Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 9/1 bl. 32
  • Kom na die “Suiwer Taal”-streekbyeenkoms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kom na die “Suiwer Taal”-streekbyeenkoms
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy word genooi na die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • “Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Welkom by die “Ligdraers”-Streekbyeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Woon die “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987 by
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 9/1 bl. 32

Kom na die “Suiwer Taal”-streekbyeenkoms

TAALVERSKILLE veroorsaak al sedert Babel ’n skeiding. Daar het Jehovah die mensdom se taal verwar en die mense se poging om ‘’n toring te bou en vir hulle ’n naam te maak’ in die wiele gery (Genesis 11:4). ’n Mens kan uit wat in België gebeur het, sien hoe verdelend ’n taalverskil kan wees. ’n Paar jaar gelede is die Katolieke Universiteit in Leuven weens taalverskille in twee geskeur.

Taal is maar een van die redes vir verdeeldheid onder die mens. Ander is nasionaliteit, ras, geleerdheid en ekonomiese stand. Maar Jehovah se Getuies het gewerk om al hierdie verdelende faktore te bowe te kom en hulle is werklik verenig.

In die noordelike somer van verlede jaar was daar ’n uiters merkwaardige vertoning van hierdie eenheid in die stede Chorzów (naby Katowice), Poznan en Warschau in Pole. Getuies uit 37 lande, wat ten minste 20 tale gepraat het, was daar teenwoordig. Maar almal het ’n opvallende eenheid getoon. Wat was hiervoor verantwoordelik? Almal het die “suiwer taal” van skriftuurlike waarheid gepraat. Dit is profeties voorspel in Sefanja 3:9 (NW): “Want dan sal ek [Jehovah God] volke ’n suiwer taal laat spreek sodat hulle almal die naam van Jehovah kan aanroep, ten einde hom skouer aan skouer te dien.”

Dit is dus met goeie rede dat die streekbyeenkomste vir 1990 die tema “Suiwer Taal” sal hê. Weens menslike onvolmaaktheid, die invloed van Satan se bose wêreld en die slinkse sette van die Duiwel en sy demone is dit nie altyd maklik om die “suiwer taal” te praat nie. Ons moet altyd op ons hoede wees teen selfsugtige neigings wat ons kan verdeel.

Waarom het God ons hierdie suiwer taal gegee? Sodat ons Jehovah “skouer aan skouer” kan dien. Ander vertalings toon dat dit beteken dat ons God “onder dieselfde juk” (The Jerusalem Bible); “eenparig” (An American Translation); “soos een man” (NAV) dien; en dat ons “in sy diens saamwerk”.—Byington.

Ons sal by hierdie byeenkomste deur middel van toesprake, demonstrasies, ondervindinge, simposiums en Bybeldramas aangespoor en gestimuleer word om die suiwer taal vlotter te praat. Dit sal ons ook beweeg om met groter doeltreffendheid en eenstemmigheid saam met ons broers te dien.

Hierdie byeenkomste sal Donderdag kort na 1:00 nm. begin en sal Sondag teen ongeveer 4:00 nm. eindig. Reël nou om met die openingslied teenwoordig te wees en om al die sessies by te woon tot die slotgebed Sondagmiddag.

Bring julle Bybels en liedereboeke saam en wees gereed om aantekeninge te neem. Kom ook met ’n goeie geestelike eetlus, dan sal julle, wanneer julle daar weggaan, beter toegerus wees om die suiwer taal te praat en Jehovah te dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel