Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 4/1 bl. 3
  • “’n Vredes-epidemie”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Vredes-epidemie”?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware vrede—Uit watter bron?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Is wêreldvrede voor die deur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Hoe vrede op aarde kan kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 4/1 bl. 3

“’n Vredes-epidemie”?

“’N VREDESEPIDEMIE.” “O, wat ’n vreedsame wêreld.” “Vrede kom oral tot stand.” Dit was van die koerantopskrifte wat lesers gedurende die afgelope jaar of twee verbaas het. Deur die hele wêreld heen was daar ’n verbasende verandering in die nuus—van somberheid en ondergang tot optimisme. Wat het gebeur?

Dit is merkwaardig dat ’n aantal ernstige konflikte nie te lank gelede nie binne net ’n paar maande geëindig of minder intensief geword het. In Afrika het vrede in Angola ‘uitgebreek’. In Sentraal-Asië het die Sowjetunie sy strydkragte aan Afganistan onttrek. In Midde-Amerika het gevegte tussen die Nicaraguaanse regering en die Contra-rebelle bedaar. In Suidoos-Asië het die Viëtnamese ingestem om hulle aan Kampuchea te onttrek. Die “vredesepidemie” het selfs die Midde-Ooste bereik toe die bloedige oorlog tussen Iran en Irak eindelik beëindig is.

Die nuwe stemming tussen die supermoondhede is moontlik selfs noemenswaardiger. Na ’n koue oorlog van 40 jaar was die versoeningsgebare, die uitings oor gemeenskaplike belange en die konkrete stappe tot vrede tussen die Sowjetunie en die Verenigde State byna ongelooflik. Volgens The Economist beleef Europa boonop nou die langste aaneenlopende tydperk sonder oorlog in sy hele geskrewe geskiedenis. Vrede is waarlik in die nuus.

Wat beteken dit? Staan politici op die punt om “vrede vir ons tyd” te bring? Die Britse eerste minister Neville Chamberlain het daardie woorde een-en-vyftig jaar gelede geuiter. Dit was ’n wrede ironie toe die Tweede Wêreldoorlog kort daarna uitgebreek het. Gaan daardie woorde nou ten einde laaste bewaarheid word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel