Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 2/15 bl. 3
  • Vrede—Is dit ’n tevergeefse hoop?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrede—Is dit ’n tevergeefse hoop?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe vrede op aarde kan kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Ware vrede—Uit watter bron?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Die vrede waarvan wêreldeenheid afhang
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 2/15 bl. 3

Vrede—Is dit ’n tevergeefse hoop?

VREDE—mense beskou dit al van die vroegste tye af as ’n “magiese” woord. Maar hoe min jare het daar tog vrede op aarde geheers!

Tot op hede het geen nasie van die wêreld daarin geslaag om ‘van sy swaarde pikke te smee en van sy spiese snoeimesse’ nie (Jes. 2:4). Die wapenwedloop het ontsaglike bedrae verorber wat gebruik kon word om nasies se sedelike en ekonomiese posisie te verbeter. Na die vredesverdrag wat president Carter van die Verenigde State Israel en Egipte help sluit het, het nuuskommentare en spotprente baie gesê oor die yslike hope wapens wat beloof is aan die twee partye wat hulle tot “vrede” verbind het.

Party persone wat die saak bestudeer, sê dat vrede so ontwykend is omdat daar algemeen gemeen word dat vrede bloot die afwesigheid van ’n fisiese konflik is. ’n Artikel in Sunday Magazine van 15 Oktober 1978 met die titel “Wie is hierdie vredemakers?” het gesê:

Daar is persone wat wonder of daar vandag ’n vredesbeweging is. Beskou byvoorbeeld die mening van eerw. dr. Homer A. Jack, voorsitter van die Nie-goewermentele Organisasies se Ontwapeningskomitee by die Verenigde Volke. . . .

“‘Sedert 1964 of 1965 het ons in werklikheid nie ’n ontwapeningsbeweging gehad nie en was daar baie min ontwapeningsbedrywigheid’, het hy gesê. . . . ‘Alles het ontbind weens die Viëtnam-oorlog. Die ontwapeningsbeweging het in duie gestort, doodgeloop.’”

“Ander”, het die artikel gesê, “hou vol dat daar nie vandag ’n ware vredesbeweging bestaan nie.”

Nog ’n deskundige op die gebied, mnr. James H. Laue, direkteur van die Sentrum vir Metropolitaanse Studies aan die Universiteit van Missouri-St. Louis, en medevoorsitter van die Kampanje vir ’n Nasionale Vredesakademie, het die volgende gesê oor die nodigheid van ’n gesamentlike, georganiseerde benadering van wêreldvrede: “Die gedagte van vrede is mooi, maar vaag . . . Jare lank al het vrede ’n negatiewe betekenis—die afwesigheid van spanning en konflik.”

Laue het gesê dat daar sedert 1935 140 wetsontwerpe by die Verenigde State se Kongres ingedien is vir die skepping van ’n vredestigting of -akademie, maar dat die begrip vrede altyd te vaag is om ’n praktiese agentskap daarvoor op te rig.

Gevolglik was vrede tot op die hede ’n onbereikbare doelwit. Is dit so omdat vrede meer behels as die algemeen aanvaarde definisie? Kom ons stel ondersoek in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel