Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/06 bl. 10
  • Die boodskap móét deurkom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die boodskap móét deurkom
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Lieflike voete op die berge’
  • Hoe die Inkas hulle Goue Ryk verloor het
    Ontwaak!—1998
  • ’n Kykie in die goue era van die Inkas
    Ontwaak!—1992
  • Cuzco—eertydse hoofstad van die Inkas
    Ontwaak!—1997
  • Paaie—slagare van die beskawing
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 7/06 bl. 10

Die boodskap móét deurkom

VOORDAT die telegraaf uitgevind is, was langafstandkommunikasie dikwels stadig en moeilik, afhangende van die vervoermiddele en die terrein. Dink byvoorbeeld aan die uitdagings waarvoor die Inkas in hulle uitgestrekte ryk in Suid-Amerika te staan gekom het.

Toe die Inkaryk gedurende die laat 15de en vroeë 16de eeu G.J. op sy hoogtepunt was, het dit dele ingesluit van hedendaagse Argentinië, Bolivia, Chili, Colombia, Ecuador en Peru, waar die ryk se antieke hoofstad, Cuzco, geleë was. Hoë bergreekse, digte oerwoude en lang afstande het dit moeilik gemaak om te reis. Bowendien het die Inkas geen pakdiere buiten llamas, geen voertuie met wiele en geen geskrewe taal gehad nie. Maar hoe het hulle in hierdie groot, diverse ryk met mekaar gekommunikeer?

Die Inkas het hulle taal, Quechua, die taal van die ryk gemaak. Hulle het ook baie paaie gebou. Hulle koninklike pad, die belangrikste hoofpad, het meer as 5 000 kilometer oor die Andeshooglande gestrek, terwyl ’n parallelle pad omtrent 4 000 kilometer ver al langs die Pasifiese kus geloop het. Dwarspaaie het dié twee met mekaar verbind. Die Inkas het ook geplaveide paaie met trappe oor hoë bergpasse gebou sowel as pontonbrûe oor moerasse en ysingwekkende hangbrûe oor klowe. Een hangbrug was 45 meter lank, het kabels so dik soos ’n mens se liggaam gehad en was 500 jaar lank, tot 1880, in gebruik!

Die sleutel tot Inka-kommunikasie was ’n stelsel van hardlopers bekend as chasquis, wat op spesifieke plekke al langs die hoofroetes geplaas is. Die hardlopers het mekaar elke drie tot vier kilometer afgelos en het glo meer as 160 kilometer gedurende die dag afgelê. Hulle het baie boodskappe mondelings oorgedra, maar het statistiese gegewens oor regeringsake op ’n interessante toestel gedra wat ’n quipu genoem is. ’n Quipu was basies ’n ingewikkelde geheuehulp wat bestaan het uit tou en stringe van verskillende kleure. Knope in die stringe het ene, tiene en honderde voorgestel. Toe die Spanjaarde die Inkas verower het, het die quipu in onbruik verval, en die kodes is vergeet.

‘Lieflike voete op die berge’

Vandag word die heel belangrikste boodskap aan miljoene Quechua-sprekendes oorgedra—die goeie nuus van God se Koninkryk, ’n wêreldregering wat vrede vir almal gaan bring wat hulle aan die heerskappy daarvan onderwerp (Daniël 2:44; Matteus 24:14). Dit is nog steeds moeilik om te reis in die land waaroor die Inkas eens geheers het, en Quechua is nog steeds grotendeels ’n ongeskrewe taal. Maar Jehovah se Getuies—waarvan baie Quechua aangeleer het—versprei geskrewe en oudiopublikasies vreugdevol in ’n aantal hedendaagse dialekte van die taal.

Die werk van hierdie evangeliedienaars laat ’n mens dink aan die geïnspireerde woorde: “Hoe lieflik op die berge is die voete van die een wat goeie nuus bring, wat vrede verkondig, wat goeie nuus van iets beters bring.”—Jesaja 52:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel