Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 4/1 bl. 21-22
  • Ek dien die allergrootste kunstenaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ek dien die allergrootste kunstenaar
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • My lewe as ’n kunstenaar
    Ontwaak!—2001
  • Wat is kuns?
    Ontwaak!—1995
  • Die mees verwaarloosde Kunstenaar van ons tyd
    Ontwaak!—1995
  • Ek het ’n beter loopbaan gekies
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 4/1 bl. 21-22

Ek dien die allergrootste kunstenaar

AS ’N dogtertjie van sewe het ek my begin afvra: ‘Waarom sal ek moet sterf? Is dit moontlik om die dood vry te spring?’ Daar is aan my gesê dat God goeie mense wegneem omdat hy hulle saam met hom in die hemel wil hê. Ek onthou nog hoe een van my klasmaats uitgeroep het: “Dis beter om ’n slegte mens te wees want die goeies sterf eerste!”

Ek het baie daarvan gehou om te teken, en daarom het ek begin om kuns te studeer. Op skool het ek nie die geleentheid gehad om oor godsdienssake te dink en ook nie die tyd gehad om daarin belang te stel nie. Trouens, ek het altyd vir my vriende gesê dat iemand wat godsdienstig is maar ’n lae intelligensie het. Toe ek my kunsstudies voltooi het, het ek ’n pos as kunsonderwyseres by ’n hoërskool gekry.

Ek het my werk baie geniet en het ook belanggestel in Italiaanse en ander literatuur, kamermusiek en simfoniese musiek en opera. Die enigste godsdienstige studie wat ek in daardie tyd gedoen het, was dié van ikonografiese onderwerpe van skilders uit verskillende tydperke. Toe het ek uitgevind hoe dit voel om die middelpunt van belangstelling te wees, om jou eie werk uit te stal en wat dit beteken om as kunstenaar hoog aangeskryf, geprys en bewonder te word.

Op daardie stadium het die kunswêreld vir my baie beteken, aangesien dit daar was dat ek grotendeels die rede gevind het vir my bestaan. Maar die vrae wat ek op sewe gevra het, het steeds in my gedagtes gemaal. Ek het voortdurend na iets sinvollers gesoek, iets wat ek nog nie kon verklaar nie. Ek het baie gelees en het filosowe om verduidelikings gevra. Ek wou tot elke prys ’n definitiewe antwoord op my twyfelgedagtes hê.

Nadat ek getrou het, was ek steeds so verward. Na my dogter se geboorte het my soeke na die waarheid intenser geword. Ek het dit probeer vind deur te skilder, gedigte te skryf, na musiek te luister en boeke te lees. Wanneer ek na ’n konsert gegaan en na die openingsmate van die ouverture geluister het, het ek werktuiglik aan God gedink, die Opperwese wat ek nie geken het nie, en hom bedank. Gedurende daardie tyd het ek God dikwels geloof vir die pragtige dinge wat ek bewonder het—my slapende baba, die kleure van ’n landskap. “Hoe jammer tog”, het ek altyd gesê, “dat kuns, wat soveel pragtige dinge as onderwerp kan hê, so baie gebruik word om die dood pleks van die lewe uit te beeld!” Van die grootste poëtiese werke en toneelstukke is lofsange op pessimisme of tragedies; van die grootste meesterstukke in die skilderkuns verheerlik die dood pleks van die lewe en die prag daarvan. Waarom?

Hierdie teenstrydige gevoelens het my baie ontmoedig, en ek het geleidelik onverskillig begin raak. Dit was op dié tydstip dat Jehovah se Getuies by my deur aangeklop het. Terwyl ek na hulle geluister het, het dit geklink asof hulle in ’n nuwe taal met my praat. God se belofte om die aarde in ’n paradys te omskep, was soos strelende musiek in my ore. Ek het die Bybel begin lees. Daar het ek uiteindelik die antwoorde gevind op die vrae wat ek gehad het sedert ek sewe jaar oud was. God wil nie hê dat mense moet sterf nie, maar is van voorneme om sy getroue knegte te seën deur hulle ewige lewe op aarde te gee!

Dit was 1973. Die daaropvolgende jaar het ek my aan Jehovah toegewy en is ek gedoop. Dit was nie maklik om my impulsiewe en sentimentele geaardheid deur die gees van ware broederliefde te vervang, my selfsug deur onselfsugtigheid en persoonlike gerief deur die gees van opoffering nie! Ek moes myself verloën. Jehovah se Getuies en ook die vergaderinge in die Koninkryksaal het my baie gehelp.

Die Groot Kunstenaar het my twyfelgedagtes en verwarring opgeklaar. Hoeveel dank is ek hom tog nie verskuldig nie! Dit is waarom ek in September 1984 die gewone pionierdiens betree het en elke maand 90 uur aan die verkondiging van die goeie nuus van God se Koninkryk bestee.

Dit is waarlik bevredigend om die Groot Kunstenaar en Skepper, Jehovah, saam met my gesin te dien. Ons wag gretig op die tyd wanneer hy die aanskoulikste toneel van alle tye sal skilder; wanneer hy uiteindelik die ou, goddelose stelsel waardeur hierdie aarde besoedel en omring word, vernietig. Daar sal geen dood meer wees nie, en kuns sal uitsluitlik die lewe as onderwerp hê. Dan sal slegs prag uitgebeeld word, want ellende en pyn sal deur middel van God se regverdige nuwe stelsel vir ewig uitgewis wees.—Bygedra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel