Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 6/15 bl. 9
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Wêreld aan die verbrokkel’
  • Selfgevormde Christelike godsdiens
  • Het televisie jou verander?
    Ontwaak!—1991
  • TV—Die “subtiele onderrigter”
    Ontwaak!—2006
  • Verstandige gebruik van die televisie
    Ontwaak!—2000
  • Maniere om beheer daaroor te kry
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 6/15 bl. 9

Insig in die nuus

Werkwaardes ondermyn

“Televisie is die grootste massa-indoktrineerder in die hedendaagse samelewing”, beweer Edward Cornish, president van die World Future Society, en dit is “verreweg belangriker as skole, ouers of die kerke”. Hy voer aan dat televisiekykers “geïndoktrineer word met die volgende opvattings: Almal is geregtig op ’n hoë lewenstandaard ongeag hoe min werk hulle doen. Werk is inderdaad in ’n groot mate onnodig, want alle ernstige probleme kan deur die een of ander borg se produk opgelos word. ’n Mens moet jou nie by die werk inspan nie, want dit sal inbreuk maak op jou pret, en . . . pret is die doel van die lewe.”

Mnr. Cornish het tydens ’n spesiale konferensie in Washington, D.C, gesê dat hoewel televisiepersoonlikhede in werksituasies getoon word, hulle in werklikheid slegs speel, “kammawerk doen—lyf wegsteek by die werk”. Die gevolg, volgens hom, is dat “TV-programme ’n geslag mense skep wat ’n lewenstandaard verwag sonder om veel te doen om dit te bereik” omdat hulle geïndoktrineer is “om te glo dat ware inspanning en selfdissipline onnodig is”.

Dit is natuurlik nie wat God vir die mens voorgehad het nie. Hy het die mens gemaak om te werk (Genesis 2:15). Maar hoewel die mens harde werk sou doen, sou dit ’n genot en nie ’n geswoeg wees nie. Prediker 3:13 sê God se “gawe” is dat “elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid”, ’n Godvresende persoon word daarbenewens vermaan om te “arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het”.—Efesiërs 4:28.

‘Wêreld aan die verbrokkel’

Internasionale nuusontleedster Gwynne Dyer het aangaande onlangse nuusgebeure geskryf: “Die oorheersende indruk is dat die wêreld besig is om te verbrokkel.” Is dit moontlik dat opskrifte die feite verdraai? Nie in hierdie opsig nie, sê Dyer. “Dinge word werklik erger.” ln die koerant “New Nigerian” het Dyer gesê: “Die hele jaar lank het gerugte van oorlog in die ontwikkelde lande, en werklike oorlog en burgerlike geweld elders, die ernstige globale probleme oorskadu wat normaalweg aandag sou gekry het”—probleme soos die ekonomiese resessie en wêreldskuld. Tog het “die grootste en bloedigste oorloë” volgens Dyer “betreklik min aandag gekry omdat hulle al so lank duur”.

Dit verbaas ernstige Bybelstudente glad nie, want daar is vir hulle gesê om “oorloë en gerugte van oorloë” te verwag as ’n teken van “die voleinding van die wêreld” (Mattheus 24:3, 6, 7). Maar Jesus het sy dissipels beveel om nie verskrik te raak oor hierdie verslegtende wêreldtoestande nie en gesê: “Kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.”—Lukas 21:28.

Selfgevormde Christelike godsdiens

Die tydskrif “Newsweek” sê dat daar “onomstootlike bewys” is “dat kerke nie langer veilige heiligdomme teen morele verwarring, teologiese dubbelsinnigheid, maatskaplike botsing en gesinsverbrokkeling is nie—indien hulle dit ooit was”. Wat het tot hierdie gevolgtrekking gelei? ’n Onlangs gepubliseerde, driejarige studie wat volgens die artikel “so deeglik en omvattend was dat dit ernstige vrae laat ontstaan oor hoe alle Amerikaanse Christene hulle geloof vertolk en beoefen”. Volgens een kerkhistorikus dui die verslag op ’n “uitsoekerige Christelike godsdiens” waar lidmate opvattings volgens hulle eie geestelike doelwitte kies of verwerp. Trouens, twee derdes van diegene wat die vrae beantwoord het, “het niks daarmee verkeerd gesien om sommige van hulle kerkleerstellings te verwerp nie”. Een vrou het gesê: “Myns insiens word jy tydens godsdiensonderrig, net soos tydens enige ander onderrig, die basiese dinge geleer. Uit daardie basiese dinge kies jy wat jy wil hê of versnipper jy dit soos jy goeddink.”

Onder inspirasie het die apostel Paulus egter geskryf dat dit nie die geval met ware Christene moes wees nie toe hy gesê het: “Ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.”—1 Korinthiërs 1:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel