkeen het die reg tot ’n lewenspeil wat voldoende is vir gesondheid, welsyn vir homself en sy familie, insluitende . . . behuising.”—Die Universele Verklaring van Menseregte, Artikel 25.

’NGROOT groep trekarbeiders het hulle geleidelik in ’n gebied gevestig wat hulle nou as hulle tuiste beskou. Honderde gesinne woon net buite die dorp in goedkoop woonwaparke wat parqueaderos genoem word. Basiese dienste soos rioolverwydering, ’n betroubare watervoorraad en vullisverwydering is hier baie swak, as dit enigsins bestaan. Volgens een verslaggewer is hierdie nedersetting “so armoedig dat [plaaswerkers] dit kan bekostig om hier te bly”.

Drie jaar gelede, toe amptenare begin het om ’n paar van hierdie plekke toe te maak, het van die gesinne hulle woonwaens verkoop en in die reeds oorvol huise, woonstelle en garages van die middedorp ingetrek. Ander het eenvoudig hulle goed opgepak en getrek, op soek na ’n plek waarheen hulle kon terugkeer ná elke oestyd—’n plek wat hulle as hulle tuiste kon beskou.

Stel jy jou ’n plek in Sentraal- of Suid-Amerika voor? Dink weer. Jy kan hierdie woonwapark naby die dorp Mecca in Suid-Kalifornië, VSA, vind, minder as ’n uur se ry oos van die welvarende stad Palm Springs. Hoewel daar in die Verenigde State blykbaar nou meer mense as ooit tevore is wat ’n huis besit, en die gemiddelde inkomste per gesin in 2002 ongeveer $42 000 (R257 000) was, is daar volgens skatting meer as vyfmiljoen Amerikaanse gesinne wat nog steeds nie voldoende behuising het nie.

Die situasie is baie ernstiger in ontwikkelende lande. Ondanks verskeie politieke, maatskaplike en godsdiensprogramme raak die wêreldwye behuisingskrisis geleidelik erger.

’n Wêreldwye krisis

Volgens skatting is daar wêreldwyd meer as ’n miljard mense wat in krotbuurte woon. Brasiliaanse deskundiges op die gebied van verstedeliking is bang dat die immergroeiende favelas, oftewel krotbuurte, in daardie land binnekort “groter en digter bevolk sal word as die stede waarin hulle aanvanklik ontstaan het”. Daar is Nigeriese stede waar meer as 80 persent van die bevolking in krotbuurte en plakkerskampe woon. Kofi Annan, sekretaris-generaal van die VN, het in 2003 gesê: “As daar nie drasties opgetree word nie, sal die getal krotbewoners oor die volgende 30 jaar wêreldwyd na raming tot ongeveer 2 miljard styg.”

Maar sulke onpersoonlike syfers openbaar hoegenaamd nie die vernietigende uitwerking wat haglike lewensomstandighede op die wêreld se armes het nie. Volgens die Verenigde Nasies het meer as die helfte van die mense in ontwikkelende lande nie basiese sanitasie nie, ’n derde het nie toegang tot skoon water nie, ’n kwart het nie behoorlike behuising nie en ’n vyfde het nie toegang tot moderne gesondheidsdienste nie. Die meeste mense in ontwikkelde lande sal nie eens hulle troeteldiere in sulke toestande laat leef nie.

’n Universele reg

Geskikte behuising word algemeen aanvaar as ’n basiese menslike behoefte. Die Universele Verklaring van Menseregte, wat in 1948 deur die Verenigde Nasies aangeneem is, het verklaar dat almal die reg het op ’n voldoende lewenspeil, met inbegrip van behoorlike behuising. Ja, almal het ’n ordentlike blyplek nodig.

In onlangser tye, in 1996, het ’n aantal lande die VN se sogenoemde Habitat-agenda aangeneem. Hierdie dokument sit spesifieke verpligtinge uiteen om vir almal toereikende behuising te voorsien. Later, op 1 Januarie 2002, het die VN hierdie verpligtinge verder bekragtig deur hierdie agenda ’n amptelike VN-program te maak.

Dit is ironies dat van die rykste nasies weer daarvan begin praat om die maan te koloniseer en Mars te verken, terwyl al hoe meer van hulle armste burgers nie eers ’n behoorlike blyplek hier op die aarde kan bekostig nie. Hoe raak die behuisingskrisis jou? Is daar enige ware hoop dat almal eendag hulle eie gerieflike huis sal hê?

[Lokteks op bladsy 4]

Terwyl party nasies die maan wil koloniseer, het baie van hulle burgers nie ’n behoorlike blyplek op die aarde nie

[Prent op bladsy 2, 3]

’N ASIATIESE VLUGTELINGGESIN.

In een stad woon 3 500 gesinne in geïmproviseerde tente, en hulle het dringend water en sanitasie nodig

[Erkenning]

© Tim Dirven/Panos Pictures

[Prent op bladsy 4]

NOORD-AMERIKA

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel