Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 1/1 bl. 3-4
  • Is ’n millennium van vrede net ’n droom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is ’n millennium van vrede net ’n droom?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Die millennium—wat is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Ware vrede—Uit watter bron?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • ’n Glorieryke millennium ophande
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soek ware vrede en streef dit na!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 1/1 bl. 3-4

Is ’n millennium van vrede net ’n droom?

“Hitler het gespog dat die Derde Ryk wat op 30 Januarie 1933 gebore is ’n duisend jaar lank sou duur, en in Nazi-taal is dit dikwels die “Duisendjarige Ryk” genoem.”—The Rise and Fall of the Third Reich, deur W. Shirer.

JY WEET wat gebeur het. Hitler se droom oor ’n duisend jarige ryk (of, millennium) is nooit verwesenlik nie. Maar weet jy dat baie mense uitsien na ’n ware duisendjarige vrederyk? Dr. W. Lee van die Universiteit van Dublin het gesê: “Wêreldlike sowel as godsdienstige bespiegeling het sy droom oor ’n millennium.”

Daardie droom het dikwels geloof in ’n Goue Eeu wat weer in die toekoms herstel sal word, ingesluit. As jy byvoorbeeld Iran besoek, kan jy hoor van ’n eertydse “Goue Eeu van onskuld, sonder siekte of dood”. Die Boesmans van Suider-Afrika praat van ‘n tyd in die verlede toe mense en diere in vrede met mekaar gelewe het. Waar dit oor hierdie opvattings verslag lewer, sê The Encyclopedia of Religion and Ethics dat die gedagte van ’n “Goue Eeu van die verlede, wat deur die mens se toedoen verloor is” dikwels verbind is met “die hoop dat dinge in die toekoms beter sal wees”, soos tydens ’n toekomstige millennium van vrede.

Maar is sulke verwagtings blote wensdenkery? Dink na oor die dinge wat jy daagliks moet aanhoor—verslae oor misdadigheid, inflasie, besoedeling, maatskaplike onrus en oorlog. Min mense sien in hierdie dinge enige grondslag vir geloof in ’n komende eeu van vrede en voorspoed. ’n Berig in September 1976 oor die vergadering van die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies in Baden, Oostenryk, het gesê: “Mense wat hulle tyd wy aan ’n studie van die nugtere feite wat tot oorlog aanleiding gee, het nie eens meer teoretiese oplossings om die eens beloofde geslag van vrede tot stand te bring nie.”

Maar jy kan iets in die Bybel lees wat ’n mens goeie rede gee om ’n millennium van vrede nie net as ’n droom af te maak nie. Maar dit is nie al nie; dit hou die belofte in van dinge wat, indien hulle verwesenlik word, ons lewens baie ryker en aangenamer sal maak. Naby die einde van die Bybel sal jy die volgende vind:

“En [’n engel] het die draak gegryp—die ou slang wat die duiwel en die Satan is—en hy het hom gebind duisend jaar lank . . . sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. . . . En God sal al die trane van [die mensdom se] oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”—Openb. 20:1-3; 21:4.

Dit klink aangenaam. Maar waarom het ons meer rede om te verwag dat dit bewaarheid sal word as wat daar was dat enige van die ander millenniumverwagtings wat mense gekoester het, onder andere die Nazi’s se Duisendjarige Ryk, verwesenlik sou word? Daar is een dringende rede. Hierdie millennium van vrede is deur Jehovah God beloof. Toe ’n man eenkeer vir Jesus gesê het dat ’n sekere saak onmoontlik gelyk het, het God se Seun geantwoord: “Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.”—Luk. 18:27.

Maar sê die Bybel werklik dat God in die toekoms ’n letterlike duisend jaar van vrede op die aarde sal bewerkstellig? Is dit hoe ons die Skrif moet verstaan? Uit belangstelling in die moontlikheid van wonderlike seëninge vir onsself en ons gesinne moet ons uitvind of so ’n millennium van vrede meer as net ’n droom is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel