Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/08 bl. 22-23
  • Antieke gebruike in hedendaagse Mexiko

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antieke gebruike in hedendaagse Mexiko
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Godsdienstige verering
  • Oorsprong van die verering
  • Maak die oorsprong saak?
  • Die Asteke—hulle fassinerende stryd om voortbestaan
    Ontwaak!—1999
  • Die pous se besoek aan Mexiko—Sal dit die Kerk tot nut strek?
    Ontwaak!—1990
  • Mexiko se verlede beïnvloed vandag sy godsdiens
    Ontwaak!—1991
  • Plekke van aanbidding—Het ons dit nodig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 3/08 bl. 22-23

Antieke gebruike in hedendaagse Mexiko

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN MEXIKO

IN HEDENDAAGSE Mexiko, waar selfone en die Internet iets alledaags is, bestaan ou godsdiensgebruike en -oortuigings nog steeds. Deur die eeue heen het party gebruike van die Indiane vermeng geraak met Rooms-Katolisisme. Trouens, daardie gebruike is nog steeds ’n kenmerk van die aanbidding van Mexikaanse Katolieke.

Byvoorbeeld, elke jaar op 2 November gaan baie mense in Mexiko na begraafplase om Allersieledag te herdenk, wat ook die Dag van die Dooies genoem word. Hulle laat moontlik blomme, kos en alkohol daar vir afgestorwe dierbares. Party reël selfs dat musiekgroepe die liedjies speel waarna hulle geliefde graag geluister het. Baie Katolieke bou ook ’n altaar in hulle huis en sit moontlik ’n foto van die afgestorwe dierbare daarop.

Die Enciclopedia de México sê dat dit lyk asof sekere gebruike in verband met die herdenking van die Dag van die Dooies “elemente bevat van die Indiaanse seremonies in die maande ochpaniztli en teotleco, waartydens cempasúchil-blomme en mieliemeel-tamales geoffer is aan die manes [siele van die dooies]; dit het plaasgevind kort nadat die oes ingesamel is—aan die einde van Oktober en die begin van November”. Soos die ensiklopedie sê, is daar ooreenkomste tussen party van hierdie gebruike en soortgelyke feeste wat gedurende voor-Spaanse tye gevier is, waar ’n soort karnavalgees ook geheers het.

Godsdienstige verering

Die 12de Desember is ’n vakansiedag vir Mexikaanse Katolieke. Op daardie dag stroom duisende pelgrims van ander state in Mexiko na die kerk van die Maagd van Guadalupe, wat teen die hang van die Tepeyac-heuwel in Mexikostad geleë is. Baie loop dae lank terwyl hulle tot die Maagd bid. Wanneer hulle daar aankom, gaan hulle gewoonlik die kerk op hulle knieë binne (bo) en bring hulle rose as offerandes.

Beelde van die Maagd van Guadalupe word vandag ook in huise en woonstelgeboue gevind, sowel as in bushaltes en ander openbare plekke. Die Maagd van Guadalupe is die titels “Moeder van God” en die “Klein Donkervellige Meisie van Tepeyac” gegee. Sedert die 16de eeu het gelowiges dikwels genesings en ander wonderwerke aan haar toegeskryf.

Oorsprong van die verering

Die verering van die vroulike godheid, sowel as ander kenmerke van hierdie vakansiedag, dateer terug tot die aanbidding van die Asteekse moedergodin, Cihuacóatl, wat ook Tonantzin genoem is, wat “ons klein moeder” beteken. Die boek México a través de los siglos (Mexiko deur die eeue heen) sê dat hierdie godheid, sowel as haar seun Huitzilopochtli, deur die vroeë Asteke na Tenochtitlán gebring is—die voormalige hoofstad van die Asteekse Ryk, wat nou Mexikostad is.

Die tempel van Cihuacóatl, wat op die Tepeyac-heuwel geleë was, is deur die Spanjaarde vernietig. Dit is hier waar die Maagd van Guadalupe minder as 40 jaar nadat Columbus op die kontinent aangekom het, volgens oorlewering aan ’n Indiaan, Juan Diego, verskyn het. Sy het na bewering gevra dat ’n heiligdom vir haar daar gebou word.

Cihuacóatl is in groot mate deur die Asteke vereer. Na bewering het sy lang hare gehad wat los gehang het, en het sy ’n wit rok gedra. Die ingang tot haar tempel was so laag dat dit slegs moontlik was om op jou knieë in te gaan. Wanneer die aanbidder eers binne was, het hy ’n beeld van haar in die middel van ander afgode gesien, wat dit laat lyk het asof sy “die moeder . . . van die gode” is.

Die fees ter ere van Cihuacóatl het onder andere bestaan uit menseoffers, dansery en ’n optog van soldate “met rose in hulle hande, om hulle nek en op hulle kop”. Hierdie geskenke is bo-op die tempel gelaat as offerandes aan Huitzilopochtli. Party Indiane, waaronder baie van Guatemala, het meer as 1 500 kilometer na die fees van Cihuacóatl geloop.

Maak die oorsprong saak?

Dit is duidelik dat die aanbidding van die Katolieke beeld van die Maagd van Guadalupe sy oorsprong het in die ritusse van mense wat nie die ware God van die Bybel aanbid het nie (Psalm 83:18). Behoort dit saak te maak? Is die oorsprong van ’n vorm van aanbidding werklik belangrik?

Die apostel Paulus het wyse raad in hierdie verband gegee en gesê: “Moenie saam met ongelowiges onder ’n ongelyke juk kom nie. . . . Watter ooreenstemming is daar tussen Christus en Belial? Of watter aandeel het ’n getroue met ’n ongelowige?” Paulus het ook gesê: “Maak seker van alles; hou vas aan wat goed is.”—2 Korintiërs 6:14, 15; 1 Tessalonisense 5:21.

Hierdie aanmoediging is ook vandag gepas. Ons moet peins oor ons aanbidding van God en ons afvra: ‘Bly my vorm van aanbidding streng by die leringe van God se Woord, die Bybel? Of het aspekte daarvan hulle oorsprong in ’n vorm van aanbidding wat beoefen is deur diegene wat valse gode gedien het?’ Iemand wat Jehovah, die ware God, wil behaag, sal wyslik soek na die antwoorde op hierdie vrae.

[Prent op bladsy 23]

Musikante by die grafte op 2 November

[Prent op bladsy 23]

Pelgrims kom by die kerk van die Maagd van Guadalupe aan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel