Deel 6
Jou ouers
Ouers het die voordeel van ondervinding. Hulle het reeds deur die doolhof van fisiese en emosionele veranderinge gekom wat deel is van adolessensie. Hulle behoort eintlik in die beste posisie te wees om jou deur daardie doolhof te lei. Maar in plaas van die oplossing te bied, lyk dit soms of ouers deel van die probleem is. Byvoorbeeld, jy het dalk te kampe met een van die volgende uitdagings:
□ My ouers kritiseer my aanhoudend.
□ My pa of ma is verslaaf aan dwelms of alkohol.
□ My ouers stry gedurig.
□ My ouers het uitmekaar gegaan.
Hoofstukke 21-25 sal jou help om hierdie en ander probleme te verwerk.
[Volbladillustrasie op bladsy 172, 173]