Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/06 bl. 28
  • Van Ons Lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van Ons Lesers
  • Ontwaak!—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2007
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2007
  • Die Pelgrims en hulle stryd om vryheid
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 12/06 bl. 28

Van Ons Lesers

Wat het geword van liefde? (Maart 2006) Die wêreld verdraai die betekenis van liefde, en Satan wil dit heeltemal vernietig. Inligting soos hierdie help ons om op ’n daadwerklike en onselfsugtige manier liefde te betoon. Dankie dat julle my gehelp het om beter te verstaan hoe Jehovah wil hê ons hierdie kragtige eienskap moet gebruik.

Y. B., Verenigde State

Ek het eensaam gevoel toe twee baie goeie vriende weggetrek het om in ’n anderstalige gemeente te gaan dien. Maar net toe my eensaamheid op sy ergste was, het ek hierdie tydskrif ontvang. Dankie vir die herinnering: “As jy geliefd wil wees, moet jy liefde betoon.” Ek beplan om van nou af ‘verruim te word’ en opregte liefde te betoon sodat ek nuwe vriende kan maak.—2 Korintiërs 6:12, 13.

M. T., Japan

Bejaardheid—Hoe om die uitdagings die hoof te bied (Februarie 2006) Ek voel soms dat die bejaardes afgeskeep word. Ek sorg nou al 11 jaar lank vir my man, wat ’n invalide is. Ek voel soms eensaam. Ek het die artikels in hierdie Ontwaak! oor en oor gelees en het herhaaldelik na die opname op kasset geluister. Hierdie tydskrif was net wat ek nodig gehad het. Baie dankie.

S. T., Japan

Kunsledemate (Februarie 2006) Baie dankie vir julle artikel oor kunsledemate. In my vierde maand van swangerskap is daar vir ons gesê dat ons baba sonder arms of bene gebore gaan word en dat hy kunsbene sal kan kry wanneer hy een jaar oud is. Ons het die artikel gekry in dieselfde maand wat Daryl een jaar oud geword het. Hy leer nou om te staan en te loop. Ek en my man sien uit na die tyd wanneer Daryl “net soos ’n takbok [sal] klim”.—Jesaja 35:6.

Y. A., Frankryk

Die lewe is die moeite werd (22 Oktober 2001) Ek het die Ontwaak! van 22 Oktober 2001 al oor en oor gelees, veral wanneer ek mismoedig voel. Hierdie inligting is vir my soos medisyne, maar verskil in die sin dat dit nooit verval nie. Die raad en oplossings tot ons probleme wat dit gee, is regtig nuttig. Die Ontwaak! beur my op en laat my voel dat julle vir mense soos ek omgee. Ek is so bly en dankbaar dat julle daar is om my te herinner dat ‘die lewe die moeite werd is’!

P. T., Madagaskar

Pelgrims en Puriteine—Wie was hulle? (Februarie 2006) Ek was baie ontsteld toe ek sien hoe die feite in hierdie artikel verdraai is. Daar is ’n fundamentele rede waarom die Noord-Amerikaanse Indiane nie Dankseggingsdag vier nie, en julle het die feite net oppervlakkig bespreek.

Naam weerhou, Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Let asseblief daarop dat die doel van hierdie artikel nie was om die geskiedenis van Dankseggingsdag breedvoerig te bespreek nie. Verskeie naslaanwerke, insluitende die “Encyclopædia Britannica”, berig dat die Pelgrims in die herfs van 1621 drie dae lank saam met hulle Indiaan-vriende feesgevier het. Dit is in ’n brief, gedateer 11 Desember 1621, deur Edward Winslow beskryf. Maar in die daaropvolgende jare is dankseggingsvakansiedae gehou om allerhande geleenthede benewens die oes te vier. Die berugste “danksegging” is in 1637 deur goewerneur John Winthrop van die Massachusettsbaai-kolonie ná die slagting van honderde Pequot-Indiane verklaar. Daarom kan ons verstaan waarom Dankseggingsdag party lesers dalk aanstoot sal gee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel