Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 3/1 bl. 18
  • Jehovah onderskraag sy getroue knegte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah onderskraag sy getroue knegte
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Meer as 50 jaar van ‘oorkom en help’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Jehovah stort ryk seëninge uit op diegene wat sy weg hou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • ‘Hulle sal jou nie oorwin nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Jehovah het my in ’n woestyntronk onderskraag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 3/1 bl. 18

Koninkryksverkondigers berig

Jehovah onderskraag sy getroue knegte

JESUS het gesê: “’n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg” (Johannes 15:20). Maar Jehovah se getroue knegte word die versekering gegee dat hy hulle sal onderskraag (Psalm 18:3; Nahum 1:7). In een Afrikaland waar daar streng beperkings op die vreedsame werk van Jehovah se Getuies is, het Jehovah sy knegte onderskraag wat slae en arrestasies moes verduur, soos die volgende berig toon:

“’n Kringopsiener en vier plaaslike broers is eiemagtig gearresteer en in ’n klein kamertjie gegooi wat gewoonlik vir rondloperhonde gehou word”, sê die berig. “Hulle is 123 dae in hulle onderklere daar gehou en is nie eens toegelaat om uit te gaan na die toilet nie.” ’n Parlementslid het van die onmenslike toestande gehoor en protes begin aanteken, en uiteindelik, na 123 dae, is die broers vrygelaat. Jehovah het hierdie getroue broers deur sy gees onderskraag.

’n Ander ondervinding uit hierdie selfde land toon die nuttige uitwerking van ons predikingswerk. Die berig lui: “In een stat was die mense daarvoor bekend dat hulle gewelddadig en opstandig was. Maar nadat Jehovah se Getuies daar gepreek het, net talle die plaaslike owerheid begin respekteer en aan die weeklikse gemeenskapswerk op die paaie begin deelneem.” Een plaaslike hoofman wou weet wat die rede vir hierdie veranderde gesindheid van die mense was en is meegedeel: “Dit is as gevolg van die onderrigting van die ‘predikant’ van Jehovah se Getuies.” “Eendag het hierdie hoofman my na sy huis genooi”, sê die Getuie, “en my aangemoedig om met hierdie goeie werk voort te gaan. Hy het my ’n groot hoender present gegee vir my en my gesin om te eet.” By ’n ander geleentheid het die plaaslike burgemeester die broer kom besoek, en die broer het hom ingenooi en vir hom getuig. Die burgemeester “het ’n paar tydskrifte gevra en gesê: ‘Ons dink nie julle doen enige skade nie. Hou aan om ’n beroep op die regering te doen. Ons het geen bevele om julle te arresteer nie. Ek dink dat die Staat julle probleem binnekort sal hanteer.’”

’n Spesiale pionier skryf: “Na aantygings van die sekretaris van die politieke party het die plaaslike hoofman beveel dat ek gearresteer en in die tronk gegooi word in ’n smerige sel wat vuil was van diere-urine en -mis. Ek is vyf dae lank in hierdie donkerte gehou. Op pad daarheen het ek tot Jehovah gebid en Psalm 50:15 onthou. Die wagte daar het hulle oor my ontferm en het die deur nie heeltemal toegemaak nie sodat ek ’n bietjie vars lug kon inasem. Na vyf dae in hierdie tronk het hulle my op die proef gestel toe ek sonder ’n geleide ’n bok na die plaaslike hoofman moes neem. Aangesien ek nie gevlug het nie, is ek elke dag van 3:00 nm. tot 7:00 nm. vryheid gegee. Ek kon na die broers gaan en ons kon saam preek. Hoewel ek gedurende hierdie moeilike tyd siek geword het en my vyande gehoop het dat ek sou sterf, het Jehovah my nooit verlaat nie. Hierdie ondervinding het my na aan Jehovah gebring, en ek is seker daarvan dat vervolging my nooit van Jehovah se volk sal skei nie.”—Vergelyk Romeine 8:35-39.

Jehovah se Getuies waardeer die wyse waarop God hulle in moeilike tye onderskraag. Hulle waardeer ook diegene wat vriendelikheid aan hulle betoon terwyl hulle voortgaan met hierdie uiters belangrike, lewensreddende werk om die goeie nuus te verkondig. Jehovah sal nie sulke vriendelikheid vergeet nie.—Mattheüs 25:40.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel