Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/07 bl. 13
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • “Eetversteurings”—Ons lesers reageer
    Ontwaak!—1991
  • Eetversteurings—Wat kan help?
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 6/07 bl. 13

Van ons lesers

Jongmense vra . . . Het ek ’n eetversteuring? (Oktober 2006) Nadat ek hierdie artikel gelees het, het ek terneergedruk gevoel. Ek worstel al my hele lewe lank met ’n eetversteuring. Die artikel het my laat voel dat ek hierdie versteuring moes “opgelos” het toe ek nog jonk was. Maar tot vandag toe veg ek teen hierdie monster, en nou voel ek dat daar nie meer hoop is vir my nie. Die artikel laat dit klink asof ’n mens hierdie versteuring kan oorkom bloot deur sterk geloof te hê.

J. J., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Hoewel die onderwerpe in die “Jongmense vra . . . ”-reeks hoofsaaklik vir jongmense bedoel is, is die Bybelbeginsels in hierdie artikels van toepassing op mense van alle ouderdomme. Ons besef dat eetversteurings van die moeilikste probleme is om te oorkom. Die artikel het nie gesê dat diegene wat met ’n eetversteuring worstel, ’n gebrek aan geloof het nie. Dit het bloot voorgestel dat lyers tot Jehovah kan bid vir hulp om eetversteurings te oorkom. Slagoffers is nie net aangemoedig om hulle tot God te wend nie, maar ook om hulp by ‘een van hulle ouers of ’n ander volwassene’ te soek. Wat meer is, die artikel erken openlik dat ‘die pad na herstel nie maklik is nie’ en dat ’n mens moontlik terugslae sal ervaar. Die feit dat jy ná soveel jaar nog steeds met ’n eetversteuring worstel, beteken dat jy nog nie moed verloor het nie.

Jongmense vra . . . Wat moet ek met my lewe doen? (Julie 2006) Ek gaan binnekort my skoolloopbaan voltooi, en dit is tyd om te besluit wat ek met my lewe gaan doen. Hierdie artikel het my meer vasbeslote gemaak om die doelwit te bereik om die voltydse bediening te betree. Daar is geen ander werk wat lonender is of my groter vreugde kan verskaf nie.

H. W., Hongkong

Ek is so dankbaar vir hierdie artikel, want dit het my gehelp om te sien dat die beste ding wat jongmense soos ek in hierdie materialistiese wêreld kan doen, is om geestelike doelwitte eerste te stel.

A. S., Brasilië

Omdat my lewe van dag tot dag so besig is, vergeet ek dikwels van my doelwitte. Hierdie artikel het my gehelp om opnuut vasbeslote te wees om alles in my vermoë te doen om Jehovah te dien. Baie dankie dat julle vir ons as jongmense omgee.

E. M., Japan

Hoe om ’n gelukkige huwelik te bou (Julie 2006) Hierdie artikels is fantasties. Die voorbeeld van hoe Jesus sy apostels behandel het, is die beste voorbeeld wat julle kon gebruik om te toon hoe huweliksmaats mekaar moet behandel. Hou aan met die goeie werk. Ons sien elke maand uit daarna om ons tydskrifte te kry.

S. C., Verenigde State

Van wanhoop tot geluk (Julie 2006) Soos broer González, het ek ’n stryd gevoer teen gevoelens van onwaardigheid. Ek het geredeneer: ‘Jehovah kan beslis nie vir my lief wees nie, veral nie met my slegte verlede nie.’ Wat ’n seën is dit tog om te weet hoe genadig, vergewensgesind en liefdevol Jehovah werklik is! Deur middel van baie raad, liefdevolle ondersteuning van die gemeente en Jehovah se heilige gees is ek gehelp om Bybelwaarhede in my lewe toe te pas. Dankie vir hierdie tydige geestelike voedsel.

T. A., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel