Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 9/15 bl. 32
  • “Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkoms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkoms
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom na die “Suiwer Taal”-streekbyeenkoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Jy word genooi na die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Woon die “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987 by
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Welkom by die “Ligdraers”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 9/15 bl. 32

“Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkoms

DIE apostel Paulus het geskryf: “In die laaste dae [sal daar] swaar tye . . . kom. Want die mense sal . . . meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God [wees]; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.”—2 Timotheüs 3:1-5.

Hoe raak beskryf daardie woorde tog nie die oorgrote meerderheid van diegene wat beweer dat hulle Christene is nie! Volgens een geestelike “het te veel kerke vandag . . . vermaaklikheidsentrums geword”. In skerp teenstelling daarmee is Christus se ware volgelinge ’n volk wat “ywerig in goeie werke” is (Titus 2:14). Jesus se volgelinge is “die sout van die aarde” en “die lig van die wêreld”.—Mattheüs 5:13, 14.

Ons jaarlikse streek-, nasionale en internasionale byeenkomste is sommige fasette van ons aanbidding wat ons uniek maak. Die tema van ons streekbyeenkomste vir 1989, “Godvrugtige Toegewydheid”, dui juis op ’n eienskap van ons aanbidding wat ons van ander onderskei.

Die Skrif beklemtoon die belangrikheid van godvrugtige toegewydheid. Hierdie byeenkoms sal jou ’n verdere geleentheid bied om “jou [te oefen] met godvrugtige toegewydheid as jou doel. Want liggaamlike oefening het weinig nut, maar godvrugtige toegewydheid is nuttig vir alle dinge, omdat dit ’n belofte inhou van die teenwoordige en die toekomende lewe” (1 Timotheüs 4:7, 8, NW). En 1 Timotheüs 6:6 sê daarbenewens: “Maar die godsaligheid [“godvrugtige toegewydheid”, NW] saam met vergenoegdheid is ’n groot wins.” Jesus Christus is die verpersoonliking van godvrugtige toegewydheid.—1 Timotheüs 3:16.

Die Griekse woord vir “godvrugtige toegewydheid” is eu·seʹbei·a. Vir Christene is dit “die mees verhewe toegewydheid aan God”. Toegewydheid is “erns en ywer in die uitvoering van godsdienspligte”. Godvrugtige toegewydheid is ’n reaksie van die hart wat ’n mens sal beweeg om te lewe op ’n wyse wat God behaag. Dit beteken dat ons God sal probeer gehoorsaam. Hoe noulettend moet ons tog nie sorg dat ons, hoewel ons in die wêreld is, geen deel daarvan word nie! Goddelike vrees sal ons weerhou van verkeerde dade, maar godvrugtige toegewydheid beweeg ons om te doen wat God behaag. In 2 Petrus 2:9 (vgl. NW) word ons bemoedig en verseker dat “die Here weet om [mense van godvrugtige toegewydheid] uit versoeking te verlos”.

As ons godvrugtige toegewydheid wil verkry, moet ons God en sy Woord ernstig opneem. As ons godvrugtige toegewydheid wil beoefen, moet ons juiste kennis van God opdoen en dan in ooreenstemming met daardie kennis optree. Dit beteken dat ons van ons geestelike behoefte bewus moet wees. Omdat dit so belangrik is om godvrugtige toegewydheid opreg te beoefen, het ons al die hulp nodig wat ons moontlik kan kry. Ons streekbyeenkomste sal ons in hierdie opsig baie help. Ons sal deur middel van toesprake, demonstrasies en onderhoude geleer word hoe ons godvrugtige toegewydheid in alle aspekte van ons lewe kan toepas.

Dit is ons begeerte om ware Christene te wees en ons daardeur van die wêreld te onderskei. Kom dus na hierdie byeenkomste met ’n goeie geestelike aptyt. Stel jou dit ten doel om op die eerste dag vir die openingslied teenwoordig te wees en bly tot aan die einde van die slotlied en -gebed op die laaste dag. Luister aandagtig na die hele program. Weerstaan die versoeking of neiging om gedurende die sessies met ander te gaan gesels. Wees gereed om aantekeninge te maak. As jy noulettend aan die program aandag skenk, sal jy meer as ooit ten volle toegerus wees om godvrugtige toegewydheid in alle aspekte van die lewe te beoefen: in die gesinskring, in die gemeente en teenoor buitestaanders.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel